LITURGIE: 27_mei_2018
Vir ʼn maand lank gesels ons oor: SPORE VAN HOOP — van wat die begrip ‘HOOP’ beteken. Ons het begin met VOETE-OP-DIE-GROND en daarna gesels oor EEN-TREE-VORENTOE en toe, MAAK-JOU-VLERKE-OOP en eerskomende Sondag sluit ons af met, VLIEG!
Die Vier V’s van VOETE, VORENTOE, VLERKE en VLIEG!
Ons het gepraat oor HOOP wat meer as behoeftes, drome, wense, en optimisme is. Hoop is meer verwagtend as ʼn verwagting. Hoop is wat swangerskap vir ʼn vrou is — sy het nie ʼn verwagting om swanger te wees nie, sy ISverwagtend. Daar is iets waaraan sy enersyds aktief deelneem en andersyds toelaat om deur haar te gebeur. Dít is hoop! Hoop is nie passief nie. Hoop is nie staties nie. Hoop is ʼn reis waarin ons die kronkel-kronkels en klip-kerwe vat soos dit kom want ons weet ons eindbestemming is die oseaan. Ons deins nie terug vir die stroomversnellings en watervalle nie. Ons hou aan vloei. Ons hou aan groei.
Die wêreld verstaan nie hierdie spirituele gawe nie. Vir die wêreld is hoop, ambisie. Word hoop gesoek in strukture en korporatiewe sisteme. Is hoop iets wat jy moet verdien. Die bank gee hoop. Nog ʼn verhouding, nog ʼn huis, nog ʼn nuwe werk, nog ʼn sterretjie op die voorkop — dis die goed wat ons glo moet ons hoop laat ontkiem en so jaag ons na die wind ... gaan staan ons water stil en word dit brak.
Hoop gee perspektief. Hoop plaas goed in konteks. Hoop ontsluit die potensiaal van endless possibilities. Hoop lê aan die binnekant. Die krag van God vloei vanuit ons binneste. Help nie ons soek dit in alles wat vir ʼn tydjie die honger en dors stil nie want dis al wat dit is, net tydelik en die kenmerk van ʼn verslaafde. ʼn Afhanklike van ʼn temporary fix ... ons sit in kou waarvan die deurtjie oop is maar ons is te vrek bang om te vlieg want wat van die wind, die reën, die roofdiere, die ander voëls met groter, mooier vlerke?
Maar dis die mens — ons weet alles van ʼn vliegtuig; ons het die T-shirt en die video; ons sit in die cockpit en ry in sirkels al om die aanloopbaan; maar die moed begewe ons om die neus teen die wind te druk en op te styg. Hoop laat jou vlieg!
Blaai ek deur Matt Haig se boek ‘Reasons to Stay Alive’ opsoek na ʼn ander aanhaling wat ek wil gebruik en kom toe af op die onderstreepte waarheid, “The world is increasingly designed to depress us. Happiness isn’t very good for the economy. If we were happy with what we had, why would we need more? How do you sell an anti-ageing moisturiser? You make someone worry about ageing. How do you get people to vote for a political party? You make them worry about immigration. How do you get them to buy insurance? By making them worry about everything. How do you get them to have plastic surgery? By highlighting their physical flaws. How do you get them to watch a TV show? By making them worry about missing out. How do you get them to buy a new smartphone? By making them feel like they are being left behind. To be calm becomes a kind of revolutionary act. To be happy with your own non-upgraded existence. To be comfortable with our messy, human selves, would not be good for business.”
Het ons nie dalk ons HOOP verloor toe ons ʼn monetêre waarde aan ons happiness geplaas het nie? In ʼn wêreld wat toenemend vir jou sê wat jy nie-is-nie, nie-het-nie, waar jy tekortskiet en kortkom, in die illusie van ‘gebrek’ (lack) is daar geen kans vir ons skoot om bevrug te word met GELOOF wat geboorte sal gee aan LIEFDE nie.
Skryf Matt Haig verder, “Wherever you are, at any moment, try and find something beautiful. A face, a line out of a poem, the clouds out of a window, some graffiti, a wind farm. Beauty cleans the mind.” Vlieg gee vir jou ʼn hemelse perspektief. Skielik is alles mooi. Sien ons die eenheid en verbintenis tussen alles. Soms as ek sit en werk dan sit ek die ISS (International Space Station) se LIVE FEED op ʼn ander rekenaarskerm en hou dop hoe die blou albaster goon waarop ons woon verby draai ... die wolke wat nooit dieselfde lyk nie en kyk ek hoe lank dit vat voor ek kan sien waar oor die planeet vlieg hulle. Wonder ek hoe ons een enkele bom kan gooi, een enkele individu kan vloek, een enkele kind honger kan laat gaan slaap as ek na ons planeet kyk met sy dun atmosfeer-membraan.
Waar daar liefde is, is daar hoop. Hoop verander, vernuwe en verfyn ons spirituele oë en ore. Hoop laat jou droom met oë oop. Hoop laat jou sien as dit donker is. Hoop help jou om anders te dink, anders te doen, anders te reageer en te onthou wie jy is as ʼn vloed alles om jou wegvee of soos Haig dit opsom: “Once the storm is over you won’t remember how you made it through, how you managed to survive. You won’t even be sure, in fact, whether the storm is really over. But one thing is certain. When you come out of the storm you won’t be the same person who walked in. That’s what this storm’s all about.”
Kom sluit Sondag saam met ons af as ons gesels oor Voete, Vorentoe, Vlerke, Vlieg ... kom skep HOOP — dit is verniet!
ACIM — Stad 4 Junie (19h30 — en Kolping 31 Mei (19h30)
— Lessons 60-62 --
[Lees asseblief elke dag 'n stukkie uit ACIM]
GEDAGTE VIR DIE WEEK
"The moment you doubt whether you can fly, you cease for ever to be able to do it."
― J.M. Barrie, ‘Peter Pan’ ―