Hierdie week se liturgie: 8 Maart 2020
Op die oomblik lees ek Mating in Captivity van die gesinsterapeut Esther Perel — sy is ʼn vars bries van nuwe insig op die dinamika van ons interpersoonlike verhoudings met dié universele waarheid: The quality of your life ultimately depends on the quality of your relationships.
Vir my is dit so duidelik soos daglig dat ons verhoudings met mekaar is ʼn refleksie van ons verhouding met God, en ons verhouding met God is ʼn weerspieëling van my verhouding met my ewemens. ʼn Gesprek oor intimiteit is ʼn gesprek oor God. ʼn Gesprek oor God, is ʼn gesprek oor liefde.
Vir eeue lank was ʼn huwelik, “Tot die dood ons skei” — vandag is dit: “Solank as wat ons happy is.” Monogamie was een man met een vrou ... tot die dood. Vandag is monogamie, een vrou op ʼn slag. Nog nooit vantevore het die oorlewing van die gesin afgehang van hoe happy pappa en mamma is nie. Nog nooit in die geskiedenis is daar meer geïnvesteer in liefde terwyl soveel huwelike opbreek as gevolg van ʼn gebrek aan ‘liefde’ nie — al sou ons ons verwagtinge, behoeftes, verpligtinge, en verlange na liefde verwar met die LIEFDE self.
Wat Esther Perel se navorsing wys, is die feit dat die konneksies wat ons maak met ander mense gee meer sin, betekenis, self-waarde, vreugde, en well-being as enige ander menslike ervaring.
Sedert die begin van homo sapiens se ontwikkeling, toe die eerste man en vrou besluit het dat hulle elke dag en elke nag saam wil wees, tot so onlangs as die laaste veertig of vyftig jaar, was verhoudinge baie eenvoudig gedefinieer met baie duidelike grense. Hierdie reëls en maatstawe was gefundeer in religieuse strukture en in stand gehou deur priesters, stamhoofde, keisers of konings. Die reëls was duidelik. Die voordele was net so helder as dit wat verbied was, en beide was goed gedefinieer.
Die sosiale hiërargie was verstaanbaar — dit het gesê hoe ʼn man met sy vrou moet praat en ʼn vrou met haar man; hoe ouers met hul kinders moet omgaan en hoe kinders daarop moet reageer. Al die (groot) besluite is vir ons geneem — die rolle van mans en vroue was duidelik en ononderhandelbaar. Jy het in jou pa se voetspore gevolg en sy ambag was jou ambag, terwyl ʼn vrou van kleinsaf geleer is dat sonder ʼn manlike ‘provider & protector’ sal sy nooit oorleef nie.
Hierdie hele sisteem van duisende jare het ontrafel en is vervang met ʼn wêreld van opsies en keuses en ongekende ‘vryheid’ ... en die resultaat: alles is onderhandel; it’s all up for grabs; wat vandag die norm is, is môre se belediging; vandag se troon is môre se puinhoop! EK besluit. Dis MY keuse. Mý prioriteite en mý geluk, mý behoeftes en mý belange bepaal die reëls van elke verhouding.
Ten midde van hierdie warboel keuses, en die oorweldigende besluite, moet ons oor goed praat waaroor ons nog nooit gepraat het, nie weet hoe om hieroor te praat nie, en nie die woordeskat het om daaroor te praat nie — nie eers met onsself nie wat nog te sê met ʼn ander persoon.
How did we get here? Wat het met ons gebeur? Wat was die groot sosiale en kulturele skuiwe wat op die oomblik tussen ons lakens lê?
Vir ʼn baie lang tyd (duisende jare) het ons geleef in ʼn klein kudde (tribe) binne die kraal (village) van ʼn uitgebreide familie. In die village was elke aksie en reaksie duidelik — ons was van mekaar afhanklik in beide ons gewilligheid en gehoorsaamheid. In ruil daarvoor het ons die volgende ontvang — a sense of belonging, a sense of continuity, a sense of identity, a sense of security, a place of sanctuary ... I had very little freedom, but I was never alone!
Toe trek ons na die stede en vir die eerste keer was ons VRY om self te besluit oor my identiteit, sekuriteit, en waar ek wil behoort — but more alone than ever before!
Die laaste ±100 jaar vind ons onsself in die dryfsand van eensaamheid wat na ʼn man/vrou in ons lewe soek om die emosionele, intellektuele, finansiële, en spirituele gat van ons eksistensiële eensaamheid te vul. Ons wil steeds ALLES hê wat ʼn tradisionele huwelik bied — familie, kameraadskap, kinders, finansiële sekuriteit, sosiale status, geborgenheid en veiligheid. Ons verwag dat jy my beste vriend en konfident sal wees; my passionate lover; die som van my intellektuele aarde en spirituele hemel. Wat ons met ander woorde verwag is dat my romantiese reisgenoot alles vir my moet gee wat ʼn hele kraal (village) vir eeue lank voorsien het.
Ons het geskuif van ʼn kollektiewe behoort (collective belonging) met min vryheid na ʼn plek van baie vryheid maar geen anker of hawe nie. Ons wil saai waar ons wil, maar weet nie hoe om te oes vir die honger nie. Ons het bottel-water maar geen fontein nie. Die epidemie is nie ʼn Corona-virus, oorlog of dwelms nie, maar ʼn geestestoestand van massiewe eensaamheid — wat in die ontwikkelde wêreld gesien word as die Nr. 1 Public Health Crisis, more than obesity.
In die tradisionele sin van huwelik was INTIMITEIT gesien en ervaar in alles wat ons doen. Ons melk die koei saam, ons ploeg en saai die land saam, ons maak kinders saam groot, ons eet en slaap en droom saam ... want die ekonomie het gegaan oor familie en die familie was die ekonomie.
Wanneer ons vandag praat oor intimiteit dan sê ons intimacy = into me see … I want you to see into my wishes, my feelings, my aspirations, my anxieties ... I want your 'into me see' for all my adventures, curiosities, and novelties — en as ons só 'n persoon ontmoet dat praat ons van my SOULMATE.
Oorspronklik is die woord 'soulmate' gesien as ʼn verwysing na God. Om te praat oor jou soulmate was om te praat van die een wat vir jou wys hoe lyk God ... dis die een wat maak dat jy die stem van God hoor, en die liefde van God demonstreer. Jou soulmate is die een wat jou aanvaar vir wie jy is, wat jou lei in dae van verdwaal en beskerm in tye van vertwyfeling.
ʼn Soulmate is die een wat jou liefde laat gedy en in wie se liefde jy floreer — God in my as jou soulmate.
Dit gee ʼn totaal ander betekenis aan die woord. Dit plaas ʼn hele ander verantwoordelikheid in my skoot. Die sekulêre wêreld se Godsverduistering het tot gevolg dat ek in jou ʼn Messias soek, jy moet my red van myself, jy moet my brood voorsien en breek, jy moet jou bloed gee sodat ek gered kan word van my sonde (dysfunctional behaviour).
En dít is waaroor dié maand se gesprek gaan — SOULMATES ... to reflect the ecstasy and mystery, the wholeness and holiness of the Divine, for, through, in, with each other! As ons hierdie maand weer ons pad vind in die Herfs van Lydenstyd en ons ons Via Dolorosa stap deur Getsemane na Golgota tot by die leë graf.
Kom reis saam met ons in ons gesprek oor SOULMATES. Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Met liefde
.
“The real voyage of discovery
consists not in seeking
new landscapes
but in having new eyes.”
― Marcel Proust ―
.
Ons lees hierdie jaar die wonderlike boek
'Rising Strong' van Brené Brown
Stad: Maandag 9 Maart @ 19h30
Kolping: Donderdag 12 Maart @ 19h30