Ware Identiteit IV

25 Februarie 2018

LITURGIE: 25_februarie_2018

Van laas week se epos tot vandag het ons ʼn nuwe president; ʼn baie suksesvolle SONA; en ʼn nog meer suksesvolle debat en repliek die laaste 48 uur gehad ... en dis nog nie eers einde Februarie nie!
Ons het die laaste maand gesels oor — WARE IDENTITEIT -- en begin deur te sê dat Jesus nie praat van ʼn ‘nuwe’identiteit nie maar ʼn onthou wat is ons ware identiteit. Die illusie waarmee ons omgaan is dat ons dink: omstandighede is realiteit, en realiteit is wat ons met sintuie kan sien, hoor, proe, ruik en ervaar. Vir Jesus is God die Realiteit ... die Onveranderde en allesinsluitende Waarheid. Waarheid is altyd waar al sou ons interpretasie daarvan verskil tussen verskillende kulture, gelowe, of geskiedenis. Ons ware identiteit is geënt in God met ʼn onlosmaaklike naelstring. Ons ervaar dit ons liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
Hoe ontsluit/onthou ons dit? Die eerste sleutel waaroor ons gepraat het, is GEBED en dat gebed jou na ʼn plek vat waar ons ons gedagtes fokus en in aanvoeling kom met ons intensies. Gebed gee perspektief en perspektief bring insig en insig gee vir ons ʼn nuwe uitsig. Toe het ons gesels oor AFSONDERING (Solitude) en hoe belangrik dit is om stiltetyd te hê ... regtig ‘STILTE’ sodat ons die hartklop en asem van God se teenwoordigheid kan voel en weet: niks en niemand kan my skei van die liefde van God nie! Laas week het ons gepraat oor, WEES OPLETTEND — pay attention to your intentions! Word bewus van die sonsopkoms, die wolk, die vrou wat jou help in Pick&Pay, die man wat jou petrol ingooi, die kos wat jy eet, die musiek waarna jy luister, die wyn wat jy drink. In al hierdie klein gebeure elke dag lê daar Divine Appointments wat ons help onthou wie, wat, hoe ons ware identiteit kan blom en gedy.
Eerskomende Sondag sluit ons die maand af met die laaste sleutel naamlik: REFLEKSIE. Almal van ons weet wie ons IS, min mense weet wat hul kan wees. Anders gestel, we all know who we are, very little know what we may become!Ons koppe hou ons voltyds besig met projeksies en het vergeet dat Jesus se opdrag was: wees ʼn refleksie van my Vader wat in die hemel is. Die woord ‘Vader’ sê iets van ons verbintenis en verbondenheid. ‘Hemel’ wat in en om ons is as die alomteenwoordigheid van God.
Die kerktaal praat van ‘getuienis’ wat impliseer dat ons tog net kan getuig van iets as ons dit self gesien en ervaar het. Die Griekse woord vir getuienis is ‘marturio’ waar die woord ‘martyr’ vandaan kom wat beteken dat ons getrou sal wees ongeag die konsekwensies. Die Spirituele Psigoterapie verwys na ‘REFLEKSIE’ as beeld van God wat eweneens ons ware identiteit is. Daarom maak ACIM ʼn duidelike onderskeid tussen projeksie (ego-denke) en refleksie (siel-denke). Projeksie werk met fragmentasie en refleksie onthou die eenheid en interafhanklikheid tussen alles.  Dit was ons liewe broer Einstein wat gesê het, “We experience ourselves our thoughts and feelings as something separate from the rest. A kind of optical delusion of consciousness. This delusion is a kind of prison for us, restricting us to our personal desires and to affection for a few persons nearest to us.” Die ego wil altyd verdedig terwyl die siel net wil versoen. Die ego bring verwydering deur veroordeling, terwyl die siel die taal van vergiffenis praat. Ego gooi ʼn sluier. Siel VERLIG.
Psalm 34:5 sê, “Those who look to him are radiant; their faces are never covered with shame.” Daarby voeg Jesus, “Julle is die lig vir die wêreld. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Matt 5:14,16) Alleen deur REFLEKSIE kom daar ʼn Goddelike insig (understanding) en waar ons deurweek word met ʼn Goddelike insig, onthou ons hoe God na ons kyk ... wie en wat ons is in God ... en waarvan Jesus gepraat het as hy ons noem, seuns en dogters van die Lewende God.
In my true identity, the heart is the compass and the soul is the journey ... daarom is REFLEKSIE soos ʼn muntstuk met twee kante — aan die eenkant is dit alles wat hierbo genoem is maar in die anderkant is dit ook bepeinsing, nadenke, en introspeksie. Daarom vat REFLEKSIE ons altyd terug na GEBED en gebed vra dat ons stil sal word (AFSONDERING) wat ons OPLETTEND maak sodat ons ʼn REFLEKSIE kan wees van ons Oorsprong, ons Bron, ons Fontein, ons Asem, ons LEWE!!
Neem tyd vir jouself met jou Self vandag. Alles gaan so vinnig. Ons praat te veel te vinnig. Ons dink te vinnig te slordig. Ons stuur emails, WhatsApp’s sonder om dit tweemaal te lees. Ons het ons elegansie met taal verloor. Ons hoflikheid met die betekenis van woorde. Daarom raak ons verdaal in ons persepsies, agterdog, opinies, en aannames wat alles maar net ʼn projeksie is van wat ons diep binnekant van onsself dink. Die wêreld van REFLEKSIE is gebou op die hoekstene van geloof, hoop, en liefde. Nie ʼn blinde geloof nie! Nie ʼn hoop gebaseer op behoeftes en verwagtinge nie! Nie ʼn liefde wat net kan werk met ‘as ...’ en ‘indien ...’ nie — maar ʼn geloof wat ons laat sien (refleksie); ʼn hoop wat ons laat voel (refleksie); ʼn liefde wat ons laat wees (refleksie)!
Soms, soms verlang ek na myself as kind wat geglo het, NIKS IS ONMOONTLIK NIE ... impossible is impossible! Op die ou einde van die dag, soos elke ander week genoem, is ons REFLEKSIE ook ʼn weerkaatsing van ons meaningfulness, contribution, understanding, calling, and purpose!
Kom sluit Sondag by ons aan vir ʼn uur se REFLEKSIE oor ons REFLEKSIE van God wat sin en betekenis gee aan ons lewe.

🌺 ACIM — Stad 19h30: 5 Maart — en Kolping 19h30: 1 Maart — Lessons 51-61 (which is a REVIEW on everything we’ve been reading the last 3 years!)

Gedagte vir die Week:
“None of us are getting out of here alive, so please stop treating yourself like an afterthought. Eat the delicious food. Walk in the sunshine. Jump in the ocean. Say the truth that you're carrying in your heart like hidden treasure. Be silly. Be kind. Be weird. There's no time for anything else.” — Anthony Hopkins

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights