Hierdie week se liturgie: 22 September 2019
Christianity — “In everything, do to others as you would have them do to you; for this sums up the law and the prophets.” (Jesus, Matthew 7:12)
Judaism — “What is hateful to you, do not do to your neighbour. This is the whole Torah; all the rest is commentary.” (Hillel, Talmud, Shabbat 31a)
Hinduism — “This is the sum of duty: do not do to others what would cause pain if done to you.” (Mahabharata 5:1517)
Islam — “Not one of you truly believes until you wish for others what you wish for yourself.” (The Prophet Muhammed, Hadith)
Buddhism — “Treat not others in ways that you yourself would find hurtful.” (Udana-Varga 5:18)
Taoism — “Regard you neighbour’s gain as your own gain, and you neighbour’s loss as your own loss.” (T’ai Shang Kan Ying P’ien, 213-218)
Jainism — “One should treat all creatures in the world as one would like to be treated.” (Mahavira, Sutrakritanga)
Ons tema vir die maand is — THE GIVENESS OF LIFE — en het reeds gesels oor GELOOF en GEBOOIE en toe oor GEBED ... eerskomende Sondag gaan dit oor GENADE (grace). Ons verwar die begrip dikwels met begenadiging (mercy) wat kwytskelding (pardon) beteken. Met ander woorde, jy verdien om gestraf te word maar dan het iemand genade (mercy).
Die GENADE waaroor dié week gaan, is wat die Grieks noem, χάρις (garis) en die Hebreeus חן (gein) — beide beteken: liefdevolle goedheid, sagmoedigheid, liefdevolle welwillendheid, goedertierenheid, liefdevolle guns, of dit wat die liefde van God se krag/mag bring (that which enables the power of God, or precious love of God). Die mistieke betekenis van die Griekse woord gaan nog dieper: that which affords joy, pleasure, delight, sweetness, charm, loveliness, good will, loving-kindness, favour, the holy influence upon souls.
Twee sulke klein woordjies met só diepsinnige, omvangryke betekenis ... en tog so min waardeer, so min ontgin, so min toegeëien.
As ons dan die essensie van sewe hoof-godsdienste op ʼn rytjie sit dan gaan dit op die oppervlakte oor ‘mercy’ maar ten diepste oor hoe ons die grace (in al sy betekenisse) toelaat om deur ons te vloei na die wêreld om ons. Vir Martin Luther was hierdie ‘genade’ (GRACE) die essensie van sy Christelike geloof. Op ʼn plek skryf hy — “Faith is a living, daring confidence in God's grace, so sure and certain that the believer would stake his life on it a thousand times.” Op ʼn ander plek bid hy — “Lord, grant that anger or other bitterness does not reign over us, but that your grace, genuine kindness, loyalty, and every kind of friendliness, generosity, and gentleness may reign in us. Amen”
“This gift by which God leans to us and lifts us up ...” sê ACIM in Lesson 168. Hoe mooi is dit, “grace is ... the gift by which God leans to us ...” en gaan dan verder om te sê, “For in grace you see a light that covers all the world in love, and watch fear disappear from every face as hearts rise up and claim the light as theirs.” Dis waarna Paulus verwys as hy skryf, “My genade is vir jou genoeg, my krag word in swakheid volbring.” (2 Korintiërs 12:9)
‘GENADE’ is nie iets abstrak nie ... dit is tasbaar, aanvoelbaar, werklik (real) — dis nie iets wat jy moet verdien of voor moet werk nie en dit is verseker nie gereserveer vir nét Christene nie. Trouens, dit is verniet, vir ALMAL. Dit raak nooit minder of op nie. Ons vergeet dit en gaan soek daarna op plekke en in strukture wat allerlei verpligtinge en voorwaardes wil skuif tussen ons hierdie asemrowende geskenk van God. Al wat ons moet doen is om onsself OOP te maak om enersyds te onthou wat genade is en beteken, en andersyds daarvan OOR TE LOOP na almal om ons.
Genade word herken, erken, ken waar ons wéét dit is daar en hier, in en om, by en met ons, ALTYD ... en dit (uit)deel waar ons aan ander doen wat ons aan onsself gedoen wil hê. Ek sê weer — ons moet ons harte oopmaak vir hierdie liefdevolle goedheid, sagmoedigheid, welwillendheid, en goedertierenheid sodat ons ons ewemens met liefde, aanvaarding, respek, medemenslikheid, en seëninge sal dien met die GENADE van God.
GRACE will always shift the ‘I’ to a ‘WE’ ... but then we have to learn how to receive gracefully — dis moeilik as ons grootgemaak is om nie te ‘vra’ nie; moes leer om jou eie battles te fight; jou man/vrou te staan en skuldig voel as iemand iets vir jou doen en onmiddellik voel jy moet iets teruggee. Dis nie hoe God se GENADE werk nie ...
“Shine your soul with the same
egoless humility as the rainbow
and no matter where you go
in this world or the next,
love will find you, attend you,
and bless you.”
― Aberjhani, ‘Journey Through the Power of the Rainbow’
Sonder ʼn hart wat getransformeer is deur die genade van God, bly ons lewe een lang geploeg ‘to manage’ ... bly die vensters op knip en deure gesluit om die Here jou God lief te hê met jou hele hart, jou siel, al jou krag en denke. Pas daarna kan ons die eerste sinne van dié brief herhaal in die refrein — “en jou naaste soos jouself!”
Kom sluit Sondag by ons aan vir ʼn gesprek oor GENADE en dan lei ons ons leivore na ons beddings sodat hierdie jaar se Lente rondbors, rondson in ons tuin sal blom.
Soos altyd Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Met liefde
STAD: 30 September 2019 @ 19:30
KOLPING: 26 September 2019 @ 19:30
Ons lees die tweede semester van die jaar
LESSONS FROM 'A Course in Miracles'
[Lessons 156 & 157]