“If you are irritated by every rub, how will your mirror be polished?”
― Rumi —Ons het Augustus in diepte gekyk na die inhoud en betekenis van die Christelike Mistiek en hoe dit my verhouding met myself, my medemens, die natuur, en God beïnvloed.
In September gaan ons ʼn paar mistici besoek wat buite die Christen tradisie staan waarby ons baie kan leer, en op hul eie manier vir ons ʼn skatkis van waarheid en wysheid gelos het.
Dit is 'n groot leemte as mens weens een of ander vooropgestelde idee nie van hierdie fonteine wil drink nie asof ons geskrifte, rituele, simbole, en belydenis die alleenreg het op die Waarheid.
Die eerste oase wat ons gaan besoek, is by RUMI.
Jalal al-Din Muhammad Rumi (1207AD - 1273AD) is in vandag se Iran gebore. Rumi was ʼn digter, teoloog, en geleerde leraar in die Islam Mistiek wat bekendstaan as die Sufism.
Sy poëtiese boek wat genoem word die Masnavi word gereken as die “Quran in Persië” en bevat sowat 70,000 gedigte, staaltjies, verse, en elke dag wyshede wat handel oor verskillende aspekte van ons spirituele lewe en wat die betekenis van LEWE is.
Vir Rumi is LIEFDE die essensie van ons ganse bestaan — hierdie liefde is die naelstring wat ons aan alles om ons verbind. Waar ons hierdie eenheid ervaar, word ons ʼn ‘BELOVED’ vir mekaar asook ʼn ‘BELOVED’ van God. Iets waaroor Henri Nouwen baie geskryf het in die Christen teologie en wat hyself erken het, beïnvloed was deur Rumi.
Hier is ʼn paar lewenslesse wat ek geleer het van Rumi:
Ons vra dikwels, “What is the meaning of life in general, and MY life in particular?” en vir Rumi was die antwoord — “We don’t find the meaning of life, we create our meaning of life.”
Baie mense bevind hulself in ʼn geut waar ons saam met die stroom dryf, al hoe verder en verder van wie ons werklik is. Ons dink ons doen die ‘regte ding’ want dis wat almal om ons doen. Ons praat ander na en doen wat ander van ons verwag sonder om te vra: wat maak jou anders, wat maak jou uniek?
“Everyone has been made for some particular work, and the desire for that work has been put in every heart.” — Rumi
‘Betekenis’ gaan nie oor die WAT nie, maar die HOEKOM — en wanneer jy jou ‘WHY’ gevind het in enige werk of taak, sal jy jou betekenis vind en daar sal jy jou beste gee, en jou beste wees.
Sukses in enige iets gebeur nie per toeval nie — dit is die resultaat van baie jare se tree-vir-tree leer en groei, val en opstaan, misluk en weer probeer.
Ons laat maklik ons drome gaan net omdat ʼn teleurstelling of twee ons laat dink dit is onhaalbaar en buite bereik.
“As you start to walk out on the way, the way appears.” — Rumi
Met die wysheid van die grysheid het ek geleer om te kyk na ‘what’s in front of me and not what’s ahead of me’ want ons raak maklik gefikseerd op iets DAAR in plaas van dit wat HIER is.
Leonard Cohen het hierdie lyn geleen in sy ‘Anthem’ as hy sing, “There is a crack in everything, that's how the light gets in.”
Vandag se lewe is so gefokus op ‘seeking pleasure and satisfying desires’ dat ons na ons emosionele pyn kyk as ʼn swakheid wat met een of ander pil gestil moet word.
“What hurts you, blesses you. Darkness is your candle.” — Rumi
Een van die paradokse van die lewe is dat ons emosionele pyn ʼn groter TEACHER is, meer GROEI en VERANDERING bring, as al ons dae van dans en lag en geluk.
Hoe dikwels hoor ons iemand sê dat toe iemand in hul lewe gekom het, het hul liefde “gevind” asof liefde van buite kom, en jy dit net kan ervaar as iemand anders dit vir jou gee.
“Your task is not to seek for love, but merely to seek and find all the barriers within yourself that you have built against it.” — Rumi
Daar is baie redes waarom mense ʼn muur om hul hart bou en heinings span om ander weg te hou — miskien êrens seergekry in ʼn verhouding of huwelik, jou opvoeding in ʼn liefdelose gesin, of vertroue wat geskend is in ʼn vriendskap of by die werk.
Bevraagteken jou idees en opinies oor LIEFDE en nie liefde self nie want liefde is in jou DNA sedert jy in jou moeder se skoot was.
Ons almal is skuldig dat ons ander weeg en te lig bevind, bordjies om iemand hang van wie ons nie hou nie, en ons opinies lig oor iemand wat jy glad nie ken nie.
Ons weet wat dit is om veroordeel, verneder, en verwerp te word nie.
Wat belangrik is, is om jou vry te maak van die vrees vir veroordeling. Ons word slawe van ander en verloor onsself in die proses as ons die hele tyd na ander se behoeftes en verwagtinge wil dans.
Wanneer iemand hulle idee van ‘reg’ en ‘verkeerd’ op jou projekteer, moet jy vra, “SO WHAT?”
Mense sal altyd oordeel veral as hul ongelukkig is in hulself en niks goed vir ander gun nie. Dis maklik om jou onkunde te verdoesel agter skinderpraatjies. Ons judge ander, en wat dan? Gewoonlik NIKS nie. Hulle beweeg aan in hul lewe en so moet ek en jy ook.
“Out beyond ideas of wrong-doing and right-doing, there is a field. I’ll meet you there.” — Rumi
Waar nodig kan ons luister na kritiek maar dan verantwoordelikheid neem vir ons aksies en reaksies. Ander se goedkeuring is nie die heel belangrikste rede om iets te doen nie.
Vind die ‘veld’ waar ons mekaar kan vind met liefde, respek, deernis, vriendelikheid, seëninge, en menswaardigheid.
Kom ons kyk Sondag na NÓG vyf lewenslesse van Rumi en hoe dit sin en betekenis aan jou lewe kan gee.
Met liefde
Soos altyd Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.