Spirituele Volwassenheid

Potgooi:

 

“It is not possible to grow spiritually beyond your emotional immaturity.”— Andrea Anderson Polk —

Dit is ʼn nuwe maand en tyd om ʼn nuwe tema aan te pak om hierdie maand, met sy ekstra dag in Skrikkeljaar, sinvol te maak sodat ons ook hierin kan groei en sal terugkyk met die wete dat dit betekenisvol was.

Ons gaan dié maand gesels oor: SPIRITUELE VOLWASSENHEID.

Emosionele volwassenheid word dikwels geassosieer met om ʼn ‘grootmens’ te wees, maar ons weet dat volwassenheid niks te doen het met jou kronologiese ouderdom nie. Jy kan ʼn agtjarige kry met meer volwassenheid as ʼn veertigjarige.

Dit omvat emosionele, psigologiese, en sosiale ontwikkeling wat 'n individu se vermoë weerspieël om die lewe met wysheid, verantwoordelikheid, aanpasbaarheid, en uithouvermoë te navigeer.

Hier is 7 voorbeelde van situasies wat volwassenheid by individue weerspieël:

  1. Self-Awareness

Ons het laas maand ook hieroor gesels. Volwassenheid sluit 'n dieper verstaan van jouself in — om jou sterk en swakhede te ken, jou waardes, en die invloed van jou aksies en reaksies op ander. Dit lei jou besluitneming en interaksie met ander.

  1. Open-Mindedness

Dit beteken om oop-kop te wees en ontvanklik vir nuwe idees, perspektiewe, en ervarings. Dit is 'n bereidwilligheid om te leer en te groei dwarsdeur 'n mens se lewe.

  1. Taking Responsibility

Om verantwoordelikheid te vat vir jou aksies en reaksies, keuses en besluite. Om nie ander, of eksterne faktore, te blameer vir hoe jy voel en optree nie.

  1. Adapting to Change

Volwassenes is bereid om aan te pas met verandering, en deur onsekerheid te kom met veerkragtigheid. In plaas van om vas te skop teen verandering, dit te omarm as deel van die lewe. Veral in stresvolle situasies is daar steeds kalmte en nugterheid om weer balans te vind.

  1. Effective Communication

Volwassenheid bring effektiewe en respekvolle kommunikasie. Om jouself duidelik uit te druk, aandagtig te luister om te verstaan eerder as om te reageer, en versigtig wees vir aannames wat niks met die gesprek te doen het nie. Dit is ook bereid om konstruktiewe kritiek te hanteer sonder om op jou perdjie te spring. Dit kan die rigting-gewers van iemand anders gebruik om te groei en dinge beter te doen.

  1. Empathy

Volwassenheid bring begrip vir hoe iemand anders voel. Daar word erkenning gegee aan daardie gevoelens, en kan met deernis en erbarming daarop reageer sonder om 'n ander persoon te veroordeel.

  1. Healthy Boundaries

Dit behels gesonde grense binne elke verhouding waarin ons staan. Om weg te stap van mense of situasies wat jou innerlike vrede en self-waarde aftakel, en om te leer dat jou ja, is ja en jou nee, is nee. Om dit op 'n volwasse manier te kommunikeer sonder om die ander persoon te verneder of te verkleineer.

Hoe raak hierdie emosionele volwassenheid ons spirituele volwassenheid?

Vanuit ʼn Christen-Perspektief is die begrip GENADE die hoeksteen.

In Afrikaans gebruik ons die woord ‘genade’ om beide ‘mercy’ ÉN ‘grace’ mee te vertaal. Waaroor dit hier gaan, is GRACE.

In Hebreeus is daar twee woorde vir ‘genade’ — daar is ‘chen’ wat vertaal word met ‘Divine Favour’ en daar is ‘hesed’ wat vertaal kan word met ‘loving-kindness’. Daar is niks wat ons kan doen om hierdie GENADE meer of minder te maak nie. Dit is ʼn geskenk. Dit is verniet. Dit is nie iets wat jy eers moet verdien of aan sekere vereistes moet voldoen nie.

GENADE is ook, in my beskeie opinie, die fontein van spirituele volwassenheid wat maak dat ons werklik die liefde van God ervaar, daarvan oorloop, en dit in oorvloed met ander deel.

“Grace is the only force that can truly change the human heart and bring it peace.” — Brennan Manning

Paulus skryf in 2 Korintiërs 12:9 —

“Maar Hy het vir my gesê, ‘My genade (grace) is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volmaak gemaak.’ Daarom sal ek liewer roem op my swakhede, sodat die krag van Christus op my kan rus.”

Kom ons gesels Sondag oor hoe GENADE die fondasie is van ons Spirituele Volwassenheid. Hoe dit ons bring na elke klein gebaar van vriendelikheid (kindness), hoe dit vergiffenis moontlik maak, ons leer om mededeelsaam te wees, ons vry maak van skuldgevoelens en vrees, en hoe dit ons lojaliteit en toewyding verskerp.

Hoop om jou Sondag in ons Sirkel te sien.

Met liefde — of sal ek sê, ‘with loving-kindness’

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Maturity is the ability to think, speak, and act your feelings within the bounds of dignity. The measure of your maturity is how spiritual you become during the midst of your frustrations.”― Samuel Ullman 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights