Wysheid in Lewenslesse II

Potgooi:

“Yesterday I was clever,
so I wanted to change the world.
Today I am wise,
so I am changing myself.”

— Rumi —

Ons gesels hierdie maand oor — Wysheid deur Ervaring.

Is ons bereid om iets te leer uit ons verlede; is ons bereid om sekere patrone wat bly herhaal anders te doen; besef ons dat ons nie altyd in beheer is van wat met ons gebeur nie maar ons is ALTYD in beheer hoe ons daarop gaan reageer — dit is ʼn paar van die vrae wat bepaal of ons Wysheid hengel uit ons lewenservaring.

Helaas gaan die meeste mense deur die lewe sonder om ooit die lewenslesse te leer. Daar is meer van ʼn gesindheid wat glo, ‘fake-it-‘till-we-make-it’ óf die oortuiging dat as ek iets lank genoeg ignoreer, sal dit vanself weggaan.

O, ons het baie redes en verskonings hiervoor, maar kan ons diep in ons harte kyk en spieël voor ons ophou, en sê, “This is me. This is my truth,” en dan vat ons daardie insig (waarheid) vir ʼn groter uitsig (wysheid).

“Being true to oneself and living authentically is essential. This involves aligning our actions and choices with our inner truth and highest values.” — Chuck Spezzano

Dikwels sal mense my vra: “Hoe weet ek wat die doel van my lewe is?”

Vir my, en dit is maar net vir my persoonlik, is dit om bewus te wees van God se teenwoordigheid in alles wat ek sien, hoor, proe, ruik, en voel. Dan gebruik ek hierdie ervaring om ʼn refleksie en manifestasie daarvan te word in die wêreld waarin ek leef. Met ander woorde: to experience and express the Divine.

Liefde en vreugde is ons ‘WARE NATUUR’ — alles wat ons is, alles wat ons het, alles wat ons doen lê geënt in die vervulling van hierdie doel. Ons is mede-skeppers in die groot tapisserie van die lewe. Ons skep en vorm ons realiteit deur ons gedagtes, woorde, en aksies. Alles wat ons beleef en leer, werk na hierdie een doel.

As ons verantwoordelikheid vat vir ons aksies en reaksies dan word elke geleentheid ʼn kans om te groei, elke situasie word ʼn kans om wysheid te kweek.

Ons het laas week die eerste helfte van Jayita Bhattacharjee se aangrypende gedig, ‘The Broken Beauty’ behandel en vandag kyk ons na die tweede helfte:

Sy skryf:

“I sense peace in your heart,
And I wonder,
What defeat has taught you such a submission?
I see humility in your face,
And I wonder,
What trials have taught you such a gratitude?”

Ons het laas week ook gepraat oor die ‘Groot Shalom’ — wat net in en deur ons kan vloei as ons oop is daarvoor. As jy vrede soek, gaan maak vrede. As dit gemoedsrus is waarna jy verlang, tem jou gedagtes en sit vrede terug in tevrede.

Dan vra sy:

“I sense freedom in your breath,
And I wonder,
What restraint has brought such a release?
I see soaring of your wings,
And I wonder,
What confinement has taught you to fly in the sky?”

Ons wil vry wees, ons weet nie mooi van wat nie, maar vryheid is op ons lippe. Miskien net eers mooi om ons kyk en sien dat jy sit in ʼn tronksel waarvan die deur oop is. Ons voel onsself gebind omdat ons nooit geleer het om ons vlerke te sprei nie. Die vryheid wat ons soek, het te doen met die hekke in ons kop en tralies om ons harte.

Nog ʼn vraag wat sy vra:

“I see the ocean in your eyes,
And I wonder,
What grief has brought such an oceanic vastness?
I hear the splashing in your laughter,
And I wonder,
What sorrow has brought this dancing madness?”

Trane is die druppels wat die blomme in die beddings van ons hart water gee. Hartseer bring eerlikheid, en eerlikheid bring waarheid — and the truth will set you free. Dit voel nie so in die oomblik van verdriet nie maar glo my, daar is krag in ons weerloosheid. Dit is my beskeie opinie dat net hulle wat die sterk strome van hul gebrokenheid ken en erken, weet hoe om vir die maan te dans op die skerp rotspunte.

Dan wonder sy:

“I hear the brook babbling in your heart,
And I wonder,
What moss was gathered on the way
that taught you to flow again?
sense the delight in your soul,
And I wonder,
What sadness came with such wisdom,
to release the running river again?”

As water stilstaan word dit brak. Dit móét vloei. Niks in die lewe is staties nie want die lewe laat hom nie bind of boei nie.

Wysheid is om ʼn groter perspektief te ontwikkel sodat ons met begrip ʼn beter oordeelsvermoë het om te kan onderskei tussen wat is sinvol en wat is onsin. Ons wil tog floreer in ons lewe, en gedy in ons persoonlike verhoudings.

Sy sluit dan af deur te vra:

“I see stars in your eyes,
And I wonder,
What darkness has given rise to the galaxy in you?
see the sun rising in your soul,
And I wonder,
What night has brought such a glory in rise?”

Miskien is jy in ʼn werk wat sieldodend is en die enigste rede hoekom jy aanhou en uithou, is vir finansiële sekuriteit. Dalk in ʼn huwelik wat lankal nie meer enige intellektuele, emosionele, of spirituele waarde toevoeg nie. Miskien wonder jy wie het die sterre in jou oë gesluier, of die son in siel gedoof?

Waarskynlik is daar ʼn les hieruit te leer want in selfs die moeilikste omstandighede lê daar ʼn geskenk wat ons bring op ʼn plek waar ons nooit sou gewees het nie as dit nie vir daardie “dark night of the soul” was, soos John of the Cross na verwys nie.

Kom ons gesels Sondag oor die vryheid om te kan vlieg, die vrymoedigheid om te kan dans in wilde ekstase omdat ons weer onthou wat is ons doel, ons taak, en ons roeping.

Met liefde soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“You can’t go back and change the beginning, but you can start where you are and change the ending.” 
― C.S. Lewis ―

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights