Spirituele Volwassenheid II

Potgooi:

 

“Gratitude is not just a reaction to receiving—it's a recognition and acknowledgment of the abundance that's already present.”— Kristi Nelson —

Ons het laas week afgeskop met ons tema oor SPIRITUELE VOLWASSENHEID en om dit in konteks te sit, moet ons eers verstaan wat is EMOSIONELE VOLWASSENHEID:

  • Dit begin met die vermoë om verantwoordelikheid te vat vir ons aksies en reaksies, ons keuses en besluite.
  • Dit gaan oor self-awareness wat 'n dieper verstaan is van wie jý is — jou sterk en swakpunte, jou waardes en invloed op ander.
  • Dit gaan oor effektiewe kommunikasie wat kan sê wat jy dink en voel en dit op 'n manier kommunikeer sodat die ander persoon jou hoor en verstaan.
  • Dit gaan oor aanpasbaarheid en om oop-kop te wees: ontvanklik vir nuwe idees, perspektiewe, en ervarings maar ook bereid om te verander, aan te pas, en om met nugterheid weer balans te vind.

Die eerste hoeksteen van Spirituele Volwassenheid waaroor ons gepraat het, is die begrip: GENADE.

Ongelukkig dink die meeste Christene aan ‘MERCY’ wanneer hulle die woord ‘genade’ gebruik, en nie aan ‘GRACE’ nie.

Ek het al dikwels in my lewe vir mense gevra wat hul verstaan as hulle die woord ‘genade’ hoor, en die meeste sê iets in die lyn van die volgende —

“Dit is kwytskelding, vergewing, verlossing van ons sonde. Dat ons verdien om gestraf te word maar God het genade met ons.”

Die ‘genade’ (grace) waarvan ons hier praat, het niks met skuldig en kwytskel of straf en vergiffenis te doen nie.

Uit ʼn Joodse perspektief het die twee woorde vir ‘genade’ (‘chein’ en ‘chesed’) te doen met die liefdevolle-goedheid van God.

Dit is verniet en word nie verdien nie. Dit kom nie met voorwaardes of verpligtinge nie. Ons kan niks doen om dit méér of minder te maak nie. Dit is allesinsluitende en allesomvattend. Dit is nie vir die een meer as vir die ander nie. Dit is nie tot voordeel van één godsdiens bo die ander nie. Dit is volmaak volledig... vir ALMAL, ALTYD.

Sinonieme vir die woord GRACE is: loveliness, beauty, kindness, benevolence, blessing, and thanksgiving.

Die tweede hoeksteen van Spirituele Volwassenheid is ʼn woord wat afgelei word uit die Griekse woord vir ‘grace’ (charis) en dit is: GRATITUDE (dankbaarheid).

Dankbaarheid is veel meer as net ʼn “Dankie!” Dit is ʼn diep herkenning van die goedheid wat ons omring, en ʼn bewustelike erkenning van die mildelike seëninge wat ons ontvang — maak nie saak hoe klein of groot dit is nie.

Om ʼn gesindheid van dankbaarheid te kweek en te kultiveer het ʼn direkte invloed op elke verhouding waarin ons staan. Dit verlig (relief and illuminate) elke situasie waarin ons is. Dit bring ʼn nederigheid in ons interpersoonlike verhoudings en het ʼn diepgaande invloed op ons geestelike lewe.

Dit reflekteer die eerbied en respek wat ons het vir die Goddelike invloed op ons lewe en is vir seker die hoofslagaar na ons onvoorwaardelike liefde.

“Gratitude unlocks the fullness of life. It turns what we have into enough, and more. It turns denial into acceptance, chaos to order, confusion to clarity. It can turn a meal into a feast, a house into a home, a stranger into a friend.” — Melody Beattie

Dit is fassinerend dat selfs die wetenskap erkenning gee aan die invloed van dankbaarheid op ons fisiologie. Studies het bewys dat deur dankbaar te leef, stel ons brein dopamien en serotonien vry wat bydra tot ʼn gevoel van vreugde, tevredenheid, en algehele welsyn.

As ʼn gemeenskap, het ons kollektiewe dankbaarheid ʼn profound impak op die samelewing waarin ons leef. Die rimpeleffek daarvan sypel deur na uitreik-programme, ondersteuning aan behoeftiges en gespreksgroepe — kortom, om meer te gee as wat jy vat.

Kom ons kyk eerskomende Sondag na 5 redes waarom dankbaarheid so kardinale rol speel in ons Spirituele Volwassenheid:

  1. Skuif in Perspektief — dit help ons om die fokus te skuif van wat ons dink ons NIE het nie na 'n waardering vir wat ons het.
  2. Beter Geestesgesondheid — dit verminder stres, angs, en 'n kroniese gevoel van ongelukkigheid, en help selfs met ons slaap patrone.
  3. Verdiep ons Verhoudings — dit versterk sosiale bande, en skep 'n positiewe omgewing waarin mense daarvan hou om in jou geselskap te wees.
  4. Sterker Uithouvermoë en Aanpasbaarheid — dit bring selfversekerdheid en gee ons die moed om uitdagings aan te pak en deur te sien.
  5. Die Waarde van Waardering — dit bring groter empatie en deernis, meer egtheid in ons interaksies, hegter konneksies, en 'n gevoel van self-waarde.

Daar is by my geen twyfel dat die heilige drie-eenheid van ʼn betekenisvolle lewe wat gevul is met liefde, vreugde, vriendelikheid, en vrede is: gratitude, thankfulness, and appreciation.

“Maak dankbaarheid die kussing waarop jy elke aand kniel.” het my pa altyd gesê.

Net vir vandag, of miskien hierdie week, maak elke dag ʼn lys van VYF goed waarvoor jy dankbaar is — en kyk wat die invloed daarvan is op jou lewe.

Met waardering.

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“When you arise in the morning, give thanks for the morning light, for your life and strength. Give thanks for your food and the joy of living. If you see no reason for giving thanks, the fault lies in yourself.”― Tecumseh 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights