“Sincerity increases willingness to care.”
— Toba Beta —
Ons tema vir hierdie maand is — PEACE OF MIND — en het reeds gesels oor serenity and simplicity, en eerskomende Sondag gesels ons oor SINCERITY.
SINCERITY is altyd die eerste hoofstuk in die boek oor Wysheid. Waarvan praat ons as ons praat van sincerity — honesty, genuineness, truthfulness, integrity, trustworthiness, candour, reliability, veracity ... en in Afrikaans beteken dit: opregtheid, eerlikheid, egtheid, integriteit, waarheid, betroubaarheid, en eerbaarheid.
Ja, leierskap vra ʼn sekere intelligensie en ervaring, ʼn sekere wysheid en insig, maar niks hiervan het enige betekenis as dit nie geanker is in ‘eerlikheid’ nie. In ʼn tyd waar die korporatiewe reuse met agterdog, en in ʼn mate met minagting, bejeën word vanweë die gierigheid en grotesque inequality tussen profyt en vergoeding van werknemers, is dit ʼn verligting om te hoor dat daar ʼn skuif besig is om plaas te vind na sincerity, honesty, and integrity.
Die Bybel heg hoë waarde aan 'opregtheid' as Paulus aan Titus skryf, “Show yourself in all respects to be a model of good works, and in your teaching show integrity, dignity ...” (Titus 2:7) Die Griekse woord vir ‘sincerity’ beteken onder andere ook ‘purity’ — waarna Petrus verwys in sy brief, “Having purified your souls by your obedience to the truth for a sincere brotherly love, love one another earnestly from a pure heart ...” (1 Pet 1:22)
‘Opregtheid’ is die eienskap om vry te wees van voorgee, en skynheiligheid. Integriteit word tog gebore uit die vermoë om eerlik met jouself te wees ... en die wêreld honger en dors vir leiers wat op elke vlak van ons samelewing met ‘integriteit’ sal optree.
Maar dit begin seker in ons binnekring waar ons vroeg in ons lewe leer hoe om people-pleasers te wees net sodat ons aanvaarbaar sal wees, nie verwerp sal word nie, kan inpas, en nie aanstoot gee nie. Ons skep ʼn soort van ‘public persona’ om ons (privaat) realiteit te masker. Sosiale Media het die teelaarde geword vir hierdie ‘insincerity, comparison, and playacting’ — binne die ‘cancel culture’ van ons tyd wat verstik van ‘fake news’ en 'propaganda', is dit moeilik om nog te weet: waar raak ons opregtheid aan die werklikheid en waarheid?
Ook die Christendom (soos seker ook ander godsdienste) is vasgevang in ʼn kultuur van ‘insincerity’ — waar ons ‘dink’ aan die minderbevoorregtes, of waar ons ‘dink’ aan iemand wat treur of deur ʼn krisis gaan. Daarom versmoor die kerk aan kommissies waar mans, want dis hoofsaaklik mans, ‘dink’ aan die regte ding om te doen. Die gedinkery word dan pragtig geklee in Christelike terminologie wat soos die Cremora-advertensie van ouds sê, “It’s not inside, it’s onnnn top!”
Die ‘sincerity’ waarvan ons hier praat, kan net uit die hart gebore word. As dit uit die brein kom, kan jy met groot ‘opregtheid’ glo die aarde is plat of met ‘eerlikheid’ oortuig wees dat swartmense is nie so goed soos witmense nie. Eersgenoemde maak jou onkundig en laasgenoemde maak jou ʼn rassis.
W.E.B. Dubois vra in sy briljante boek, The Black Flame Trilogy die vyf belangrikste vrae oor integriteit: “How shall Integrity face Oppression; what shall Honesty do in the face of Deception; Decency in the face of Insult, Self-Defence before Blows; what shall Virtue do to meet Brute Force?” — die antwoord, volgens my, op al vyf is dieselfde: LOVE ... love through integrity, love in honesty, love through sincerity, love in virtue and truthfulness.
So, wat sê ‘sincerity’ dan —
As ‘sincerity’ hand aan hand gaan met ‘authenticity’ dan is die vraag weereens, HOE? —
En dit, dink ek, is meer as genoeg vir vandag.
Sincerely, Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
be an original,
it's worth so much more
than a fake
― Anonymous ―
Sondae eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Kontak Ronel (083.631.14.68) vir meer inligting en om te bespreek
ter wille van die nasionale reëls en regulasies.
ASB, as jy bespreek het en nie kan kom nie
laat weet ons vroegtydig want daar is baie wat graag daar wil wees.