The Christ in Christmas III

“Remember, light is not so much
what you directly see
as that by which
you see everything else.”
― Richard Rohr —

Ons sit ons reis voort oor die inhoud en betekenis van KERSFEES, met die tema: put Christ back into Christmas.

Ons het begin met die woorde uit Johannes Evangelie wat sê, “En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon” (Johannes 1:14).

Laas Sondag het ons gesels oor die naam wat Matteus Evangelie vir Jesus gee as hy uit Jesaja 7:14 aanhaal, “Die kind sal genoem word: Immanuel, wat beteken: God met ons.” (Matt 1:23)

In beide gevalle gaan dit oor Christus (i.e. Messias / Gesalfde) se teenwoordigheid in mý lewe. As ek nie die Woord (Christus) ervaar in my vlees en bloed nie, dan mis ek die essensie van waaroor die Christendom gaan.

As ‘Immanuel’ (teenwoordigheid van God) nie in elke aspek van my lewe is nie, wat sê dit van my verhouding met God, my medemens, en myself?

Kersfees gaan oor die geboorte van Jesus. Dit gaan oor God wat manifesteer in die fisiese werklikheid waarin ons leef. Dis ʼn seisoen van gee en omgee — geskenke, tyd, liefde, vriendskap, samesyn, en konneksie. Dis ʼn tyd om weer te onthou dat in die geboorte van Jesus, word Christus sigbaar in jou en my vlees en gees.

‘God met ons’ in my intensies en gedagtes, in ons aksies en reaksies, en die liefdevolle ervaring dat Kersfees ten diepste gaan oor ons eie (weder)geboorte.

Dit bring ons by eerskomende Sondag se gesprek as ons oor die derde aspek van Jesus se geboorte praat naamlik die Stem wat sê, “Dit is my Geliefde Seun. Oor hom verheug ek my.” (Matt 3:17, 17:5)

Wat beteken dit as jy hoor dat ook jý ʼn “geliefde seun en dogter van God” is?

Die vraag is nie: van wie praat God nie? Die vraag is: Wie luister? Die Stem van God wat in ʼn duisend plekke, op ʼn duisend maniere jou herinner dat jy ʼn ‘geliefde’ is.

Wie is daar onder ons wat nie hoop om elke dag van iemand te hoor dat jy ʼn geliefde is nie? Hoe dikwels sê ons vir onsself: mag hierdie boek, idee, kursus, reis, werk, verhouding, my diepste begeerte vervul om geliefd te voel?

Ons hardloop rond in sirkels opsoek na iets of iemand wat my sal herinner. Elke dag vlugtend, angstig en rusteloos op soek — op soek na ʼn oomblik se onthou en weet, jy is geliefd.

Om geliefd te voel beteken om veilig te voel; om te weet jy kan jouself wees sonder vrees vir veroordeling of verwerping. Om geliefd te voel is om ʼn vrede en vreugde te ervaar wat nie afhang van omstandighede nie. Om geliefd te voel, ontsluit die potensiaal sodat jy die beste weergawe van jouself kan wees.

Om geliefd te voel, is om te weet jy word gesien, gehoor, en gevoel… en te weet jou waarde word omarm en waardeer…

Ek gaan soek op my rak na die formidabele boek van Henri Nouwen – ‘Life Of The Beloved’ en lees weer wat onderstreep is.

“You have to keep unmasking the world for what it is: manipulative, controlling, power-hungry, and, in the long run, destructive. The world tells you many lies about who you are, and you simply have to be realistic enough to remind yourself of this. Every time you feel hurt, offended, or rejected, you have to dare to say to yourself: I am the Beloved of God.” ― Henri Nouwen

Dit is ʼn radikaal nuwe dimensie in ons menswees — om onsself te sien as ʼn GELIEFDE van God. Dit is jou Ware Self. Enige ander identiteit is ʼn illusie.

In ʼn gefragmenteerde wêreld is dit nodig om al die klein steentjies wat deel maak van jou werklikheid te sien as ʼn mosaïek in ʼn veel groter prentjie waar God na jou kyk en sê, ‘Jy is my Amadeus!’ (Amadeus in Latyn beteken: the beloved of God).

Nouwen gaan dan verder —

“As soon as someone accuses me or criticizes me, as soon as I am rejected, left alone, or abandoned, I find myself thinking, “Well, that proves once again that I am a nobody,” ... [my dark side says,] “I am no good... I deserve to be pushed aside, forgotten, rejected, and abandoned.” Self-rejection is the greatest enemy of the spiritual life because it contradicts the sacred voice that calls us the “Beloved.” Being the Beloved constitutes the core truth of our existence.”

Voor ek nie myself sien as ʼn Geliefde van God nie, gaan ek dit in niemand anders sien nie. Voor ek nie die Liefde van God ten volle aanvaar nie, gaan ek dit nie ervaar en van oorloop na ander nie.

Hoor jy daardie Stem? Ken jy dit… verstaan jy wat dit beteken?

As jy hierdie Liefde eers eenmaal geproe het, gaan jy nooit weer honger na die kitskos wat ons verwar met voedsel vir die siel nie. As jy eers eenkeer die Lig gesien het, gaan jy nooit weer in die donker rondtas nie. As jy eers hierdie Lewe gedrink het, gaan jy nooit weer dors na plastiek-water wat op ʼn vullishoop eindig nie.

Kom ons verken Sondag ʼn paar maniere om hierdie Liefde, Lig, en Lewe te kweek, koester, en te kultiveer.

Wees vandag ʼn Amadeus wat ʼn melodie skryf vir die Groot Simfonie.

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“When we keep claiming the light,
we will find ourselves becoming
more and more radiant.”

―  Henri J.M. Nouwen 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights