"My faith helps me understand that circumstances don’t dictate my happiness, nor my inner peace.”
― Denzel Washington —
Ons gesels hierdie maand oor die begrip — VERLIGTING.
Die woord het twee betekenisse in Afrikaans:
Vir die meeste mense gaan dit net oor eersgenoemde, en word gesoek in eksterne en materiële goed. Ons dink: as ons net ʼn ander werk, ʼn ander huis, ʼn ander vrou het… as ons net finansiële sekuriteit het, niks van iemand hoef te vra en niks hoef te gee nie, sal dit verligting bring.
In ons Westerse beskawing is dit moeilik om te praat oor begrippe soos ‘Awakening & Awareness’ want dit klink so airy-fairy, fah-fah New-Age.
Ons verstaan van God, geloof, hoop, en liefde het só abstrak geword omdat ons alles met die verstand wil verstaan. As ons fisiese sintuie dit nie sien, ruik, proe, hoor, en voel nie, dan trek ons ons skouers op met ʼn sug, “Dis nonsens en nie vir my nie!”
Wat is ‘Awakening & Awareness’ anders as verligting (asem uit) en verligting (asem in) — ??
Om aandagtig en bewustelik te leef, ontvanklik in ons verwondering hoe dié LEWE in ons lewe manifesteer. Hoe die Groot Misterie in en deur ons hande en voete, mond en oë die verband tussen alles sien en ervaar.
Dit bring Goddelike insig (waarheid) en uitsig (wysheid). Hierdie ‘VERLIGTING’ gee vir ons die perspektief om die sterre te sien as dit donker is, en die kleure van die reënboog as daar storms is.
Geloof maak dit moontlik, en liefde maak dit maklik.
Gister sit iemand by my wat dié opmerking maak, “People call their believes, FAITH ...” Dit het my lank na hul weg is steeds laat dink — wat is geloof, en hoe bring geloof verligting?
Daarom gaan hierdie week oor GELOOF.
Meer as dikwels sien ons hoe opinies en oortuigings verwar word met GELOOF. Mens kan baie oortuigings en opinies hê sonder enige GELOOF.
Geloof is ʼn oorgawe (surrender) om in die Waarheid te leef. Om te laat los (let go) in hoe ek wil hê die wêreld moet wees maar te vra hoe ek die wêreld moet verstaan en my plek daarin.
Laas week het gegaan oor: Liefde, Oorgawe, Vertroue, Entoesiasme = L.O.V.E.
Hierdie week gaan oor: Fonteine, Asem, Intensies, Transformasie, Heling = F.A.I.T.H.
► Fontein — die vraag is: waarheen gaan ons vir VERLIGTING (release / relief) — en waarheen gaan ons vir VERLIGTING (illumination / enlightenment)? Ons wil tog nie nét leef nie, ons wil groei en gedy in ʼn lewe wat betekenisvol is.
► Asem — ons het al so baie die betekenis van Genesis 2:7 onderstreep, “God blaas die ASEM van lewe in die mens.” Wat beteken dit vir jou om te weet jy asem die Asem van God? Om dit te weet, bring ʼn sekere aanvaarding wat nie beteken, laat Gods water oor Gods akker vloei nie — dit beteken ons sien die groter prentjie; ons sien die konneksie tussen alles. God se Asem is tog in ALLES en ALMAL.
► Intensie — voor ons enige iets ervaar, is daar gedagtes, en voor enige gedagte is daar intensies. Wat skoei en snoei jou intensies? Is ons geloof insluitend of eksklusief? Waarom doen en dink ons die goed wat ons dink en doen — en is ons eerlik daaromtrent?
► Transformasie — dit gaan oor verandering; dit gaan oor reformasie, restourasie, rehabilitasie van dit wat maak dat ons ons doel mis. Dit sien ons aandeel in die Groot Tapisserie. Geloof is iets wat ons toelaat om deur ons te gebeur. Dit is tasbaar en toepaslik.
► Heling — beide die Griekse woorde vir red (σῴζω — sózó) en vir heling (ἰάομαι — iaomai) beteken in hul stam: ‘to make whole’ — wat is geloof anders as die intensie, gedagte, wil, en ervaring om te voel jy is deel van die geheel? Met ander woorde: FAITH makes us WHOLE.
Vir ons in die Christen-tradisie is Jesus die vergestalting van ons GELOOF. Dit gee hoop en betekenis aan ons menswees. Dit verdiep en verbreed ons liefde — want geloof is 'n Kompas wat wys waar ons Ware Noord is.
Kom ons gesels Sondag oor GELOOF — en die sewe stappe van Verligting na VERLIGTING.
“Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.” — Efesiërs 3:16-17
Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
“Faith is not to disconnect you from reality – it connects you to reality.”
― Paulo Coelho ―