Spyt gee insig om te leer II

“Regrets are not to remind us what we did badly, it is to remind us that we could do better.”― Kathryn Schulz —

Ons sluit ons gesprek af oor die onderwerp van ‘SPYT’ — die teleurstelling en hartseer oor keuses wat gemaak is.

‘Spyt’ het altyd te doen met keuses, het ons laas week gesê.

Spyt en berou is nie dieselfde ding nie… spyt is die emosionele pyn wat ons ervaar oor ʼn keuse van die verlede terwyl berou die die foute (wonde) wat ons gemaak het erken en verantwoordelikheid neem daarvoor.

ʼn Mens sou kon sê dat spyt is wat ʼn mens voel teenoor jouself, en berou is wat die implikasies en konsekwensies van daardie keuses is teenoor andere.

Meer as ooit in die mens se geskiedenis is ons oorweldig deur keuses. Of dit die loopbaan is wat ons kies of die lewensmaat om mee saam te leef; die plek waar jy woon of motor waarmee jy ry; die sosiale kring waarin jy beweeg of die vriende wat jy na aan jou hou, is alles keuses en ʼn besluit wat ons neem.

Om nie eers te praat oor hoe verbouereerd dit my maak om in ʼn winkel te staan met al die keuses van wat se pap of pasta, kaas of beskuit om te koop nie. Ons word gebombardeer met ʼn verbysterende hoeveelheid keuses wat ons elke dag moet maak.

Dit het gemaak dat ons vasgevang is in die groef van ‘getting it right’ en as ons faal, beteken dit dat ander jou gaan oordeel en uiteindelik gaan verwerp.

Wat is die Top 10 ‘REGRETS’ wat mense het, veral hulle wat in die Herfs of Winter van hul lewe is:

1. Te hard gewerk — niks verkeerd met hard werk nie, maar as dit ten en koste van jouself, jou gesin, en 'n gesonde emosionele en spirituele lewe is, dan kom spyt (gewoonlik) te laat

2. Wees jouself — nie soveel in die verwagtinge en verpligtinge van ander te geleef het nie, en hopeloos te veel energie spandeer het aan die opinies van ander

3. Verhoudings — hetsy dit 'n verhouding was waarin jy te vinnig gegaan het miskien omdat jy gevoel het dis wat jy toe nodig gehad het of wat van jou verwag is —of— 'n verhouding wat jy te vinnig laat gaan het en spyt is omdat jy eers later die waarde daarvan besef het

4. Dapperheid — die goed wat ons geweet het, is die regte ding om te doen maar nie moedig genoeg was om te doen wat ons moes doen nie… dit sluit in om op te staan teen boelies en te weet wanneer om ‘Nee!’ te sê, asook om sterker boundaries te kon hê sodat ander nie oor jou beddings loop nie

5. Selfvertroue — die knaende emosies van nie goed-genoeg voel nie, nie die moeite werd om iets beter vir jouself te wil hê nie, en om vasgevang te wees in die rat van fake-it-till-we-make-it sonder om te weet hoe sleg dit vir ons selfwaarde was

6. Potensiaal — daar is baie ‘regrets’ dat ons nie meer bereik het in ons lewe nie, soos ondermeer dat ons meer sou wou reis en nuwe plekke ontdek het; of nie 'n stokperdjie ontwikkel tot iets meer nie, byvoorbeeld: wou so graag 'n roman skryf of my hand aan 'n kwas op 'n verfdoek wou waag, 'n sjef of tuinbou kursus wou doen maar uitgestel vir 'n later wat nooit gekom het nie

7. Intuïsie — sou meer die stem van die siel en die taal van die hart wou vertrou het en toe my aanvoeling my gewaarsku het dit geïgnoreer het, of toe my water gesê het “spring en jy sal vlieg” geswik het voor my vrese

8. Humor — ek moes meer gelag het, veral vir myself en nie alles so damn ernstig en persoonlik opgevat het nie, en meer uit-rat die lewe toegelaat om ons te vat waar die Lewe ons wil hê nie

9. Laat los — vir só lank vasgehou aan die hoop dat gister sal môre anders uitspeel, en gefikseerd was oor die dinge van die verlede en nooit geleer het om te LET GO nie

10. Goue oomblikke — elke dag het sulke oomblikke wat sin gee aan die onsin waarmee ons onsself besig hou: soms is dit die reuk van koffie en die geur van lamskerrie, die geluid van reën teen my ruit, 'n nuwe lied te hoor wat alles sê waaroor jy nie praat nie, die soen van my kind wat “Dankie!” sê, of die gebaar van liefde in 'n klein geskenk — dis die herinneringe wat ek in my spens moes pak en nie die gehakketak van elke dag se gekarring nie

... en wat het al tien ingemeen — dat ons by verre meer spyt is oor die goed wat ons NIE gedoen het nie, as die goed wat ons wel gedoen het.

Spyt is altyd meer pynvol as verandering en dis die keuse vandag: regret or change?

YOUR MOVE!

Ons sluit Sondag ons tema af oor Spyt en Selfverwyt. Kom ons kyk na praktiese goed wat ons kan doen om ons verleentheid te verander in ʼn geleentheid om te groei en ʼn beter weergawe van onsself te wees.

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Many people choose to dwell on their failures. This leads to unnecessary worrying, regret, shame, and stress. Instead of dwelling on the past, you can reflect on your experiences and use negative situations as a learning experience.”

―  Morris Pratt 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights