“Empathy is seeing with the eyes of another,
listening with the ears of another,
and feeling with the heart of another.”
― Anonymous
Kan ek begin deur my opregte dank uit te spreek teenoor almal wat met liefde en deernis die laaste paar dae hul innige meegevoel betuig het met my pa se afsterwe. Namens my moeder en sus sê ek vir almal dankie vir elke oproep, WhatsApp en FB-boodskap. Wens ek kon elkeen persoonlik antwoord, maar dit is helaas nie moontlik nie.
Min sou ek besef, toe ek die maand se tema oor WYSHEID begin het, dat elkeen van hierdie vier pilare my pa se karakter en persoonlikheid sou verwoord. Ons het begin met Nederigheid (humility), en toe gesels oor Menswaardigheid (dignity), laas week was oor Medemenslikheid (humanity), en hierdie week sluit ons af met Barmhartigheid (empathy).
Die Griekse woord empathos beteken letterlik: em = in + pathos = gevoel. Die Latynse woord compassio beteken: to suffer (passion) with ... met ander woorde: om ‘in gevoel’ medelye (barmhartigheid) te hê.
Die simpatie wat ons dikwels wys, het ongelukkig verval in ʼn sentimentele vergelyking wat nog sin, nog enige meegevoel betoon.
Hierdie ‘simpatie’ begin met woorde soos, “Ten minste ...” en ons hoor dit dikwels as iemand sê, “My man is dood ...” en dan kom simpatie se antwoord, “Ten minste het jy jou kinders.” Of iemand sê, “Ek het my werk verloor ...” en dan is simpatie se reaksie, “Ten minste kan jou familie help.”
Nou onlangs het ons dit ook met #blacklivesmatter gesien as mense antwoord met #alllivesmatter, wat eenvoudig geen empathos het met die saak aan die hand nie ... want dis soos ʼn vrou wat praat oor haar borskanker en iemand dan antwoord dat alle kankers belangrik is — hoe wys so 'n opmerking enige empathos teenoor daardie mens as ons die emosionele pyn van ʼn persoon veralgemeen?
Nederigheid, menswaardigheid, medemenslikheid, en barmhartigheid het almal te doen met COMPASSION en jy gaan nie enige wyse persoon ontmoet wat nie hierdie deug leef en laat leef nie. WYSHEID stel ons in staat om met ʼn welwillendheid in diens te staan van ons ewemens. WYSHEID is geplant in die grond van compassion en dra die vrug van empathos — and we do this with dignity and humility.
Brené Brown praat van die VIER kwaliteite van Empatie as sy sê —
“Empathy is simply listening, holding space, withholding judgment, emotionally connecting, and communicating that incredibly healing message of you’re not alone.”
Wat Brené Brown hiermee bedoel is ten eerste die gawe om na iemand se perspektief te luister, sonder oordeel of reaksie ... en dan elke emosie van daardie persoon te erken en herken, om sodoende ʼn emosionele konneksie te maak deur te kommunikeer met begrip en medelye.
ALMAL het die gawe van empatie ... min mense het die moed om daarop te reageer — we are simply too coward to open our heart and be vulnerable with someone else ... simply not brave enough to step outside your own emotions and feel the emotional pain of another person.
♦ The opposite of despair is not peace-of-mind, it is empathy.
En dan gaan hy verder deur te sê:
“Julle is die lig vir die wêreld ...” (Matteus 5:14)
♦ Julle is die LIG vir die wêreld ... LIG bring verligting — beide in ons swaar-dra én ons duisternis.
Die grootste wreedheid is ʼn blindheid vir die wanhoop van ander. Our indifference (lack of interest, empathy, or compassion) has made us kings and queens of mediocrity. And our detachment and disconnect have made us beggars for wisdom.
Meer as enige iemand anders was 'barmhartigheid' waar van my pa — dat hy nie net mense se lewens geraak het met sy hande en woorde nie, maar met sy hart. Sy opregte empatie was so deel van sy lewe soos sy humorsin. Oor en oor sou hy my daaraan herinner, “Gee vir mense HOOP my seun.”
Die laaste boek wat my pa my sou gee, wat hy gereeld gedoen het as hy gedink het dit is die moeite werd om te lees, was Henri Nouwen se ‘Out of Solitude’ waarin Nouwen skryf en my pa onderstreep het —
“When we honestly ask ourselves which person in our lives mean the most to us, we often find that it is those who, instead of giving advice, solutions, or cures, have chosen rather to share our pain and touch our wounds with a warm and tender hand. The friend who can be silent with us in a moment of despair or confusion, who can stay with us in an hour of grief and bereavement, who can tolerate not knowing, not curing, not healing and face with us the reality of our powerlessness, that is a friend who cares.”
My pa se sterwenswoorde was — “Maak elke dag merkwaardig ...” en toe gesê, “... en wees altyd bereidwillig.”
Staan ons liefde in diens van ander? Dit is barmhartigheid. Staan ons barmhartigheid in diens van ander? Dit is empatie.
Die somtotaal van ʼn betekenisvolle lewe, die slotsom van WYSHEID lê in ons vermoë om te sien met die oë van ʼn ander, om te luister met die ore van ʼn ander, en om te voel met die hart van ʼn ander.
Kom ons maak ʼn daadwerklike poging om meer sensitief te wees vir mense se nood om ons ... bel jou kind, bel jou ouers, maak kontak met iemand wat jy weet deur ʼn moeilike tyd gaan. Maak jou hart oop vir iemand vandag ... jy sal verbaas wees hoe dit jou hart vul met GELOOF, HOOP, en LIEFDE.
Met dankbaarheid Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Soos altyd
“No one cares how much you know,
until they know how much you care”
― Theodore Roosevelt ―
Sondae eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Kontak Ronel (083.631.14.68) vir meer inligting en om te bespreek
ter wille van die nasionale reëls en regulasies.
ASB, as jy bespreek het en nie kan kom nie
laat weet ons vroegtydig want daar is baie wat graag daar wil wees.