"Know it well, Love is its meaning.
Who reveals this to you? Love.
What does he reveal? Love.
Why? For Love."
— Lady Julian of Norwich (1343AC-1416AC)
Die laaste vier weke gesels ons oor die tema — DIE FONTEIN VAN LEWE — met die mantra uit Psalm 36:8 wat sê, “From the river of your delight You give them to drink; for with You is the fountain of life; in Your light we see light.”
Ons het begin met die ‘fontein’ uit Esegiël 47 wat eers enkeldiep, toe kniediep, tot by ons heupe kom, en toe was dit so diep dat ons moes swem.
Weer en weer het ons uit die Fontein geskep — “Wie van die water drink wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” (Johannes 4:14) “Met die een wat in my glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” (Johannes 7:38) “Want elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!” (Openbaring 22:17)
God is die oorsprong en Jesus is die fontein en die Heilige Gees is die gravitasie wat elke stroom en leivoor stuur na waar dit moet wees. Water is lewe en LEWE is God ... and God is a Presence that permeates all aspects of life.
As ons hierdie metafore verstaan en vir mekaar sê dat Jesus is die fontein dan is CHRISTUS die Water! Die H (waterstof) en die O (suurstof) wat vir ons water gee, is ook die boublokke van alles wat in die ganse skepping voorkom. Die heelal soos ons dit verstaan die laaste 14.7 biljoen jaar is ʼn manifestasie van dit wat ons verstaan as ‘God’ en waarna ons met vrymoedigheid kan verwys as die HEILIGE MISTERIE.
Die 164 keer wat Paulus verwys na ‘in Christus’ begin by die Big Bang — “You are chosen in Christ from the very beginning.” (Efesiërs 1:4) en dit sal daar wees tot niks meer bestaan nie — “Waarlik, ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” (Matteus 28:20)
Oor en oor maak Paulus dit duidelik dat dit is wat ‘in Christus’ beteken:
Eerskomende Sondag sluit ons dié tema af en gaan dit met brood en wyn vier as deel van ons herinnering wat die woorde ‘Communion in Christ’ werklik beteken.
Ons laaste gesprek vat ons sowat 40 km Noord-Oos van die See van Galilea na ʼn landstreek wat bekendstaan as die Golan Hoogte aan die voet van die Hermon Berg na ʼn plek wat ons in Markus 8, Matteus 16, en Lukas 9 leer ken as Caesarea Philippi. Hierdie terras wat sowat 1200 voet hoog is, kyk uit oor die vrugbare vallei waar vrugteboorde en wingerde strek so vêr as wat die oog kan sien. Die oorspronklike naam van die nedersetting was Panias (later verbuig tot ‘Banias’ soos dit vandag bekendstaan) waar die tempel vir die Grieks-Romeinse god Pan gebou was.
In die Babiloniese Godsdiens was hierdie plek gesien as ʼn ‘heiligdom’ wat die geboorte- en blyplek was van die god Baäl wat die god van weerlig, reën en dou was wat direk met vrugbaarheid te doen het ... eeue later sou Pan uitgebeeld word as half-mens en half-bok wat aanbid sou word as die god van die berge, vrugbaarheid, en god van die kuddes en herders.
Die sneeu wat in die winter op die Hebron Berg lê, smelt in die lente en die water vind hul pad na Panias waar 72 fonteine ook die oorsprong is van die water wat na die see van Galilea vloei en van daar die Jordaan Rivier voed.
Caesarea (die gebied van Caesar) Philippi (die Romeinse Tetrarg) is die plek waar Jesus sy dissipels bring. Tussen die fonteine, onder die koeltebome, omring deur altare aan elke denkbare god van die antieke tyd, langs die spelonk wat bekend gestaan het as die Gates of Hades (‘Hades’ is die doderyk in die Griekse Mitologie) vra Jesus twee vrae vir sy dissipels — die eerste is: “Wie sê die mense is ek?”
Met die eerste vraag word daar bespiegel dat mense sê Jesus is dalk ʼn reïnkarnasie van Johannes die Doper, ander mense sê hy is ʼn reïnkarnasie van Elia, of Jeremia, of dalk een van die ander profete. Dan maak Jesus dit baie persoonlik as hy vra — “Maar julle, wie sê julle is ek?”
Petrus antwoord hom — “U is die Christus, die seun van die lewende God” — waarop Jesus vir hom sê (as ek mag parafraseer), “Simon, seun van Jona, van nou af sal jy bekendstaan as Petrus wat ‘Rots’ beteken, want op hierdie ‘rots’ sal ek my kerk bou [terwyl Jesus sy vinger na die spelonk wys] and the gates of Hades will not overpower it!”
Kom ons vra Sondag vir mekaar die SEWE vrae wat Fr Richard Rohr vra in sy boek ‘The Universal Christ’ —
Die vraag is: Wie sê jý is Jesus? (H)erken jy Christus in jou? — "Test yourselves to see if you are in the faith; examine yourselves! Or do you not recognize this about yourselves, that Jesus Christ is in you — unless indeed you fail the test?" (2 Corinthians 13:5)
Hoop die brood en wyn, woord en stilte bring jou Sondag na die Fontein van Lewe.
Soos altyd
Met liefde
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Sondae eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Ons doen nie meer besprekings nie
en dit is first-come-first-served ... ALMAL is welkom.
Ons vra wel dat jy steeds met 'n masker sal kom,
steeds afstand hou, en steeds hande was.