Potgooi:
“It is not surprising to be born twice; everything in nature is resurrection.”
— Voltaire —Dit is ons Heilige Maand waar Christene tot aan die uithoeke van die Aarde die volgende paar weke Paasfees vier.
Miskien net eers weer verstaan hoe die datum vir Paasfees elke jaar bepaal word:
In die Noordelike Halfrond is 21 Maart die Lente Equinox en Paassondag is die eerste Sondag, na die eerste volmaan, na 21 Maart.
Paasfees in die Noordelike Halfrond gaan gepaard met die begin van Lente — om spreekwoordelik op te staan uit die dood van Winter.
Dit sou daarom veel meer sin maak as ons in die Suidelike Halfrond ons Paasfees in September vier.
Waaroor gaan Paasfees?
Vir die Christendom gaan dit oor die lyding, dood, en ‘opstanding’ van Jesus. Helaas is Paasnaweek vir die meeste mense ʼn lang-naweek en val gewoonlik in ʼn skoolvakansie. Mense sit so paar dae verlof in en dan pak ons die kar en Venter-waentjie om so bietjie “weg te kom” sonder om twee keer te dink oor die betekenis en invloed van Paasfees op elke aspek van ons menswees.
Die Griekse werkwoord vir ‘opstaan’ is egeiro — soos om vanuit ʼn bed of vanaf die grond ‘op te staan’. Die woord wat gebruik word om van Jesus se ‘opstanding’ te praat, is anastasis wat beteken: geestelike ontwaking (awakening), herlewing, wedergeboorte.
Kan dit wees dat sy ‘opstanding’ nie ʼn resussitasie van ʼn liggaam was nie — maar soos Richard Rohr sê, “the awareness of the presence of God in die awakening of the Christ in us all.”
Wat die dissipels en volgelinge van Jesus ervaar het na sy dood, was ʼn deurleefde bewuswording van sy teenwoordigheid wat gelei het tot ʼn ingrypende herlewing en transformasie in Christus. Die enigste manier hoe hulle hierdie ervaring kon beskryf, was om dit ‘resurrection’ te noem.
“Very simply, the resurrection
is the overcoming of death. It is a reawakening; a rebirth; a change of mind about the meaning of the world.” ― A Course in Miracles —Die transformasie (rebirth, resurrection, renewal, revival, renaissance, restoration, reawakening) wat gepaardgaan met Paasfees, is waaroor ons dié maand gaan gesels.
Hierdie gety van purper-pers is eenmaal per jaar ʼn geleentheid om na te dink oor wat die opstanding vir jóú beteken en hoe dit ʼn verskil maak in jou geestelike lewe.
Herken jy ʼn opstanding in jou eie lewe wat nie noodwendig met aardbewings of tsunami’s kom nie, maar in die gewonigheid van elke dag, die keuses en besluite wat ons maak, en hoe om mý lewe te belyn met dié Lewe wat magtiger is as die dood.
“Daarom, as iemand in Christus is, het die nuwe skepping gekom: Die oue is weg, die nuwe is hier!” — 2 Korintiërs 5:17
Kom ons kyk na ʼn paar maniere hoe hierdie anastasis (geestelike ontwaking) in ons persoonlike lewe ervaar kan word.
1. Die Kruis
Ons kruisig onsself elke dag tussen die twee rowers van skuldgevoel en vrees, en weet gewoon nie meer hoe om blame-shift te vervang met vergiffenis, en vrees met liefde nie.
Miskien is daar iemand wat hier lees wat voor ʼn geweldige keuse staan: 'n besluit om jou werk te bedank, dalk te emigreer; dit kan wees dat jy of 'n geliefde ernstig siek is; miskien is iemand na aan jou onlangs oorlede en die verdriet oorrompel jou daagliks; of miskien is jy onder enorme finansiële druk met geen idee hoe om uit die skuld te kom nie; of dalk is jou verhouding / huwelik op die rotse en dit is tyd om te LET GO.
Die vraag is of ons in dit alles steeds ons “kruis kan opneem en Hom volg” of gaan ons terugdeins en inmekaar trek? Kan ons die uitdagings aanpak en besef daarin lê verandering en verdieping? Dan sal ons besef dat Golgota nooit die einde is nie.
2. Die Graf
Net soos ʼn koringkorrel in die grond sterf om geboorte te gee aan ʼn oes het ons dit nodig om te sterf in ons persepsies en projeksies, ons maskers en sluiers wat maak dat ons nie ons Waarheid kan uitleef nie.
Die graf is ook die plek waar ons nader staan aan ons Self en eerlik is met onsself. Dis waar ons wéét dat iets moet verander voor enige iets gaan vernuwe.
Iedereen van ons was al in die graf! Daardie dae en nagte wat jy gedink het dit is die einde — maar dan het ʼn liefdevolle hand ons daaruit gelig met die woorde: “Kom uit die graf, want dit is nie jou plek nie! Ek het juis gekom om vir jou LEWE te gee en dit in oorvloed.”
Ook die graf is nie die einde nie. Dit is net ʼn deurpad maar noodsaaklik vir wat volg.
3. Die Opstanding
Dit is die simbool van triomf waar al die duisternis nie die Lig kan doof nie. Die belofte van ʼn nuwe lewe waar geloof, hoop, en liefde seëvier — met die grootste van die drie, die LIEFDE.
Hoor ons weer die woorde van Jesus:
“Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?” — Johannes 11:25-26
Verseker praat hy tog nie van ons fisiese dood nie maar van ʼn lewe wat totaal gevul is met die teenwoordigheid van God. Soos die seisoen van Lente bring Paasfees vir ons die ervaring van wat dit beteken om ten volle te LEEF.
Hierdie wedergeboorte manifesteer in elke opstanding waar ons liefde kies bo vrees, compassion bo veroordeling, vrede bo konflik, authenticity above denial.
Moenie dat hierdie jaar se Paasfees net nóg ʼn langnaweek is nie.
Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.