Ruim op wat onnodig is III

Potgooi:

“The ability to simplify means to eliminate the unnecessary,so that the necessary may speak.”— Hans Hofman —

Vandag gaan ons stilstaan by seker een van die belangrikste lesse as dit kom by wat dit beteken om — skoon te maak, op te ruim, uit te sorteer, en ontslae te raak van alles wat nie jou siel voed nie.

Dit is die les om alles om jou veel meer te VEREENVOUDIG, want ons het dit vir onsself ontsettend ingewikkeld gemaak.

As jy ʼn bed het om op te slaap, lopende water, ʼn toilet in jou huis, ʼn yskas om kos vars te hou en ʼn stoof om dit op te kook dan is jy van die gelukkiges in ons land waar miljoene nie hierdie voorregte het nie. Dit is nie vir ons moeilik om aan ons basiese behoeftes te voorsien nie, maar ook hier rondom het ons dit só gekompliseerd gemaak.

Drie stappe om dit te doen: Simplify! SIMPLIFY! Simplify!

Ons het die maand begin met die wonderlike aanhaling van Leo Tolstoy uit sy boek ‘War and Peace’ waar hy skryf — “There is no greatness where there is not SIMPLICITYkindness, and truth.”

Dit is my vermoede dat as ons nie gaan begin om ons lewe meer te vereenvoudig nie gaan ons aanhoudend sukkel om die kraaines in ons koppe te ontknoop.

Wat bedoel ek hiermee?

As alles om jou chaos is — soos wanorde in jou fisiese omgewing, as die beplanning by jou werk en van jou tyd kronies onder druk is, jou interpersoonlike verhoudings hak en skuur — dan val alles uitmekaar. Jy sukkel om te konsentreer en om dinge te onthou. Jou lont is kort en dit vat nie veel om jou te laat oorkook nie. Besluite word geneem uit vrees en nie uit liefde nie.

“Simplicity is the ultimate sophistication.” — Leonardo da Vinci

Dit begin by ons koppe. Dit lê in ons gedagtes. Dit gaan oor die manier wat ons dink en hoe ons daarop reageer.Die Spirituele Psigoterapie gee ʼn paar riglyne:

Simplify your over-thinking — dit is die vermoë om teenwoordig te wees in die hier en nou. Om te dink oor wat jy dink sonder om ons gedagtes te veroordeel. Om te onderskei tussen wat is sinvol en wat is onsin. Meer bewustelik te leef. Dieper asemhaal en rustig word sodat daar perspektief is op dit wat gedoen moet word. Om die negatiwiteit uit te haal, en bitterheid te laat gaan.Heart’s heavy burden — ons harte dra swaar aan seer van die verlede, baie spyt en selfverwyt, en sukkel met vergiffenis. Dit rommel op in ons harte en maak dit swaar en keer ons om te volle lief te hê, om-te-gee vir ander, en volkome onsself te kan wees by ander.

Soul-Mindedness — as alles om jou lawaai, gaan jy nooit daai Stem aan die binnekant hoor nie. 'n Warboel gedagtes praat altyd harder as die fluistering van die siel en daarom moet jy daardie volume-knoppie afdraai.Siel-denke sal jou vat van skuldgevoelens na vergiffenis. Van die idee dat daar ʼn verwydering (separation) is tussen jou en God, na versoening. Van ʼn lewe vol vrees, na ʼn lewe gevul met liefde.

Ons gedagtes, hart, en siel moet in harmonie wees anders gaan ons mank deur die lewe. Daar moet balans wees tussen wat ons dink, wat ons voel, en wat ons doen… anders gaan ons van enige iets ʼn kruk maak om te help met ons emosionele rommel en spirituele gestremdheid.

Ook dít is ʼn KEUSE!Simplisiteit vat jou na die waarheid. Hoe meer ons die waarheid ontken, hoe meer gekompliseerd raak alles — en jy WÉÉT wat die waarheid is! Glo my, dit is nou één ding wat jy verseker kan weet dat dit nie ingewikkeld is nie.

Dekades se berading wat ek met honderde mense gehad het, was dit die een ding wat nog altyd soos ʼn paal bo water gestaan het: dinge raak verwarrend en onseker as jy die essensie van wie jy is, wil sluier met alles waarvoor jy bang is.Gaan dink daaroor, en wees eerlik met jouself — hoeveel van die goed wat jy as moeilik, ingewikkeld, en gekompliseerd beskou, word gedryf deur VREES?

Simplicity brings authenticity.Authenticity brings truth,and the TRUTH will set you free!

Hoe doen ʼn mens dit?

  • Jy kan nie jou dag begin op jou foon nie. Punt. You are distracted (cluttered) even before your day has begun.
  • Jy kan nie deur die dag strompel sonder om nie eenkeer vir jouself te vra: is dit wat ek doen ‘betekenisvol’, voeg dit waarde toe, maak dit 'n verskil? En dan MÓÉT jy êrens hardop vir jouself kan sê, “JA! dit doen!”
  • Jy kan nie jou dag afsluit sonder om nie jou oë vir 'n oomblik te sluit in dankbaarheid en waardering nie.

Kom ons gesels Sondag oor SEWE maniere hoe ons ons lewe meer kan vereenvoudig en hoe dit bydra om emosioneel op te ruim en ontslae te raak van dit wat nie jou siel voed nie.Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“If you seek flaws,you’ll find flaws,if you seek beauty,you’ll find that too.”― Donna Ashworth 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights