Hierdie week se liturgie: 17 November 2019
God is a mystery in which we walk — God is nie dit wat ons kan verduidelik nie, God is iets wat ons ervaar ... en in ons ervaar (belewenis) kom daar ʼn sekere besef (begrip) — dit is nie God wat verander nie, nie ʼn nuwe God nie maar ʼn nuwe verstaan van God se teenwoordigheid — an expanded concept of a deeper awareness.
Die vier Evangelies loop oor aan voorbeelde waar mense se ervaring van God verskil. Dink byvoorbeeld aan Jesus as Seun van God wat nêrens in die Bybel as biologie gesien word nie maar as ʼn manifestasie van die Goddelike in en deur ʼn mens. Vir Markus word God en Jesus een met sy doop; vir Matteus en Lukas is dit met Jesus se konsepsie; terwyl Johannes sê dat Jesus sedert die begin van tyd een was met God. Elke skrywer se verstaan van God was aanvoelbaar deel van hul elkeen se unieke ervaring van God.
Hoekom glo ons dat net Paulus of Jesaja se ervaring met God relevant is? Omdat daar steeds geglo word dat God nét met die Joodse volk gepraat het en dat die laaste woord 2000 jaar terug gesê is? Min mense glo dat God met jóú (elkeen van ons) in gesprek is elke oomblik van elke dag op ʼn duisend maniere en ʼn duisend plekke — as ons net sal leer om te luister ... en dit is nét so betekenisvol, met dieselfde waarheid as elkeen wat al ooit in die geskiedenis ʼn woord gesê of geskryf het oor sy of haar verhouding met God.
Ons gesels hierdie maand oor die bekende boek, “THE PROPHET” wat geskryf is deur Kahlil Gibran. Hy is in 1883 gebore in ʼn klein dorpie in Libanon. Sy ma was die dogter van ʼn priester wat deel was van die Maronite Christians. Toe hy 10 jaar oud was, het sy moeder hom en die ander kinders na Amerika gevat waar hy grootgeword het in Boston. Alhoewel die Bybel en veral die Evangelies ʼn groot invloed op hom sou hê, was hy ook diep beïnvloed deur die Sufism en later die Zarathoestra filosofie waarin Gibran ʼn sterk ooreenkoms gesien het met Jesus. William Blake en Walt Witman se gedigte sou ʼn direkte invloed hê op sy styl van skryf.
Ons het reeds gesels oor die Profeet se gesprek oor 'GEE' en laas week het ons stilgestaan by sy uitleg oor LIEFDE, HUWELIK, en KINDERS. Eerskomende Sondag gaan ons sy insig oor VOEDSEL, WERK, VREUGDE en HARTSEER bespreek.
Hoor wat sê hy oor EET en DRINK —
When you kill a beast say to him in your heart:
“By the same power that slays you,
I too am slain; and I too shall be consumed.
For the law that delivered you into my hand shall deliver me into a mightier hand …
And when you crush an apple with your teeth, say to it in your heart:
“Your seeds shall live in my body,
And the buds of your tomorrow shall blossom in my heart,
And your fragrance shall be my breath,
And together we shall rejoice through all the seasons”.
And in the autumn, when you gather the grapes of your vineyards for the winepress, say in your heart: “I too am a vineyard,
And my fruit shall be gathered for the winepress,
And like new wine I shall be kept in eternal vessels”.
Wat my laat dink aan, “Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is 'n gawe van God.” (Prediker 3:13) en “Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.” (1 Korintiërs 10:31)
En oor WERK ...? Hoor wat sê Kahlil Gibran —
When you work you are a flute through whose heart the whispering of the hours turns to music.
Which of you would be a reed, dumb and silent, when all else sings together in unison?
Always you have been told that work is a curse and labour a misfortune.
But I say to you that when you work you fulfil a part of earth's furthest dream,
assigned to you when that dream was born,
And in keeping yourself with labour you are in truth loving life,
And to love life through labour is to be intimate with life's inmost secret.
And when you work with love you bind yourself to yourself, and to one another, and to God.
And what is it to work with love.
It is to weave the cloth with threads drawn from your heart,
even as if your beloved were to wear that cloth.
It is to build a house with affection,
even as if your beloved were to dwell in that house.
Work is love made visible.
And if you cannot work with love but only with distaste,
it is better that you should leave your work
and sit at the gate of the temple and take alms of those who work with joy.
Dit sluit aan by Paulus wat sê, “Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.” (Kolossense 3:23) en “Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.” (Psalm 126:5-6)
So sluit ons dan af oor VREUGDE en VERDRIET —
Is not the cup that holds your wine
the very cup that was burned in the potter's oven?
And is not the lute that soothes your spirit
the very wood that was hollowed with knives?
When you are Joyous, look deep into your heart
and you shall find it is only that which has given you sorrow
that is giving you joy.
When you are sorrowful, look again in your heart,
and you shall see that in truth you are weeping for that which has been your delight.
Dit waarna ʼn ander profeet verwys as hy skryf, “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.” (Habakuk 3:17-18)
So, kom ons praat Sondag oor ons spys en drank, ons honger en ons dors. Kom ons verken dit waaraan ons ʼn derde van ons dag, en twee derdes van ons lewe afstaan naamlik ons werk, ons loopbaan, ons beroep. Dan sluit ons af met ʼn gesprek oor ons ekstase en smart, ons blydskap en ons hartseer, ons vreugde en ons verdriet — en waarom die twee in mekaar geweef lê.
Met liefde en seëninge vir jou week Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
“Gardens are not made by singing
'Oh, how beautiful!'
and sitting in the shade.”
― Rudyard Kipling ―
STAD: 18 November 2019 @ 19:30
KOLPING: 14 November 2019 @ 19:30
Ons lees die tweede semester van die jaar
LESSONS FROM 'A Course in Miracles'
[Lessons 158 - 160]