“There is a sufficiency in the world for man’s need but not for man’s greed.”
— Mohandas Gandhi —
Ons tema vir die maand is — PEACE OF MIND — en het reeds gesels oor serenity and simplicity, en toe oor sincerity en eerskomende Sondag sluit ons die tema af met ʼn gesprek oor sufficiency.
“Sufficiency isn't two steps up from poverty or one step short of abundance. It isn't a measure of barely enough or more than enough. Sufficiency isn't an amount at all. It is an experience, a context we generate, a declaration, a knowing that there is enough, and that we are enough.”
― Brené Brown, ‘The Gifts of Imperfection’
Lees dié paragraaf van Brené Brown weer ʼn keer …
Dit is vandag reeds 180 dae sedert ons met lock-down begin het. Hoe onvoorstelbaar het die wêreld verander in ses maande ... ons is oorweldig deur feite en statistieke en oorrompel deur die hoeveelheid fake-news en propaganda van wat en waarom, hoe en hoekom hierdie Kroonpespandemie ons lewe tot stilstand geruk het.
Ons kop-in-die-sand houding is wakker geskud uit die illusie van alles wat ons vanselfsprekend aanvaar. Eers was daar die stilte — in strate, tussen winkelrakke, deur nagte ... tot ons later tred verloor het met watter dag dit is, want elke dag was presies dieselfde as die vorige.
Ons moes leer om met nuwe oë te sien. Ons luister het verfyn. Ons voel het aanvoelbaar verbeter. Ons het die waarde van gesondheid herontdek en die gawe van gemoedsrus met albei hande toegevou en in die hart se spens gebêre.
Dit is Lente 2020 ... en die natuur se optimisme bring by ons ʼn nuwe waardering, en die seisoen se vernuwing is die vlerke waarmee ons die somer tegemoet vlieg – gemasker et al.
Ons onthou weer die betekenis van ‘voldoende’ en ‘genoegsaamheid’ ... maar die vrae oor beter-se-beste bly karring-karring:
Wanneer is genoeg, GENOEG? Wanneer is ons tevrede met wat ons het? Waarom die hele tyd nóg ... of soos die Spanjaarde sê: ¡Más! ¡Más! ¡Más! (More!)
Miskien kom dit van kleintyd af waar ons dit net eenkeer te veel van ʼn ouer, ʼn onderwyser, ʼn predikant, ʼn vriend(in) of broer/suster gehoor het, “Jy is nie genoeg nie ...!” Nie mooi genoeg nie, nie slim genoeg nie, nie dun genoeg nie, nie ryk genoeg nie ... nie goed genoeg nie.
Ook in die kerk het ons aanhoudend gehoor dat ons nie ‘goed genoeg’ is vir God nie en ʼn handvol S’e sou dit onderstreep: sonde, sleg, skuldig, skaam, straf ...
Wat verstaan ons dan van 2 Petrus 1:3, “His divine power has granted to us all things that pertain to life and godliness, through the knowledge of him who called us to his own glory and excellence.”
Wat is ons reaksie op 2 Korinthiërs 9:8 as daar staan, “En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk ...” en dan gaan hy verder in vers 10 en 11, “God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei. In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees.”
So, kom ek sê dit vandag in eenvoudige Afrikaans sodat daar geen misverstand kan wees nie — JY IS GENOEG! Jy is genoeg soos jy is, omdat jy is soos jy is, vir wie en wat jy is ... jy is goed genoeg vir God en daarom ALTYD goed genoeg vir my.
Wat het jy om te verloor om te laat los aan wat ander mense van jou dink en om te laat los in hoe jy voel en glo dat jy nie goed genoeg is nie? Soos Brené Brown op ʼn ander plek skryf, “You either walk inside your story and own it or you stand outside your story and hustle for your worthiness.”
Om in jou lyf, in jóú storie te leef, is om jou waarde te besef in die woorde, “Dis is my geliefde seun en dogter in wie ek ʼn welbehae het.” (Matteus 3:17) Dit is om die genoegsaamheid van Jesus se woorde te hoor as hy sê, “Ek het gekom om vir jou lewe, en lewe in oorvloed te gee!” (Johannes 10:10)
Ek hoef nie goed te lyk of goed te wees net sodat God goed sal lyk nie. Ek hoef nie Mr Perfect te wees voor ek uit die beker van ‘abundance’ drink nie ... om die waarheid te sê, is daar net mooi NIKS wat ek kan doen om die seëninge van God meer of minder in my lewe te maak nie. Al wat moet gebeur is wat Paulus noem, “be transformed by the renewing of the mind ...” (Romeine 12:2) en wanneer ek myself fokus op die genoegsaamheid van God val goed in plek en dan SIEN ek die seëninge wat die heeltyd daar is/was.
Kyk vanaand na die sterre. Hoor die stem wat sê, “It pleased the Father that in him should all fulness dwell.” (Kolossense 1:19) Kyk na die dagbreek om daar jou krag en sterkte te vind. Kyk na die voëls en die blomme — for there you will find Beauty and in the Beauty you will find truth and wisdom, and in truth and wisdom you are and have more than enough.
Herein lies our PEACE OF MIND.
Met liefde en waardering Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
“No one can make you feel inferior
without your consent.”
― Eleanor Roosevelt ―
Sondae eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Kontak Ronel (083.631.14.68) vir meer inligting en om te bespreek
ter wille van die nasionale reëls en regulasies.
ASB, as jy bespreek het en nie kan kom nie
laat weet ons vroegtydig want daar is baie wat graag daar wil wees.