Potgooi:
“Experience is not what happens to you; it's what you do with what happens to you.” — Aldous Huxley
ʼn Nuwe maand, en ʼn nuwe tema. Ons gaan in Junie gesels oor — Wysheid in Lewenslesse.
As my seun in die middae by die huis gekom het na skool, wou ek altyd weet, “Wat is die belangrikste vraag wat jy vandag gevra het?”
Wat hy gevra het, sou vir my sê wat hom geprikkel het om meer van te weet, en wat hy geleer het daardie dag. Hoe dikwels het ek hom herinner: iemand met wysheid is nie die een met al die regte antwoorde nie, maar die een wat die regte vrae kan vra.
Wanneer ons praat van 'Wysheid deur Ervaring,' dan verwys ons na ʼn diep begrip en insig wat ons kry in ‘Living Life Alive’.
Maak nie saak wat gebeur nie, elke oomblik is ʼn geleentheid om te groei.
Is ons oop daarvoor? Is ons ontvanklik om die goed en die sleg, die soet en die suur van die lewe te gebruik, soos die filosoof en teoloog Johan Degenaar dit mooi gestel het, “om van die intellek 'n siel te maak.”
Ons leef sóveel in ons koppe. Ons DINK ons kan alles met ons koppe uitpluis. Hoe kan jy dieselfde ding wat jou in dryfsand laat beland, jou laat verdwaal, en jou dompel in emosies van verwerping en veroordeling gebruik om jou daar uit te kry?
Surely, we have to dig deeper — êrens tussen hart en siel moet ons die kop voer met dit wat balans en harmonie bring; ons móét tog eers ons gedagtes verander voor enige iets gaan verander. Hoe baie het ek dit reeds gesê, “Your thoughts will become your reality!”
Die vraag is of ons LEER uit ons verlede; kan ons die lesse toepas in ons oordeelsvermoë om beter besluite te neem; en gee hierdie lesse vir ons ʼn beter perspektief om te verander en verbeter sodat ons lewe meer sinvol is?
In Jayita Bhattacharjee se pragtige gedig, ‘The Broken Beauty’ begin sy met:
“I see compassion in your eyes,
And I wonder,
What agony has taught you such tenderness?
I see kindness in your soul,
And I wonder,
What grief has taught you such gentleness?”
DÍT is die wysheid wat die siel ons leer — compassion brings tenderness, and kindness brings gentleness. Eers wanneer ons meer deernis en sagmoedigheid met onsself het, kan ons dit teenoor iemand anders bewys. ʼn Les wat so min van ons ooit leer.
Pyn en droefheid laat ons nader aan onsself staan. Dit bring ʼn eerlikheid met onsself. Dit sê — iets moet verander!
Dan skryf sy:
“I see light in your eyes,
And I wonder,
What suffering has broken into light?
I see wholeness rising in your heart,
And I wonder,
What brokenness has taught you such healing in life?”
Nóg ʼn wysheid wat ervaring ons leer — lig bring verligting (relief and illumination) and wholeness brings healing.
Die Griekse woord ‘sósó’ wat vertaal word met ‘genesing’ beteken letterlik, ‘to make whole’ — die les van lyding en gebrokenheid is nie to-find-a-way-out nie maar dat dit ons juis sal bring deur die Lig van ‘WHOLENESS’.
Sy vra dan:
“I see smiles blooming in your face,
And I wonder,
What bruise has brought you such beauty?
I smell the fragrance of your soul.
And I wonder,
What murk has taught you to unfold?”
Ons het almal kneusplekke van goed wat in die verlede gebeur het. My littekens sê, ‘My past is real’ — het ons enige iets geleer uit ons foute (kom ons noem dit 'wonde'); is ons bereidwillig om uit ons skaduwees te kom sodat ons die wonde lig en lug kan gee?
Nog ʼn vraag wat sy vra:
“I see kindness in your face,
And I wonder,
What severity has taught you such softness?
I see gratitude lighting your cheeks,
And I wonder,
What loss has taught you such humbleness?”
Liefdevolheid (kindness) bring ʼn sagtheid, en dankbaarheid bring nederigheid. Maak die brutaliteit waarmee die lewe jou soms ploeg, jou blind om te sien?
Ons trek terug en bou ʼn muur om die hart as dankbaarheid (wat ons is/het) verdamp.
Dan wonder sy:
“I sense peace in your soul,
And I wonder,
What struggles have taught you to surrender?
I see shimmer in your eyes,
And I wonder,
What darkness has brought you to such light?”
Waar vind ons daardie “vrede van God wat alle verstand te bowe gaan,” en hoe laat ons die Groot Shalom toe om “oor ons harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Filippense 4:7).
Ja, ons soek vrede maar is met niks te-VREDE nie?
Ons soek verandering maar wil niks verander nie. ‘Oorgawe’ (surrender) voel vir ons soos verloor, en so bly ons in die skadu’s van ons destruktiewe gedrag en weet nie hoe om met kalmte anders te dink, anders te voel, en anders te reageer nie.
Net Wysheid leer ons dat lewenservaring kom nie uit wat met ons gebeur nie, maar hoe ons reageer op dit wat met ons gebeur.
Ons sal volgende week die tweede helfte van haar gedig behandel.
Kom ons gesels Sondag oor die wysheid in lewenslesse. Kom ons verken praktiese wenke om meer deernis en teerheid te hê met onsself. Kom ons vind weer die vrede, in TEVREDE.
Met liefde soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.