The Giveness of Life - Geloof

Sondagdiens

1 September 2019

Hierdie week se liturgie: 1 September 2019

Carl Sagan het eenmaal gesê, “Somewhere out there, there is something to be known.” Dit is nie net van toepassing op die uitspansel nie, maar ook ten opsigte van ons psigografiese en emosionele grense.

Ongelukkig is dit so dat die meeste mense glo hul lewe is ʼn treinspoor. Met geboorte is ons op ʼn baan gesit — dis die lewe, dis ons lot. Ons glo dat alles is/word vir ons besluit: skool sal jou leer wat om te weet; die kerk sal jou leer wat om te glo; die staat sal jou leer wie jy mag wees; en die bank sal jou leer wat jy mag besit. Met ʼn stil "tevredenheid" jaag ons deur die lewe ... elkeen in haar eie geut, almal in sy loopgraaf. Met ʼn meedoënlose pas hou ons elke dag se roetine. “Things to do, places to be, people to meet” — hoor ons onsself al hygende sug.

Daarom die obsessiewe drang om soveel as moontlik te doen en ons program so vol as moontlik te druk met ʼn duisend goed wat móét gebeur en plekke waar ons móét wees. Ons is vrek bang dat ons lewe tot ʼn einde gaan kom en ons was nog nie om die Aarde nie; het nog nie “buuz” (Mongolian dumplings) geëet nie; en gaan daai uitverkoping by Szputnyik (ʼn vintage klerewinkel in Budapest) mis! Die oomblik as ons voete soggens die grond raak, is dit ʼn mallemeule tiekiedraai deur die dag se verpligtinge. Ons jaag en word opgejaag na wie weet waar ...

Kan jy nog tot stilstand kom ... weet jy wat beteken "stiltetyd" ... vra jy soms jouself, "WAT GLO EK ... en hoekom glo ek dit?" 

Week na week, op ʼn Woensdag en op ʼn Sondag, is daar ʼn oomblik waar jy uitgenooi word om buite die boks te dink — trouens, om te dink asof daar geen boks is nie! Binne die raamwerk van ʼn e-pos en die sirkel van ons kapel, word jy genooi om vir oomblik stil te word en op te hou hardloop. Word jy genooi om vir jouself te vra: "wat maak ek hier; wat inspireer my; waar raak die hemel my aarde; wat glo ... wat hoop ... wat lief ek; wat is eg en waar in my lewe en hoe het ek gegroei oor die laaste week, maand, jaar; en weet ek dat (ook) ek ʼn spens van ervaring is wat wag om vriende, kollegas, en familie te voed met die wysheid van my lewenspad?"

Dikwels in ʼn beradingsessie sal ek vra: "Wanneer was die laaste keer wat jy iets vir die eerste keer gedoen het en hoe het dit jou laat voel; vertel my wat beteken LENTE vir jou en hoe gaan jy om met jou hoogwater as dit volmaan is?" Ek kan nie vir jou sê hoeveel mense verstom na my sit en kyk as of ek gibberish praat nie. Soms sal ek dit waag om te vra: "Vertel my wanneer laas het jy jou gedagtes oor iets waarvan jy nog altyd seker was, verander — of is jou opinies, idees, en sekerhede ononderhandelbaar?"

Natuurlik, en dit is jou volste reg om te antwoord, “Hoe op Gods aarde gaan dit enige verskil in my lewe maak as ek dié vrae antwoord?” Jy is reg, hoe sal ʼn mens weet dat jy nie weet nie ...?"

Vir my, en dis maar net hoe ek inmekaar geweef is, is "stiltetyd" my spirituele gym en is dit belangrik om my te omring met mense wat my uitdaag om gereeld die emosionele en intellektuele grense van my bestaan te skuif en uit te brei. Ek leef vir eerlike gesprekke waar die tuin van wysheid en waarheid verken word en DÍT is vir my belangriker as om myself te verknies of ek ooit weer by my gunsteling-restourant in Barcelona gaan sit ...

... en as ek weer in Boca Grande sit, wil ek my verlustig aan daai Mediterreense menu terwyl ek die smake en geure van wat dit beteken om mens te wees meng met die wyn van hartlike genoeglikheid tussen mense wat mekaar innig liefhet.

Daarom gaan ons September, ons Lentemaand, vier met die tema: THE GIVENESS OF LIFE — en eerskomende Sondag kan jy blomme saambring wat ons na die tyd versprei by ʼn ouetehuis in die buurt om vir hulle wat in die Winter van hul lewe is te herinner aan die Ewige Lente van vernuwing en verandering. Ons gaan die maand se gesprek afskop oor GELOOF en vir onsself vra, “Wat glo ek ... en waarom glo ek wat ek sê ek glo?”

Ons kan net sê, “Ek glo in God” as ons kan antwoord wat dit beteken en hoe dit ʼn invloed het op elke uur van elke dag, want geloof is nie gereserveer vir ʼn uur op ʼn Sondag nie en dis vir seker nie swygsaam oor elke aspek van my menswees nie. Jou geloof het alles te doen met wie jy is, soos jy is, omdat jy is wie jy is — en DIT het alles te doen met my verhouding met God, my verhouding met my ewemens, en my verhouding met myself.

Hier is ʼn paar blomme wat ons gaan plant:

  • Geloof laat jou luister én hoor, kyk én sien
  • Geloof bring konteks en konteks gee perspektief
  • Geloof skuif emosionele berge en laat jou op water loop
  • Geloof vra: can you stand the heat in the kitchen of your soul
  • Geloof bring hoop, en liefde maak dit maklik

Daarom word jy uitgenooi om die maand saam met ons deur die Tuin te stap van ʼn nuwe seisoen. Bring vriende en familie saam vir ʼn uur se stilte en refleksie wat verby ons horison sal kyk en dit sal waag om ons beddings te verken.

Mag jy elke oomblik van elke dag die seëninge van God sien.
Soos altyd

.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Your life does not get better by chance,
it gets better by change.”

― Jim Rohn 
.

A COURSE IN MIRACLES

STAD: 2 September 2019 @ 19:30
KOLPING: 29 Augustus 2019 @ 19:30

Ons lees die tweede semester van die jaar
LESSONS FROM 'A Course in Miracles'
[Lessons 167 & 168]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights