Potgooi:
“The strength of a person’s spirit is reflected in their level of commitment.”
— Philip Yancey —
Ons sit ons gesprek voort oor Spirituele Dissipline en Toewyding en hoe dit spesifiek van toepassing is op die waarde en invloed van ons STILTETYD.
In ons gejaagde samelewing word jy snaaks aangekyk as jy praat van TYD vir STILTE. Vir die meeste mense is dit a-waste-of-time om vir ʼn paar minute van die dag net stil te word, en weet hulle nie WÁT om met hulself te maak as dit nie besig-besig is met hul móét-doene nie.
Hoe is dit dat in AL die godsdiens tradisies staan STILTETYD sentraal as die fondasie van groei en transformasie? Hoe is dit moontlik dat hierdie ritueel vir eeue lank die hoeksteen is vir ʼn lewe van vervulling en purpose, maar in vandag se tyd soek ons dit in alles wat aan die buitekant lê. Let op: SOEK, nie ‘vind’ nie.
Oor en oor het ek dit in my eie en in die lewe van ander gesien dat gedissiplineerde STILTETYD kweek ʼn diep innerlike vrede en ʼn gevoel van ‘groundedness’ veral in tye van onrustig- en onsekerheid.
Dit bring ʼn kalmte en nugterheid om beter besluite te neem, ʼn beter oordeelsvermoë te hê, nie impulsief op te tree, of obsessies te entertain nie.
In daardie stil oomblikke bring ons ons gedagtes tot bedaring. Ons word bewus van ons reaksies (emosies), en stel ons in staat om liefde te kies bo vrees, geloof bo twyfel, met meer hoop en optimisme.
Wanneer ons met toewyding tyd maak vir STILTE word ons weer bewus van wat ons HÉT en vloei daar ʼn dankbaarheid en waardering vanuit ons binneste — en soos al dikwels gesê: die dag as ons besef ‘that only gratitude will bring us JOY’ is die dag wat jou lewe verander.
Daarom kan ek dit met absolute oortuiging sê — vyf minute se STILTETYD sal jou dag verander… dertig minute ʼn dag, sal jou lewe verander!
Vandag wil ek na nog twee aspekte van Spirituele Dissipline en Toewyding kyk wat ons in staat stel om ʼn meer betekenisvolle lewe te lei —
1. Commitment
Dit is ʼn moeilik woord om te vertaal in Afrikaans want dit sê iets van toewyding en sorg in ons verbintenis aan mekaar of aan ʼn saak. Dit sluit in ons belofte om ons bes te doen om ons besluite deur te voer ongeag hoe ons voel, of die omstandighede.
‘Commitment’ is nie net solank dit ons pas, solank dit lekker is, of solank ek my sin kry nie. Dit gaan oor ons lojaliteit en integriteit. Dit is nie ʼn woord nie maar ʼn aksie wat ons getrouheid reflekteer en daarom ons betroubaar maak.
“Without commitment, you cannot have depth in anything.” – Neil Strauss
Ons het baie belangstellings en raak aanvanklik baie opgewonde oor iets nuuts (wat voel soos ‘commitment’) tot daar een of twee teleurstellings is dan verdamp ons ‘commitment’ saam met ons goeie intensies.
In verhoudings sien ons dit dikwels hoe ‘commitment’ net hou solank daar aangetrokkenheid is. As roetine en gewoonte eers insink dan voel ‘commitment’ soos ʼn verpligting omdat ons geen idee het wat ‘commitment’ (i.e. devotion & dedication) werklik beteken nie —.
“There’s a difference between interest and commitment. When you’re interested in doing something, you do it only when it’s convenient. When you’re committed to something, you accept no excuses; only results.” — Kenneth Blanchard
2. Verantwoordelikheid
Dit is maklik om ander te blameer vir ons foute. Ons speel die blame-game as dinge nie uitwerk soos ons gehoop het dit sal nie, in plaas van om aanspreeklikheid te aanvaar dat ons reaksies (emosies) is uit en uit ONS verantwoordelikheid.
Ek het nie beheer oor iemand anders se keuses en aksies nie maar ek is vir seker in beheer hoe ek daarop reageer.
Ons sien dit by die werk en in ons huwelike hoe iemand probeer om ALLES te doen en dit verwar met ‘verantwoordelikheid’, of alles wil micromanage onder die vaandel van ‘verantwoordelikheid’ neem.
Om verantwoordelikheid te neem is om te kan onderskei tussen ons prioriteite en nie onsself verloor deur al ons tyd en energie te stort in ʼn reaksie omdat ons nie kan onderskei tussen ‘verantwoordelikheid’ neem, and being in control.
‘People-pleasing’ is nie verantwoordelikheid nie — oop en eerlike kommunikasie is wel. Om jouself 24/7 besig te hou met al jou verpligtinge, is nie verantwoordelikheid nie — settings boundaries, is taking responsibility.
Die bereidwilligheid om verantwoordelikheid te vat vir ons aksies en reaksies is die begin van selfrespek, selfvertroue, en selfwaarde. Eers as ons begin om verantwoordelikheid te vat vir ons lewe, kan ons begin om verandering te maak.
Wil jy vir mense (byname kinders) verantwoordelikheid leer, gee vir hulle verantwoordelikheid. Leer hulle dat vryheid sonder verantwoordelikheid is chaos. Om te praat oor ‘my regte’ sonder om te praat oor ‘my plig’, is onverantwoordelik.
Hoe raak dit my geestelike lewe?
Ons het baie oortuigings — o, so many believes — maar ons geloof wankel vir die geringste dingetjie en dompel ons in twyfel.
Geloof vra ʼn ‘commitment’ — dit vra dissipline en toewyding. Dit is ʼn aspek van ons menswees wat ons met ywer en deursettingsvermoë koester en kultiveer.
Liefde vra om ‘verantwoordelikheid’ te vat — nie net vir wat jy sê nie maar ook vir wat jy NIE sê nie… nie net vir wat ons doen nie, maar ook vir dit wat ons nie doen nie.
Om ‘verantwoordelikheid’ te vat vir ons liefde is die definisie van wat die woord ‘kindness’ beteken!
Hoe op dees aarde gaan ons dit weet of ooit ervaar as ons nie tyd maak vir STILTE nie?
Ons ‘commitment’ teenoor mekaar gaan nooit dieper wees as ons ‘commitment’ teenoor God nie. Die ‘verantwoordelikheid’ wat ons vat vir ons aksies en reaksies staan in direkte verband met ons Spirituele Dissipline en Toewyding.
Nou dat ons dit weet, hoe gaan ons dit anders doen?
Met liefde, soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.