Surprised by Joy II

10 Februarie 2021

“I never ask God for success,
or wisdom, power or fame.
I asked for wonder,
and he gave it to me.
― Abraham Joshua Heschel 

Dis met vreugde dat ons eerskomende Sondag weer begin met ons Sirkel. Ons begin 10vm en die eerste 50 wat kom, kry ʼn sitplek. Ek sien met hartsverlange daarna uit om saam vir ʼn uur stil te word om mekaar te bemoedig en te inspireer sodat die wêreld waarin ons leef ʼn klein bietjie sin kan maak.

Ná 320 dae word aanvaar dat ons vriende en familie minder sien, maskers dra in die publiek, dat ons siek word en sommiges sterf ... en dat die emosionele en finansiële verlies wat met die pandemie gepaardgaan, nie bereken kan word nie.

… en tog, nieteenstaande, ten spyte van, desondanks gesels ons hierdie maand oor — SURPRISED BY JOY. Miskien is dit juis ten midde van ons onsekerheid dat ʼn mens teruggaan na die fundamentele waarheid van JOY — want JOY is om bewus te wees van die teenwoordigheid van God.

As Paulus die gemeente in Filippense herinner om altyd, in alle omstandighede, te kies vir vreugde en blydskap dan sê hy, “Wees bly, ek herhaal, wees bly!” en die woord vir ‘bly wees’ in Grieks is chairó (χαίρω) wat kom van die woord charís (χάρις) wat ‘grace’ beteken. Chairó beteken letterlik: to experience the grace of God.

Ons het laas week begin deur te sê: HAPPY and JOY are not the same thing — HAPPY comes from the outside and JOY comes from the inside; JOY sluit alle emosies in sonder om dit te moet fix of te wil ontken; JOY maak dat ons totaal anders na onsself, ons ewemens, en God kyk, en omdat ons anders daarna kyk, kan ons anders daarop reageer.

Hiervan is ek ook oortuig — only gratitude will give you JOY.

As jy nie met dankbaarheid en waardering leef nie sal jy nooit die invloed en omvang, die heerlikheid en verwondering van JOY ken nie.

Ons het laas week gepraat oor die afwesigheid van JOY lei tot sinisme, en as bitterheid eers sy tentakels in jou gedagtes geslaan het, word dit die bril waardeur ons na die hele wêreld kyk.

Gister vra ʼn man my tydens ʼn beradingsessie: “Why did you decide to become a minister?” en die enigste sinvolle antwoord waaraan ek kon dink was, “I want to create an experience where people will think about what it means to live with gratitude; what does it mean to not get caught up in all the mudslinging and blame-games; what does it mean to have a meaningful connection between you and God, and people around you.”

Is dit nie ons almal se doel en taak nie? Is ons almal nie daartoe geroep om mense om ons te inspireer om liefde te kies bo vrees, vergiffenis bo skuld, vreugde bo sinisme nie? Ons wil tog mense met JOY agterlos as ons die vertrek verlaat?

Wat moet ek en jy doen om oop te wees vir hierdie Goddelike VREUGDE, dit ons eie te maak, en dit na die wêreld om ons te reflekteer?

In Japannees is daar ʼn woord: Ikigai wat letterlik vertaal word met — a reason for being … met ander woorde: die rede waarom ons soggens opstaan.

Hoe kry ons Ikigai …?

  1. Do something that you love — love is doing good beautifully … let love reveal your PASSION
  2. Do something that the world needs — almal is belangrik, die dokter én die man wat die asdromtrok bestuur … let your passion create your VISION
  3. Do something that pays enough — ja, arbeider is sy loon werd; ons het ʼn inkomste nodig om die huur te betaal, kos te koop, kinders se skool en ons mediese rekeninge … make your vision your PROFESSION
  4. Do something that you are good at — doen wat vir jou vreugde bring; sit die moeite in om die beste te wees wat jy kan … and do it with joy because joy will give you meaning and meaningfulness will be your VOCATION

Dít is Ikigai.

VREUGDE is die akkoord; lewe is die melodie.
VREUGDE is die skarnier; lewe is die deur.
VREUGDE is die resep; lewe is die maaltyd.

Choose JOY! Always.

“You will show me the way of life;
In Your presence is fullness of joy;
In Your right hand there are delight forever.”

— Psalm 16:11

Dit is genoeg vir vandag!

Soos altyd
Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Joy is in the journey
and not in some distant goal.”

― Tim Cook 

 

'n Paar belangrike skakels om te besoek:

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Ons Sondae Sirkel begin weer
14 Februarie 2021
Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights