Spirituele Volwassenheid IV

“Maturity is when you stop making excuses and start making changes.”
— Roy T. Bennett —

So kom ons aan die einde van ons maand se gesprek oor Spirituele Volwassenheid — wat elke aspek van ons menswees raak.

In een van Brené Brown se video’s op YouTube vra sy,

“Imagine waking up every day feeling grounded, yet curious; compassionate, yet resilient; wise, yet open to learning more. What if we could cultivate a life where every challenge deepens our wisdom, where every encounter sharpens our empathy, and where every new experience excites our soul?”

Wat beteken: “Feeling grounded” —

Dit is om eg en eerlik met jouself te wees, teenwoordig in die hier en nou, en ʼn konneksie ervaar met jouself en die wêreld om jou. Daar is ʼn innerlike kalmte wat nie op hol raak deur die geringste dingetjie nie. Dit is om innerlike vrede te hê te midde van die lewe se uitdagings.

Daar is groter beheer oor ʼn mens se emosies en gedagtes wat maak dat ʼn mens nie so oorweldig voel nie, en as jy doen, weet jy waar is jou Ware Noord.

Spirituele Volwassenheid bring ʼn dieper verstaan van jouself en die vermoë om ʼn lewe van betekenis en vervulling te hê. Dit gee vir ons die moed om meer dapper te wees in ons besluite, minder impulsief, meer geanker in ons Spirituele Wysheid wat nie gegooi word deur omstandighede nie.

Dit is ook belangrike komponent om enige verandering aan te pak met grasie en deursettingsvermoë. Dit is ʼn fondasie wat help om onsekerheid beter te navigeer, en om te laat los wat nie ons kernwaardes (i.e. waarheid) voed nie.

Met ander woorde, om jou geloof prakties uit te leef en jou verhouding met God sigbaar te maak in en deur alles wat ons doen en is.

“Spiritual intelligence is the capacity to apply spiritual insights to everyday life, making wise decisions based on inner guidance and understanding. Groundedness is central to this because it helps people access and apply spiritual wisdom in practical ways. When someone is grounded, they aren’t easily swayed by emotional highs or lows, and they can better reflect on situations, leading to more thoughtful decisions.” — Danah Zohar

Ek het geen behoefte om eendag te ‘RUS IN VREDE’ nie, ek wil vandag, hier waar ek nou is, ‘LÉÉF’ IN VREDE — en Spirituele Volwassenheid wys my HOE.

Wat dit van ons vra, is om te weet wat werklik vir jou belangrik is. Om te belê in dit wat waarde toevoeg, en om met meer dankbaar, meer waardering, te leef.

Vra jouself of jy werklik belyn is met dit wat jy sê jou geestelike waardes is? Hoekom het ons so gebrek aan Spirituele Wysheid om die groter prentjie te sien?

Dit is maklik om te sê dat ons WYSHEID na waarde ag, maar doen weinig om tyd en plek te maak vir self-refleksie.

Hoe lyk ons dankbaarheid en waardering vir selfs iets klein; ons compassion en empatie teenoor hulle wat niks vir ons kan doen nie; ons vreugde en vrede ongeag of dit goed gaan? Weet ons nog hoe om die buitengewone in die gewonigheid van elke dag te vind?

Stel jou voor — jy word wakker in die oggend en in plaas van op jou foon klim om deur sosiale media te blaai, of na die kantoor te jaag om jou TO-DO lys te begin, besluit jy om vir 'n minuut of twee stil te word vir 'n oomblik se dankbaarheid.

Jy tap in ʼn dieper Spirituele Wysheid en vra: wat maak regtig saak; waar gaan ek 'n verskil maak; hoe gaan ek die beste weergawe van myself wees vandag?

By die werk maak jy ʼn keuse om uitdagings met ywer en geesdrif aan te pak; in plaas van uitstel, of ongeduldig raak, of aannames maak, gaan ek myself vra: wat kan ek leer hier uit, en hoe kan ek as mens groei?

In jou verhoudings — in plaas van om altyd REG te wil wees of jou sin te kry, kan ons eerder ons ‘konneksie’ prioritiseer. Luister om te verstaan, en nie om te reageer nie.

Dit is die lewe van ʼn Spirituele Volwasse persoon — nie perfek nie, maar aanhoudend besig om te leer en te groei.

“Wholeness does not mean perfection: it means embracing brokenness as an integral part of life.” — Parker Palmer

Kom ons gesels Sondag oor Spirituele Wysheid in Praktyk —

Kennis verduidelik, ervaring verstaan, maar wysheid luister. Om te kan hoor vra ʼn rustigheid, ʼn kalmte, ʼn stilte. Wysheid ontsluit haar krag waar daar balans en harmonie is.

Tranquility brings equilibrium where sight becomes insight (i.e. wisdom).

Spirituele Wysheid maak dit moontlik om die groter prentjie te sien, meer perspektief op die nuanses van ons dag tot dag lewe, en om verantwoordelikheid te vat vir ons aksies en reaksies.

  1. Ons gaan kyk na eenvoudige asemhaling oefeninge om jouself weer te anker veral as jy gespanne is.
  2. Ons gaan gesels oor wat dit beteken om meer bewustelik en oplettend te leef.
  3. Ons gaan praat oor hoe om meer dankbaarheid te koester, kweek, en te kultiveer.
  4. Ons gaan (weer) die noodsaaklikheid van gebed, meditasie en stiltetyd bespreek.
  5. Kom ons behandel al die moontlikhede om meer Wysheid te hê.

— want NIKS waaroor ons dié maand gesels het, gaan ooit gebeur as ons nie met meer dissipline en toewyding ons body-mind-soul in balans kry nie.

Kom gesels Sondag saam!

Met liefde, soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“To love pleasure takes little. To love truly takes a hero who can manage his own fear.”  
― Clarissa Pinkola Estés ―

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights