Surprised by Joy III

17 Februarie 2021

“Sometimes your joy
is the source of your smile,
but sometimes your smile
can be the source of your joy.
― Thich Nhat Hanh 

As jy toegang het tot tegnologie om hierdie woorde te kan lees, ʼn dak oor jou kop en iets om te eet in die yskas, ʼn bed om op te slaap, ʼn badkamer met toegang tot vars water, jou eie vervoer en toegang tot ʼn skool en hospitaal het, dan is jy deel van die top 10% van ons bevolking … met twee hande vol redes om vandag oor te loop van dankbaarheid en vreugde.

Marianne Williamson herinner ons —

  • “Joy is what happens to us when we allow ourselves to recognize how good things really are.”

Ons tema vir die maand is — SURPRISED BY JOY — en het reeds ʼn paar insigte onderstreep wat belangrik is om te weet: die afwesigheid van vreugde is sinisme; JOY is in giving, JOY is in being, JOY has no shame in repeating itself again and again; and above all — only gratitude will give you JOY.

David Steindl-Rast verwoord dit mooi —

  • “The root of joy is gratefulness... it is not joy that makes us grateful; it is gratitude that makes us joyful.”

VREUGDE is wat ons toelaat om deur ons te gebeur as ons bereid is om ons gedagtes, hart, en siel oop te maak vir hierdie Goddelike fontein.

Iemand vra ná Sondag se gesprek: “Hoe vind ʼn mens vreugde as almal om jou so negatief is?” Die antwoord is eenvoudig: wanneer jy dit kies. Vreugde is ʼn keuse — it is a change of mind (metanoia). Elke dag, weer, en nog ʼn keer vra ek: O Heer, wys my hoe.

Onthou ek weer dié waarheid van Roy T. Bennett uit sy wonderlike boek, ‘The Light in the Heart’

  • “It’s important that what thoughts you are feeding into your mind because your thoughts create your belief and experiences. You have positive thoughts, and you have negative ones too. Nurture your mind with positive thoughts: kindness, empathy, compassion, peace, love, joy, humility, generosity, etc. The more you feed your mind with positive thoughts, the more you can attract great things into your life.”

By Neo-Spektrum vier ons die ‘doop’ as ‘A Celebration of Life’ en wanneer die ouers met hul kind voor by my staan, laat ek hulle drie beloftes aflê:

  1. Leer jul kind om te deel — wanneer ons deel, onthou ons dat ons net kan gee wat ons het … al ons emosionele pyn word gebore uit die idee van ‘gebrek’ (lack) dat ons nie genoeg het, nie genoeg is nie. As ek liefde wil ervaar, gee dit; as jy na vrede verlang, gaan maak dit; as jy voel jou vreugde loop droog, maak die sluise oop.
  2. Leer jul kind die krag van vergiffenis — waar ons vergewe kom ons vry uit die tronk van bitterheid en verwyte wat ons om onsself bou … vergiffenis het niks te doen met wat ʼn ander persoon aan my gedoen het nie, maar om my gedagtes en reaksies op dit wat gebeur het te vergewe.
  3. Leer jul kind dat God altyd met ons in gesprek is — op ʼn duisend plekke, in ʼn duisend stemme as ons net bereid is om te luister.

Solank jy sê, “Dis nie maklik nie!” sal dit jou realiteit wees, maar as jy sê, “Dit is moontlik!” gebeur daar iets wonderlik en vind ons weer die oase van VREUGDE.

Ja, alles om ons, elke advertensie wat nóg ʼn ‘sponsored ad’ in ons kele afwurg, verkoop aan ons die illusie: ‘BIGGER IS BETTER’ terwyl ons gut, ons water, elke sel in ons siel weet dit is nie waar nie … to share, to forgive, to love is better, to serve is better ... to create is better; to delight, to nourish, to provide, to teach, to heal, to connect, to build is BETTER!

HOE? — as jy in die oggend opstaan, vat ʼn oomblik om vir jouself te sê, “Vandag kies ek vreugde in elke aksie en reaksie.”

Groet ʼn vreemdeling; bel ʼn vriend; kyk hoe die son opkom en stop om die son te sien ondergaan; doen iets vir die eerste keer; begin ʼn dagboek; sê “goeiemôre”, “goeienag”, “dankie”, en “asseblief” ...

Maak tyd vir stiltetyd; pak jou kaste reg en gee weg wat jy nie gebruik nie; brand ʼn kers vir ʼn geliefde; lag meer; maak ʼn bydrae aan ʼn instansie wat ʼn daadwerklike verskil maak in ander se lewe; en kry vir ʼn verandering ʼn goeie nagrus.

Die Talmud leer —

  • “A person will be called to account on Judgement Day for every permissible thing he might have enjoyed but did not.”

Dis in jóú hande om ʼn verandering te maak. Moenie dat hierdie dag verbygaan as net nóg ʼn dag nie.

Leer om te deel. Leer om te vergewe. Leer om te luister.

Choose JOY
— come on, I dare you
be surprised by JOY!

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“You start dying slowly
If you become a slave of your habits,
Walking everyday on the same paths…
If you do not change your routine,
If you do not wear different colours
Or you do not speak to those you don’t know.

― Martha Medeiros 

 

'n Paar belangrike skakels om te besoek:

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Elke Sondag om 10h00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville

Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights