The Fountain of Life

28 Oktober 2020

As ʼn klein seuntjie het ek my pa gevra, “Hoe weet mens God is daar as jy hom nie kan sien nie?” My pa het my buitentoe gevat en op die gras laat staan en gevra of ek die wind kan voel waai. “Ja, ek kan!” was my antwoord en toe sê hy, “... ons kan die wind nie sien nie, maar jy voel dit teen jou vel en jy sien dit in die blare en takke. Net so voel ons God op ons velle en sien God in die bome en wolke.”

Vandag is my pa se roudiens. Waar sal ek begin en hoe sal ons dit afsluit? As my ma my vere is, was my pa my vlerke.

Vir tien dae is daar hierdie rou verdriet wat my elke nou en dan oorrompel. Ek blaai deur my pa se Bybel en letterlik op elke bladsy is daar aantekeninge en sinne onderstreep. Voor elke Bybelboek is daar datums wanneer hy begin lees het en wanneer hy klaar was ... en wanneer hy weer dieselfde boek begin lees het. How will I ever fathom this discipline, devotion, and dedication?

Met sy Bybel in my hande besef ek opnuut hoe diep en hoe hoog, hoe vêr en hoe wyd sy liefde vir God gestrek het en hoe daardie liefde vir ons ʼn stroom was wat vir 60 jaar my moeder se eggenoot en ʼn pa vir my en my sus was ... vroeër ook ʼn vader van ʼn boetie en nog ʼn sussie wat veels te vroeg gesterf het.

Maar vandag bring ons hulde aan die Fontein wat daardie stroom gevoed het. Vandag is ‘A Celebration of Life’ in die volheid van wat dié woorde beteken. Vandag onthou ek dat alhoewel ek nie meer my pa kan sien nie, kan ek hom voel teen my vel en sien in die blare en die wolke.

Kom ons gesels November oor — The FOUNTAIN of LIFE ...

Vir ʼn groot gedeelte van my lewe het ek geglo dat ek sal water soek as ek dors is. Ek het my lewe geleef en as ek toevallig op ʼn put afgekom het, het ek ʼn paar watersakke volgemaak vir die reis vorentoe. Menigmaal moes my liefdevolle ouers van hul water kom deel as ek weer, deur my eie toedoen, amper gesterf het van die dors — maar om ʼn Fontein te hê, was steeds nie ʼn prioriteit nie.

Herhaalde kere sou ek verdwaal as ek wéér my kompas verloor het wat moes wys waar om die Fontein te vind ... en hoeveel keer het ek probeer om water uit ʼn klip te tap as die dors in my bors gebrand het.

Oor en oor is ek herinner aan die beloftes van hierdie groot Fontein —

  • “... from the river of your delight You give them to drink. For with You is the fountain of life; in Your light we see light.” — Psalm 36:8-9

Hoe min het ek besef hoe groot my dors was om te drink uit dié Fontein —

  • “Wie van die water drink wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” — Johannes 4:14

Hoe groot my hunkering na die Fontein waarvan Jesus praat as hy Jesaja 58:11 aanhaal —

  • “Met die een wat in my glo, is dit soos die Skrif sê: “Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” — Johannes 7:38

Sedert kind was daar by my ʼn fassinasie met ʼn rivier. Of dit aan die oewers van die Mogalakwena Rivier of die Elandsrivier naby Emgwenya was waar ons gewoon het, kan ek nie onthou of ek al ooit by ʼn rivier gesit het sonder ʼn bewondering oor die bewegende water, die vloeibare lewe ... die krag, die grasie wat die natuurwette volg tot in die kleinste sytak of leivoor.

Ook daar sou die Fontein vir my fluister —

  • “As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie ...” — Jesaja 43:2

Vandag, hier waar ek sit en tik, oorweldig deur hartseer en verdriet, weet ek vir die eerste keer dat die Fontein my trane roep om rivier te word. Besef ek wat Esegiël bedoel met ʼn stroom wat tot by my enkels kom, tot by my knieë, by my heupe, en dan so diep dat ek gaan moet swem. (Esegiël 47:3-5)

Met ʼn groot “JA!” plant ek vandag ʼn boom langs dié Fontein. Van vandag af, gaan ek nooit weer dors ly nie.

  • “Want elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!” — Openbaring 22:17

My gebed vandag — “O Heer, kan ek vandag weer van vooraf begin ... mag ek myself opnuut toewy, want tyd en omstandighede het van my lewenstroom ʼn moeras gemaak en self kan ek nie weer die stroom laat vloei nie. Ek gee U my lyf, my gedagtes, my liefde ... my hartseer en my smart ... my vrae en my hoop, my vrese en my drome. Ek is ʼn rivier, wees U my Fontein.”

Soos altyd

 

  • Ná 38 episodes se Youtube-video's gaan ek en my seun vir so maand 'n breek vat. Meer as die helfte het ook Engelse Subtitles as jy dit met Engelse vriende wil deel. Gee die video's 'n THUMBS UP en onthou om te SUBSCRIBE, want hoe meer mense doen, hoe meer mense sien dan ons video's.
    https://www.youtube.com/channel/UCBbZGoIlY3NhpEvxNDexGtw/videos

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“... the spirit, I think, is a stream, a fountain,
and must be continually poured out,
for only if it is poured out
will more and clearer streams come.”

― Brenda Ueland 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Sondae-eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Kontak Ronel (083.631.14.68vir meer inligting en om te bespreek
ter wille van die nasionale reëls en regulasies.
ASB, as jy bespreek het en nie kan kom nie
laat weet ons vroegtydig want daar is baie wat graag daar wil wees.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights