Na ʼn intense tema in April rondom die laaste 24 uur in Jesus se lewe, gaan ons Mei-maand so ietwat ligter hou en gesels oor die vraag: HOW TO REBOOT YOUR LIFE.
Alle rekenaars en fone raak oor tyd geblok met soveel files & stuff dat als stadig word. Jy weet nie meer waar jy goed gebêre het nie en van tyd tot tyd vries die hele skerm en moet jy ding reboot. Maar dit hou net ʼn rukkie tot jy tyd maak om te gaan sit en als wat belangrik is op ʼn plek stoor waar jy dit weer kan kry en dan die hele masjien/foon herlaai. Die meeste kry gewoonlik iemand anders om dit vir hulle te doen uit vrees dat as ons dit self moet doen, is die rekenaar daarna ʼn mikrogolfoond en die selfoon ʼn stofsuier.
Dieselfde is waar van ons lewe — oor tyd, bietjies vir bietjie, tel ons slegte gewoontes op en raak ons koppe meer en meer oorlaai met móét-doene wat in die gejaagde lewe van elke dag geen tyd het om wat belangrik is op ʼn rytjie te sit en plek te maak vir ʼn ritme (roetine) wat waarde toevoeg nie. Soos die een ding na die ander gebeur, raak ons geheue oorlaai en vind ons kort-kort onsself in situasies waar ons nie wil/moet wees nie. Ongelukkig is dit ook waar dat die meeste van ons, al sugtend, ons skouers optrek met die verskoning dat dit nou maar eenmaal die lewe en ons lot is. Ons glo ons kan niks daaromtrent doen nie.
Dit is gewoon nie waar nie! Maak nie saak hoe oud jy is, hoe die lewe al sy kronkels met jou gestap het, of wat jou situasie is nie — jy kan altyd nuut begin en dinge anders doen. Dis die krag/mag wat ons het wat niemand van ons kan wegneem nie — ons het die keuse hoe ons gaan reageer en wat ons met die gehakketak van ons lewe gaan doen. So, as jy vandag vir jouself vra: how can I reboot my life ... dan nooi ek jou om dié maand vir ʼn uur op ʼn Sondag by ons te kom kuier. Daar sal genoeg tyd wees vir ʼn tweegesprek en om van mekaar te leer hoe om te herlaai en dinge anders anders doen sodat ons hart, kop, lyf, en siel weer in ʼn gemaklike harmonie kan wees.
Hier is dit DRIE saadjies wat ons Sondag in ons tuin gaan plant:
Ons spandeer ʼn verbysterende hoeveelheid tyd op non-sens ... ons maak stories op in ons koppe wat geen verband met die werklikheid het nie; ons vrees goed wat nooit gaan gebeur nie; ons maak aannames oor mense en gebeure wat ver verwyderd is van die waarheid; en raak op hol oor goed wat oor ʼn maand van nou af geen relevansie meer het en oor ʼn jaar nie eers onthou sal word nie. Besluit om ʼn besluit te maak. Stop die pieperige verskonings en gooi die victim-mentaliteit sommer heel eerste in die swart sak vir die asblik lorrie. Begin by jou klerekas en maak skoon wat jy nie dra nie. Pak jou laaie reg en gooi daai slippie van ʼn bloes wat jy in 2011 gekoop het weg, want jy kan dit nie meer gaan omruil nie. Maak skoon en besluit wat belangrik is en wat nie — in jou persoonlike lewe, by die werk, en in jou vriende-/familiekring. Kultiveer ʼn onderskeidingsvermoë wat emosioneel, intellektueel, en spiritueel sinvol is. Jy kan dit noem: my-choice-for-change-reboot.
Dit is só maklik om in ʼn groef te beland van elke dag se same-old-same ... selfde tyd op, selfde muesli selfde jogurt, selfde pad werk toe, selfde “goeiemore” vir dieselfde mense wat nie ʼn cooking-clue het wat in mekaar se lewe aangaan nie en dan terug strompel huis toe om môre dieselfde weer te doen. NEE! rol oor jou vrou en staan aan die anderkant van die bed op; trek jou man se sokkies aan; ry ʼn ander pad werk toe en luister na nuwe musiek; maak met ten minste één persoon by die werk kontak deur te vra met opregte belangstelling hoe dit met hom/haar gaan. Gee 3 minute van onverdeelde aandag. Gaan stap êrens dié week langs die see en gaan sit by ʼn straatkafee vir ʼn glasie wyn. Vra die kelner(in) waar sy/hy vandaan kom en as die diens goed is, gee iets ekstra. Om hemelsnaam, verander jou two-step vir ʼn tango en as jy nie weet hoe om te tango nie, gaan soek sommer vandag na ʼn dans-studio in die Kaap wat jou kan leer. Want as die emosies sing, moet die intellek en siel met mekaar kan dans en as die simfonie van die siel aan die beurt kom, moet die emosies en intellek die ritme vang. Jy kan dit noem: my-care-and-compassion-reboot.
Dis basiese behoeftes wat ons vanselfsprekend aanvaar en soms die meeste verwaarloos. Kry meer slaap ... eet gesond ... kry oefening al stap jy net om die blok ... skeduleer jou dag sodat jy nie van die een ding na die ander moet jaag nie en wees bewus daarvan om elke dag iets te doen, te ervaar, te deel wat ʼn bydrae maak in jou en ander se lewe — nee! nie met geld nie maar jou belangstelling, jou tyd saam spandeer, jou luister, jou omgee. Aan die einde van die dag wanneer jy jou bedliggie afsit moet jy vir jouself kan vra: was this a meaningful day and was I mindful of my and other people’s emotional, intellectual, and spiritual contributions? Maak tyd vir stilte (stiltetyd) en wees gemaklik in jou oomblikke van afsondering. Ek belowe jou dat jy nie gaan verdamp soos ʼn reëndruppel op ʼn warm teerpad as jy vir ʼn uur jouself onttrek van als en almal om die dag se emosies in ʼn moeitelose ruspunt te versamel nie en die volume van jou kop afdraai om te luister na die taal van jou hart. Jy kan dit noem: my-one-hour-per-day-reboot.
Liefdevolle seënwense vir die week en nuwe maand wat voorlê
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
.
Laai hierdie week se liturgie hier af: 5 Mei 2019
.
“Yesterday I was clever,
so I wanted to change the world.
Today I am wise,
so I am changing myself.”
― Rumi ―
.
STAD: 13 Mei 2019 @ 19:30
KOLPING: 9 Mei 2019 @ 19:30
Ons lees hierdie jaar Rob Bell se boek:
"What We Talk About When We Talk About God"
[bring steeds jou ACIM boek saam]