Surprised by Joy

3 Februarie 2021

“There are those who
give with joy, and that
joy is their reward.

― Kahlil Gibran 

Die laaste 10 maande is ons blootgestel aan soveel emosies. Daar is skok oor ʼn pandemie en wat daarmee gepaardgaan; daar is ontkenning dat net ‘ander mense’ die virus gaan kry; en meer as ʼn handvol ‘conspiracy theories’ wat die oorsaak en gevolg van Covid-19 is; daar is woede oor die implikasies van inperking en die magtelose gevoel dat korrupte politici die pandemie gebruik om hulself te verryk … maar die oorheersende emosie is onsekerheid.

Wanneer onsekerheid ons oorval, soek ons ʼn scapegoat. Iemand moet die SKULD kry! As daar niemand is nie, draai ons op onsself dat dié goed met my gebeur, want ek is nie gelowig, getrou, goed genoeg nie — of ons glo dit gebeur om ons geloof te toets, of om my hoop te versterk, wat beide loutere onsin is, want dit impliseer dat God in die pandemie-besigheid is, wat gewoon nie waar is nie.

Ons het laas maand gevra: hoe moet ons sinvol omgaan met hierdie tyd van onsekerheid en toe die drie pilare van ons geestesdenke bespreek — GELOOF, HOOP, en LIEFDE. Ons het by name gepraat oor die verantwoordelikheid wat ons vat om geloof, hoop, en liefde te kweek, koester en te kultiveer sodat ons nie onsself oorgee aan sinisme nie.

Die onsekerheid van die laaste jaar het ons inderdaad sinies gemaak. Sosiale media en koerante verstik aan hierdie skeptiese pessimisme, en ons gemoed het die refrein geword van die digter in Prediker (1:2) as hy sy digbundel begin met die woorde —

“Meaningless! Meaningless!”
says the Teacher.
“Utterly meaningless!
Everything is meaningless.”

Die Hebreeuse woord vir ‘meaningless’ is הֶבֶל (hêwêl) wat vertaal kan word met: vapour, mist, fleeting, vanity … wat hande in die lug gooi met ʼn versugting van sinisme.

Sinisme ontkiem waar ons te lui is om te dink. Te lui om te sien, te ruik, te hoor, te proe, te voel, sodat ons 'gratitude, thankfulness, and appreciation' kan hengel ... selfs “al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie.” (Habakuk 3:17)

Sinisme word gebore uit veralgemening waar elke sin begin met: ALLES, ALMAL, ALTYD. Ons hou daarvan om ons te verlustig in pyn en lyding, want so (glo ons) wen ons simpatie van ander.

Ons hou daarvan om te vergelyk sodat ons ons bitterheid kan regverdig. “Comparison is the death of JOY het Mark Twain gesê …

... en dit is waaroor ons Februarie gaan gesels: SURPRISED BY JOY … wat in die ritme van ons lewensvloei, in die gewonigheid van elke dag, weer VREUGDE sal vind. Meer as ooit honger en dors ons na vreugde, blydskap, en welbehae.

In die antieke tale lê ʼn goeie verstaan van wat die begrip ‘JOY’ beteken. In Hebreeus is daar die woord שָׂמַח (samach – soos in Bach) wat beteken: joy … feeling evoked by well-being, great pleasure, leaning towards with delight. Die Griekse woord is nog interessanter, want dit is χαρά (gará) wat vertaal word met: joy, gladness, favour. Twee woorde wat dié stam gebruik is χαρίζομαι (garizomai: give freely, show kindness) en χάρις (garies: grace, blessing, loving-kindness).

Uit die Joodse én Griekse wêreld is dit duidelik — JOY has to do with doing love and kindness, and being grace and blessing.

Hoeveel keer het ons dit die laaste paar weke gesê: ons wil die heeltyd HAPPY wees sonder om te verstaan dat JOY iets gans anders is. HAPPY kom van buite, JOY kom van binne. HAPPY sê, “As ek dit of dat het, sal ek HAPPY wees.” JOY sê, “Ek het alles wat ek nodig het reg voor my, ongeag waar ek is en wat die omstandighede is!”

JOY is alomteenwoordig. JOY het plek vir hartseer en twyfel, moedeloos en spanning. JOY leef nie in ontkenning of probeer alles fix nie. JOY is in the giving … it is the moments when everything is at peace in the world even if it hurts — when all is well, even if it isn’t. “JOY is not in things; it is in us” het Richard Wagner gesê, en wat Pierre de Chardin bevestig met, “JOY is an infallible sign of the presence of God.”

JOY is so much more than just being in a good mood. JOY is much more than having it your way, all the way. JOY says, “Here I am … I am here … I am here!”

  • Gisteraand word ek wakker en hoor deur die muur wat my skei van my buurvrou ʼn baba huil. Skielik is ek oorweldig deur JOY vir die geluid van nuwe lewe en die eindelose vreugde van onvoorwaardelike liefde.
  • Ek staan voor my kas en sien ʼn hemp uit Barcelona en word oorrompel deur JOY in die herinnering van ʼn natreëndag toe ek dié hemp in die Ramblas gekoop het.
  • Haastig op pad na ʼn afspraak sien ek ʼn boemelaar op die hoek wat ʼn hondjie by hom het. Verras deur JOY stop en buk ek om die hond te streel. Dit lyk of die man se gesig die son ingesluk het toe ek vra wat is die hondjie se naam. “Cyril,” skitter hy, “soos onse Président,” terwyl hy trots en tandloos lag.
  • ʼn Paartjie op die promenade gee mekaar ʼn soen en ek stop en sê, “Give me your phone!” Die man skrik en vra, “Why?” terwyl hy sy foon oorhandig. “Kiss her again, I want to take a picture ...” antwoord ek, en met ʼn druk van knoppie loop ek oor van JOY.

JOY has no shame in repeating itself, again and again ...
... al wat ons moet doen, is om oop te wees daarvoor sodat dit deur ons kan vloei.

Vreugde vir jou dag

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Optimists find joy
in small things.
They are more concerned
with having many small joys
rather than having one huge joy.”

― Robert M. Sherfield 

 

'n Paar belangrike skakels om te besoek:

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Ons Sondae Sirkel begin weer
14 Februarie 2021
Ons hou julle op hoogte van die reëlings

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights