Op hierdie verkiesingsdag in 2019 gesels ons verder oor ons tema vir Mei-maand — HOW TO REBOOT MY LIFE — en het laas week afgeskop met (i) besluit wat belangrik is en wat nie, (ii) kom uit die loopgraaf van jou geut, en (iii) begin by die begin.
Met verjaarsdae of die begin van ʼn nuwe jaar het ons ‘voornemens’ wat met die beste intensies begin word, maar gewoonlik nie baie lank hou nie. Gou daarna gryp die lewe se roetine ons aan die kraag en slinger ons weer terug in ʼn groef. As ʼn mens egter met ʼn groter bewustheid (awareness) deur die lewe gaan, is daar ʼn paar goed wat ʼn mens kan doen of aanleer wat ʼn verskil kan maak en help om tot inkeer (reboot) en bekeer (restart) te kom.
Hier is die volgende DRIE saadjies wat ons kan plant in ons tuin:
Die meeste van ons werk met ʼn begroting en almal van ons weet wat dit is om van tyd tot tyd (of altyd) ons sente om te draai en mooi te werk met ons geld. As finansiële druk jou verhoed om jou lewe te ‘REBOOT’ dan is daar ʼn paar goed wat jy kan doen — maak vir jou ʼn begroting vir die volgende maand en sit als, behalwe debietorders, wat essensieel is op jou lys ... kos, vervoer, brandstof, skoonmaakmiddels, elektrisiteit, huishulp, foon, ensovoort. Spandeer vir ʼn maand net dit wat op die lys is ... geen movies, alkohol, presente, uiteet, of ander luukshede nie. Skryf alle aankope in ʼn boek langs jou begroting en vergelyk dit om tot meer realistiese bedrae te kom en doen dit dan vir ʼn tweede maand. Gou daarna sal jy weet wat het jy ekstra per maand vir selfbederf of luukshede. Bly binne jou begroting en sit elke maand iets ekstra weg vir wanneer nodig — hetsy ʼn vakansie of onvoorsienbare gebeure soos nuwe bande.
MAAR ʼn spaarsamige begroting is veral van toepassing op ons intellektuele, emosionele, en spirituele lewe. Nee, jy kan nie 5 of 7 aande van die week spandeer op sosiale verpligtinge of ure per dag op sosiale media nie. Ons het ʼn gesonde balans (i.e begroting) nodig tussen die hoeveelheid wat ons gee en wat ons ontvang anders loop ons leeg.
► Jy kan dit noem: my-trend-to-spend-reboot.
Wat is die bron van jou frustrasie en irritasie? Waarom voel dit of jou lewe ‘stuck in muck’ is ... en wie is daarvoor te blameer? Hoeveel mense en situasies gaan ons opnoem en verwyt voor ons gaan begin om verantwoordelikheid te vat vir elke emosie wat ons ervaar? Mense en omstandighede kan ons maklik van balans gooi, maar dit is ek en ek alleen wat besluit hoe om daarop te reageer. Is ons eerlik genoeg met onsself om te weet waar lê ons grense en beperkinge of wil ons ALLES gelyktydig doen en beter as ALMAL voel sodat ons ALTYD in beheer kan wees? Net so min as wat ʼn minderwaardigheid jou na jou potensiaal gaan vat, net so min gaan ʼn meerderwaardigheid die beste weergawe van jouself ontsluit.
As jy voel jou gesinslewe is meer ‘pressure than pleasure’ dan is dit miskien tyd vir ʼn gesinsvergadering waar almal om ʼn tafel sit en die goed wat werk, en dit wat krap, openlik met mekaar bespreek sonder om mekaar te verneder of te beledig. As dit jou werk is, het dit miskien tyd geword om ʼn openhartige gesprek te hê met al die partye, mét ʼn neutrale persoon wat ʼn skeidsregter kan wees wat seker maak julle hoor mekaar. Neem verantwoordelikheid vir jou aksies en reaksies. Neem verantwoordelikheid vir wat tussen jou ore aangaan en neem ʼn besluit om met meer liefde oor te loop as wat jy gal braak.
► Jy kan dit noem: my-responsibility-for-
Jare gelede skryf iemand vir my ʼn brief waarin sy die volgende met my deel —
“Gister het ek gehuil. Ek het by die huis gekom, na my kamer toe gegaan, op die rand van my bed gesit, my skoene uitgetrek, my bra losgemaak en toe het ek gehuil. Ek het gehuil dat my nuwe bloes daarmee heen is. Ek het gehuil tot my ore warm was. Ek het gehuil tot my kop seer was. Ek het gehuil dat ek nie eers die hoop tissues op die vloer meer kon sien nie. Ek wil hê jy moet verstaan dat ek gister gehuil het oor al die dae wat ek te besig was, of te moeg was, of te kwaad was om te huil. Ek het gehuil oor al die dae en al die maniere en al die tye wat ek myself dit misgun het asook al die tye wat ek myself met disrespek en oneer losgemaak het van myself sodat ek ander die skuld kon gee vir dit wat ek aan myself doen.
Ek het gehuil oor al die goed wat ek weggegee het, en van my ontneem is; vir alles wat ek vra en nie vir my gegee word nie; vir wat ek graag wou bereik het; vir mense wat my leeg laat en misbruik. Ek het gehuil omdat dit die enigste ding is wat ek nog kan doen.
Gister het ek gehuil omdat ek seer het en omdat ek kwaad is. Omdat die seer en die kwaad nêrens het om heen te gaan nie, behalwe dieper en dieper in die pyn in wat dit alles veroorsaak het en wanneer die pyn so diep is dan maak dit ʼn ander seer in jou wakker.
Ek het gehuil omdat ek nooit huil nie. Ek het gehuil omdat ek nie meer weet wie ek is nie. Ek het met my siel gister gehuil en dit het goed gevoel. Dit was so verskriklik sleg en tog het ek in die middel van my trane ʼn soort vryheid beleef, want gister het ek gehuil met ʼn agenda.”
► Jy kan dit noem: my-release-and-relieve-reboot.
Niemand is te oud, te groot, te sterk, te grênt, of te slim om opnuut te begin en dinge anders te doen nie. As jy voel jy wil ʼn meer betekenisvolle lewe lei en ʼn meer sinvolle bydrae maak dan is daar geen beter dag om te begin as VANDAG nie. Hou op uitstel, hou op wag vir later as dit meer gemaklik of geleë is. Kom ons gesels Sondag verder oor — HOW TO REBOOT YOUR LIFE!
Onthou om jou kruisie te gaan trek vandag en moet nooit hierdie voorreg vanselfsprekend aanvaar nie.
Soos altyd,
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Laai hierdie week se liturgie hier af: 12 Mei 2019
.