Waarheid - 24 Mei 2023

“Authenticity is a collection of choices that we have to make every day. It's about the choice to show up and be real. The choice to be honest. The choice to let our true selves be seen.”― Brené Brown —

Hierdie maand se tema is ‘Vier Gesprekke vir Vier Seisoene’ met vier onderwerpe vir ʼn CHAT — Creativity, Healing, Awareness, Truth-Telling.

Kreatiwiteit korrespondeer met Lente en Nuwe Lewe. Genesing is die Somer van emosionele en spirituele ‘wholeness’, en Herfs bring die bewussyn van verandering in kleure en lig, terwyl die Winter ʼn tyd is om nader aan jouself te staan sodat jy met eerlikheid weer harmonie met jou Self kan vind.

Om te praat oor WAARHEID vra om net eers ʼn paar beginsels mooi te verstaan:

  • WAARHEID is altyd waar! Jy kan jouself afvra of dit wat jy voorhou as waarheid oor 'n duisend jaar van nou af steeds WAAR sal wees, en is dit waar vir ALMAL want WAARHEID is nie waar vir net sekere mense of 'n sekere tyd nie.
  • Ons moet 'n duidelike onderskeid tref tussen 'n interpretasie van dit wat ons glo as die WAARHEID en wat die waarheid werklik is. Ons interpretasies is nie staties nie. Dit skuif en pas aan en dit moet ook anders stagneer ons. Verskillende tradisies het verskillende interpretasies van dieselfde WAARHEID. Nie twee van ons se interpretasie is dieselfde nie en daarvoor moet ons ruimte laat.

Om te glo dat my interpretasie (ervaar en verstaan) van die ‘waarheid’ is die regte en beste en enigste manier is gewoon ʼn denkfout op sy beste en arrogant op sy slegste.

Daar is natuurwette wat altyd waar is soos Newton se ‘First law of motion’ asook gravitasie. Dan is daar natuur-verskynsels wat ons glo as absoluut maar wat nie noodwendig WAAR is nie, soos om te glo die son sal altyd opkom, want daar sal ʼn dag kom wat die son sy laaste energie gaan opbrand en dit sal die einde van ons planeet wees.

Jare gelede het ek vir ʼn Biskop in die Grieks Ortodokse kerk gevra hoe moet ons die Griekse woord wat in die Nuwe Testament gebruik word vir ‘waarheid’ (alétheia) verstaan? Sy antwoord was verstommend: when we say someone is a-social or a-political then it means ‘NOT’ and ‘theia’ has its roots from ‘theatros’. In other words: alétheia means: ‘not theatre’ — no masks, no role-playing, no illusions, not hidden, not pretend to be someone or something else. Alétheia means ‘authenticity’ — to be true to yourself.

Skielik het my hele begrip oor WAARHEID verander, want ek het besef dit begin om die waarheid van myself VIR myself te kan sê. Dit vra moed en rou eerlikheid om dit te erken teenoor jouself. Eers as ek dit kan doen, kan ek mý WAARHEID met jou deel. Voor ek dit nie teenoor jou doen nie gaan ek nooit jou waarheid hoor, sien, of ervaar nie.

Susan Fitzmaurice is ʼn professor in Linguistics aan die Universiteit van Sheffield en in haar boek “The Smart Seeker’s Guide to Spiritual Bullshit” skryf sy —

“What it means to be authentic:  to be more concerned with truth than opinions;  to be sincere and not pretend;  to be free from hypocrisy: ‘walk your talk’;  to know who you are and to be that person;  to not fear others seeing your vulnerabilities;  being confident to walk away from situations where you can't be yourself;  being awake to your own feelings;  being free from others' opinions of you;  accepting and loving yourself.”

Hierdie ‘authenticity’ kan ons ook verstaan word as integriteit. Om met integriteit te leef beteken om getrou te wees in jou aksies en reaksies; om te vra wat jy wil weet en nodig het om te verstaan; om in woord en daad op te tree in harmonie met jou persoonlike waardes en beginsels; en jou keuses maak op grond van jou geloof en nie uit vrees vir veroordeling en verwerping nie.

“If you trade your authenticity for safety, you may experience the following: anxiety, depression, eating disorders, addiction, rage, blame, resentment, and inexplicable grief.” ― Brené Brown

Vra jouself:

Hoe dra ek konsekwent inligting, feite, en ervarings akkuraat oor sonder opsetlike misleiding of verdraaiing van die waarheid? Hoe maak ek hierdie TRUTH-TELLING deel van elke aspek in my lewe om die positiewe effek daarvan te ervaar op ons verhoudings, persoonlike groei, asook ons emosionele en spirituele welsyn?

Ons wil tog in ʼn wêreld leef waar ons eg en eerlik is met onsself en waar ons ander op hul woord kan vat en nie bang of skaam is om wie en wat ons is met hul te deel nie. Ons wil tog betroubaar wees en daarom vertrou kan word.

Kom ons verken eerskomende Sondag die begrip ‘authenticity’ as die kongruensie tussen gedagtes, gevoelens, en gedrag.

  • Self-Refleksie: vat tyd om jouself te vra wat is jou motivering en intensies, en is ons eerlik genoeg met onsself om te weet wat is ‘authentically true about ourselves’.
  • Eerlikheid: maak 'n besluit om die waarheid te prioritiseer in al ons interaksies en om committed te wees tot die WAARHEID.
  • Integriteit: om konstant te wees met ons aksies en reaksies in die onkreukbaarheid van wat waar en eg is van jouself.
  • Vertroue: geloofwaardigheid in beide persoonlike en professionele verhoudings wanneer ons konsekwent optree en betroubaar is.
  • Ware Noord: vir my is God die Waarheid wat ons roep om getrou te wees aan onsself en so ons diepste seer en vreugde, hoop en vrese met ander kan deel as bakens van lig in 'n wêreld wat al te dikwels die WAARHEID ontken.

Hoop om jou in ons Sirkel te sien.

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“A lot of the conflict you have in your life exists simply because you're not living in alignment; you're not be being true to yourself.”― Steve Maraboli 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights