Spirituele Dissipline en Toewyding IV

Potgooi:

 

“You can’t live a positive life with a negative mind.”
— Joyce Meyer —

So kom ons aan die einde van ons gesprek oor Spirituele Dissipline en Toewyding met spesifieke verwysing na die geestelike waarde van STILTETYD.

Dit kan begin word met 5 minute ʼn dag om êrens in jou huis tyd te maak vir ‘stilte’ waar ʼn mens DINK oor die goed waaroor ons dink.

  • Wie is ek; wat het my gebring tot hier waar ek is; wat is die lewenswaarhede wat my lewe inhoud en betekenis gee; en wat is my ‘true purpose’ in die lewe?
  • Dit gee 'n mens kans om te dink oor besluite wat gemaak moet word, en hoe jy met meer vervulling gaan leef?
  • Dit is 'n geleentheid om te dink oor die spanning en onsekerheid wat ons voel, en hoekom ons op 'n sekere manier reageer as iets gebeur?

Daar kan teen nou geen twyfel meer wees dat die dissipline van STILTETYD bring ʼn enorme hoeveelheid voordele —

Ons steek ʼn kersie aan en kyk na die vlam wat sonder moeite die suurstof hengel om te brand. Ons haal diep asem — vier tellings in, vier tellings uit — en raak bewus van ons eie asemhaling wat suurstof asem.

Ons dink daaraan hoe ons die Asem van God inasem (Gen 2:7) en hoe afhanklik ons is van Asem. Vra jouself, ‘Wat maak dat ons soms voel ons versmoor; wat slaan ons asem weg; en waarom ly ons aan kroniese psigologiese asma?’

Dan haal ons wéér asem — vier tellings in, vier tellings uit — en voel hoe daar ʼn kalmte oor ons kom. ʼn Innerlike vrede wat vir ons ʼn groter perspektief oor die lewe in die algemeen en my lewe spesifiek gee.

Ons laat gaan aan ons obsessiewe gedagtes en impulsiewe reaksies, en kies om konstruktief daaraan te werk om liefde te kies bo vrees, vrede bo konflik, vergiffenis bo skuldgevoelens.

Hierdie ritueel verfyn Emosionele Intelligensie — om ons eie emosies asook die van ander te verstaan, en met meer begrip en empatie op te tree.

Daar kom ʼn groter waardering en dankbaarheid vir wat ons HET en minder behep oor als wat ons wil HÊ. Dankbaarheid lei tot innerlike vreugde wat nie afhang van omstandighede nie.

Dankbaarheid sit die VREDE terug in tevrede.

Uiteraard van die saak staan GOD sentraal in my STILTETYD. Dit maak my op nuut bewus van God se teenwoordigheid wat die hele tyd in en om, en by my is. Soms sal ek ʼn mooi gedeelte uit die Bybel lees, en ander keer uit ʼn boek wat langs my stoel lê — maar ek sal altyd my oë sluit vir ʼn gebed wat vir God vra:

“Wys my HOE om U lig en liefde te reflekteer, en hoe om vanuit my siel-denke te reageer en nie my ego-denke nie.”

Dan word ek stil. Niks praat nie, niks dink nie, net LUISTER na die stem van die Siel. Die geraas om my raak stil, en die hart word oop.

Dit bring my by die laaste drie geskenke van STILTETYD —

1. Koester Konneksie

In Brené Brown se boek, ‘The Gifts of Imperfection’ skryf sy —

“Connection is the energy that exists between people when they feel seen, heard, and valued; when they can give and receive without judgment; and when they derive sustenance and strength from the relationship.”

Ons wil almal liefhê en liefgehê word. Ons wil ʼn gevoel van ‘belonging’ ervaar. Ons wil van geweet wees, gehoor en gesien word. Ons wil weet ons maak saak.

STILTETYD is die plek waar ons ‘reconnect’ met God, onsself, en die wêreld waarin ons leef. Daar hoor ons weer die stem van die LIEFDE wat 'n brug bou na wat regtig belangrik is.

In ʼn samelewing vol oppervlakkige vriendskappe (dink aan al jou ‘friends’ op FB) en onbetrokke verhoudings (dink aan al jou ‘followers’ op Instagram) smag ons na konneksies wat ons siel voed. STILTETYD wys jou HOE.

2. Kweek Veerkragtigheid

‘Resilience’ is nog een van daardie begrippe wat in Afrikaans besmoontlik in ʼn paragraaf verduidelik moet word: die vermoë om aan te pas, en met volharding, vasberadenheid, en aanpassingsvermoë vol te hou om 'n taak of plig deur te sien.

“Do not pray for an easy life; pray for the strength to endure a difficult one.” — Bruce Lee

In stilte (stillness) word krag en moed gevind.
In stilte (silence) ontdek ons ons deursettingsvermoë.

STILTETYD is nie 'n ontsnap of ontkenning van die lewe se uitdagings nie, maar om in afsondering na 'n innerlike heiligdom te gaan waar jou gees haar krag hernu.

Dit leer die hart om uit te hou en aan te hou wanneer die storms om ons woed. Daar word STILTETYD ons anker en veilige hawe.

3. Kultiveer ʼn Doelgerigte Lewe

‘The Art of Intentional Living’ is ʼn onderwerp waaroor ons seker ʼn maand lank kan gesels. Ons praat dikwels van die begrip, MINDFULNESS wat beteken om meer bewustelik, aandagtig, en oplettend deur die lewe te gaan.

In ʼn onvoorspelbare wêreld wat voel of dit van homself weghardloop, soek ons na onwankelbare standvastigheid. Om te weet wat is ons kernwaardes en hoe om met integriteit te leef.

STILTETYD is die verfdoek waarop ons 'n betekenisvolle lewe skilder. Dit is die altaar waarna toe ons die beste weergawe van onsself bring.

Ons gaan staan stil vir ʼn oomblik om weer die Ritme van God se asemhaling te voel. Ons raak stil vir ʼn oomblik om die kakofonie van die wêreld sagter te maak.

Waar dit ook al mag wees, wees volkome daar.

Kom ons sluit Sondag hierdie gesprek af met ʼn samevatting van waaroor STILTETYD werklik gaan. Hoe om dit met dissipline en toewyding vol te hou, sodat ons hele lewe meer doelgerig en veerkragtig kan wees om sodoende beter konneksies te bou.

Vier tellings in, vier tellings uit.

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Begin doing what you want to do now. We are not living in eternity. We have only this moment, sparkling like a star in our hand — and melting like a snowflake.”  
― Francis Bacon ―

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights