Hierdie week se liturgie: 10 November 2019
Velede week (3 November) se liturgie: 3 November 2019
Die jaar trek water ... 2019 is in beseringstyd. As jy nog nie uitgekom het by jou nuwejaarsvoorneme nie, moet jy maar laat oorstaan vir 2020 se skrikkeljaar, want dié jaar is verby.
In November gaan ons gesels oor ʼn paar temas uit Kahlil Gibran se boek, THE PROPHET en het laas week afgeskop met ʼn gesprek oor GIVING, waarin twee sinne die moeite werd is om in ons hart te skryf, — “You give but little when you give of your possessions. It is when you give of yourself that you truly give” en ʼn entjie verder die ewige waarheid, “There are those who give with joy, and that joy is their reward.”
Vir die meeste kom "gee" redelik maklik. Dis die "ontvang"-gedeelte waarmee ons sukkel. Dis asof 'n skuldgevoel oor ons spoel as iemand iets vir ons wil "gee" asof ons hart net wil gee en nie weet hoe om oop te wees vir die ontvang-gedeelte nie. Hoe kan enige een van ons oorleef as ons net kan asem uitblaas? Net so min bly 'n mens aan die lewe deur net in te asem. Dit was/is seker die enkel grootste les wat ek die laaste tien jaar moes leer — how to receive gracefully ...
Eerskomende Sondag blaai ons verder in die boek en gaan gesels oor LOVE, MARRIAGE and CHILDREN. Vir Kahlil Gibran is dit duidelik dat niemand LIEFDE kan besit nie en dat liefde iets is wat jy toelaat om deur jou vloei. Liefde skaaf, snoei en skoei jou. Dit louter en suiwer jou in die heilige vuur van God se liefde sodat jy die brood van God se liefdesfees kan word en ons die geheime van die hart sal ken en sodoende ʼn refleksie word van die LEWE se hart. Daar sal ons nie sê, “God is in my hart” nie, maar eerder, “Ek is in die hart van God.”
Oor die HUWELIK is die Profeet duidelik dat die liefde, aanvaarding, respek, menswaardigheid, en seëninge van die huwelik kan net tot volle vrug kom wanneer daar spasie en ruimte is vir mekaar se andersheid. Dat ʼn huwelik nie die plek is waar twee mense soos Disprin in mekaar oplos nie, maar ʼn heilige spasie vir mekaar gee om steeds jou eie mens te wees — soos die strand vir die golwe; soos dieselfde wyn uit twee glase; soos die snare van ʼn instrument dieselfde melodie speel. Hoor hoe mooi beskryf hy dit ...
Net gister lees ek hierdie gedeelte op ʼn vriend se Facebook wat Kahlil Gibran se beskrywing oor die HUWELIK verder inkleur:
“For couples so eager to call it quits after the infatuation wears off, to throw in the towel on your relationship because everything isn't ‘perfect’...here is some food for thought.
Lifelong commitment is not what most people think it is. It's not waking up every morning to make breakfast and eat together. It's not cuddling in bed until both of you fall asleep. It's not a clean home, filled with laughter and love making every day.
It's someone who steals all the covers, and snores, it's slammed doors and some harsh words at times.
It's stubbornly disagreeing and giving each other the silent treatment until your hearts heal, and then offering forgiveness and being forgiven.
It's coming home to the same person every day that you know loves and cares about you in spite of, and because of, who you are.
It's laughing about the one time (many times) you accidentally did something stupid.
It's about dirty laundry and unmade beds.
It's about helping each other with the hard work of life.
It's about swallowing the nagging words instead of saying them out loud.
It's about eating the easiest meal you can make and sitting down together at a late hour because you both had a crazy day.
It's when you have an emotional breakdown and your love lays down with you and holds you, and tells you everything is going to be okay. And you believe them.
It's about still loving someone even though sometimes they make you absolutely insane.
Loving someone isn't always easy, sometimes it's hard.
But it is amazing and comforting and one of the best things you will ever experience.”
Ten slotte gaan ons saam met Die Profeet gesels oor KINDERS, en dis hier waar die waarheid en wysheid van Kahlil Gibran soos ʼn fontein oorborrel as hy skryf —
Kom deel vir ʼn uur in ons Wysheidsirkel as ons stil word met mooi musiek, in die flikkering van kerse, en onder die groot blou kruis. Bring jou GIVING en maak jou hart mooi sodat ons saam vir ʼn oomblik weer onthou hoe om die LIEFDE van God in al die aspekte van ons menswees te ervaar.
Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
.
.
STAD: 18 November 2019 @ 19:30
KOLPING: 14 November 2019 @ 19:30
Ons lees die tweede semester van die jaar
LESSONS FROM 'A Course in Miracles'
[Lessons 158 - 160]