Potgooi:
“God’s love is not something we earn; it’s something we reflect.”
— Max Lucado —
So kom ons by die laaste ‘Spieël van die Siel’ en dit is die spieël wat God vir ons ophou. Voor ons enigsins kan praat oor hierdie spieël moet ons net eers weer vir onsself vra: WIE is hierdie God vir jou persoonlik? HOE ervaar jy God se teenwoordigheid in jou gesin, jou werk, tussen vriende, en in jou stiltetyd?
“Anyone who knows God cannot describe Him, anyone that can describe Him does not know Him. When God spoke to Moses He said “I am” so, God is therefore neither the subject nor the object. He is the verb, the action.” — Paulo Coelho, ‘Aleph’
Vir dekades reeds pleit ek dat ons ons Godsbeeld sal verdiep en vergroot. Daar is niks fout met die tradisie waarin ons grootgeword het nie, maar DIÉ GOD (soos ek dit ervaar) is net soveel groter, soveel meer omvangryk, as die een fontein waaruit ons geleer het om te drink.
Die dag as ons besef dat daar nie iets is soos die ‘God van die Bybel’ of ʼn ‘Christen-God’ nie, is die dag wat die skille van ons oë sal val om werklik God se teenwoordigheid in ALLES en ALMAL te sien.
Daar is net één GOD — wat ons op verskillende maniere ervaar. Ons kan net van en oor God praat in metafore omdat die werklikheid van God buite ons menslike vermoë lê om dit met begrip en taal vas te vang.
Ons sê — God is Vader, God is Lig, God is my Rots, God is Herder, maar word nie letterlik opgevat nie. God is nie ons biologiese vader, of fotone, of ʼn stuk graniet, of ʼn man wat skape oppas nie, maar elkeen verwys na aspekte van die Goddelike wat sin maak: beskerming, leiding, stabiliteit, liefde, en sorg.
Die Bybel is gevul met sulke beelde, simbole, en metafore omdat dit iets in ons wakker maak wat letterlike stellings nie kan nie.
Vandag weet ek dat om God vorm, definisie, of dimensie te gee, is om van God ʼn projeksie van my eie geloof en oortuigings te maak.
As ek van God praat, dink ek aan die ganse skepping. My Godsbeeld sluit die totale heelal in. As ek vir myself in die spieël kyk, sien ek die boublokke van die verste sterre wat in my oë weerkaats.
“The nitrogen in our DNA, the calcium in our teeth, the iron in our blood, the carbon in our apple pies were made in the interiors of collapsing stars. We are stardust, made of star stuff.” — Carl Sagan
DÍT is die God van wie ek praat as ek sê, God is alomteenwoordig. DÍT is die God wat in en deur ons lewe… selfs as ons dit soms vergeet. DÍT is die God waarin ons ons refleksie sien, en as jy dit sien, is niks ooit weer dieselfde nie.
Ons sien wie ons werklik is. Ons sien onsself soos God ons sien:
Omdat ons DÍT sien, sien ons almal om ons deur dieselfde lens. Hierdie Godsbeeld reflekteer in ons mensbeeld, en hoe ons na mense om ons kyk, is ook hoe ons God sien.
“If God is judgemental, then you will be judgemental. If your God is love, then you will be love.”
— Richard Rohr
Die Spieël van IdentiteitHier sien ons verby die distorsies van mensgemaakte spieëls. Ons kyk dikwels na onsself deur die gekraakte spieëls van die samelewing se verwagtinge, en wonde wat ons dra uit ons verlede.
In God se spieël sien ons die eindelose moontlikhede van menslike potensiaal. Ons sien verby die masker wat ons dra, en deur die sluier van ons persepsies. Ons sien ons inherente waarde (geskape in die Beeld van God). Ons sien onsself as Geliefdes van God in wie Hy ʼn welbehae het.Die Spieël van Transformasie
As ons sien, werklik sien, verander dit ons. Hoe meer ons Christus se liefde word (become), hoe meer reflekteer ons daardie liefde. Hoe meer ons die Lig van God weerkaats, hoe meer word ons die lig vir die wêreld.
“Instead of reacting from our brokenness, we begin to respond from God’s wholeness within us.” — Richard Rohr
Die Spieël van Waarheid
Hier is ons eerlik met onsself en sien ons ook ons donkerkant — ons afguns en hoogmoed, ons spyt en skuldgevoelens, ons vrese en ons verwyte.Ons kyk sonder om dit weg te steek of te ontken. Ons kyk sonder oordeel en besef ons het ʼn keuse: konflik of vrede; bitterheid of vergiffenis; vrees of liefde?
Die Spieël van Verhoudings
Die Joodse Talmud sê, “Die gesigte in die spieël verander die hele tyd, die Spieël nooit." Ons is nooit alleen nie. Dit gaan nie net oor onsself nie. In elke gesig is daar ʼn refleksie van die Goddelike.
“In soverre julle dit aan die geringste van hierdie broers en susters van my gedoen het, het julle dit vir My gedoen.”
— Matteus 25:40
Nou neem ons verantwoordelikheid vir ons aksies en reaksies, ons persepsies en projeksies, en bewys dieselfde genade (GRACE!) aan ander, as wat ons verniet ontvang.Dit doen ons, met liefde.
Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.