'n Nuwe Begin vir 'n Beter Jy III

Potgooi:

“Authenticity is the daily practice of letting go of who we think we’re supposed to be and embracing who we are.”
— Brené Brown —

Wanneer ons aan die begin van die jaar dink oor ons drome, aspirasies, wense, en ideale vir die jaar wat voorlê, is dit ʼn rare oomblik waarin ons onsself vra wat werklik belangrik is, en wat dit beteken om getrou te wees aan onsself — ons waardes, oortuigings, en gevoelens.

Sonder ‘authenticity’ is enige voorneme leeg en onvolhoubaar. As ons in die verwagtinge van ander leef, weet ons later glad nie meer wie ék is, of wat vir mý belangrik is en vervulling gee nie.

Ons sien dit baie in verhoudings waar iemand gekies word op grond van wat hulle vir jou kan doen en gee, hetsy materieel of finansieel — solank ek iets daaruit kry. ‘LIEFDE’ is nêrens in die prentjie nie, of dit emosionele en spirituele waarde toevoeg, is nie van belang nie.

Om ʼn beroep te kies net vir die salaris en prestige en nie oor die vervulling van jou passie en wat waarde en betekenis toevoeg nie, is om jou siel te verraai.

Wanneer ʼn mens eerlik is met jouself — die waarheid van jouself vir jouself kan sê — is dit maklik om jou gedagtes en gevoelens te verwoord. ʼn Mens is ook gemaklik om boundaries neer te lê sonder skuldgevoel of vrees vir verwerping.

Sonder moeite kan ʼn mens met empatie en deernis ander toelaat om hul ‘authentic self’ te wees. Dit verfyn ons kommunikasie en so kom daar meer begrip en minder reaksies, meer respek en minder veroordeling.

Voorbeeld: Jy kan beleefd 'n sosiale uitnodiging van die hand wys wanneer jy rus nodig het eerder as om verskonings te maak.

Wanneer ʼn mens getrou is aan jouself is ʼn mens ook vanselfsprekend meer betroubaar, en dan vat ʼn mens sonder moeite verantwoordelikheid by die werk en in jou gesin.

Voorbeeld: Jou man/vrou en kinders kan net van jou oorloop drink. As 'n mens nie na jouself kyk nie is daar binnekort niks om na te kyk nie. Hier praat ek van jou emosionele en spirituele balans wat NÉT so belangrik is as jou liggaamlike gesondheid. Jy kan vir jou gesin verduidelik dat jy ‘stiltetyd’ nodig het omdat dit belangrik is vir jou verhouding met jouself, met jou geliefdes, en met God.

Met dit kom ʼn enorme vryheid om te kan sê, “Ek het 'n fout gemaak, en ek is jammer,” of “Dit sal vir my lekker wees as ons dit kan saam doen.”

Hoe manifesteer authenticity in ons dag tot dag se lewe —

  • Om met dissipline en toewyding stiltetyd deel van ons oggend-roetine te maak en joernaal te hou van wat ons intensies is om meer authentic te leef deur die dag.
  • Dit te inkorporeer in ons persoonlike keuses soos byvoorbeeld, dra klere wat jou goed laat voel en nie omdat dit jou aanvaarbaar maak of 'n mode-gier is nie.
  • Met groter dankbaarheid te leef vir wat jy HET en minder behep met wat jy wil hê, groter waardering vir wie jy IS en minder spyt oor wat jy wou wees.
  • Besluite te maak wat belyn is met jou waardes en nie wat ander gaan happy maak nie, en in hemelsnaam — om liefde te kies bo vrees!

In 1981 publiseer George T. Doran ʼn referaat in die ‘Management Review’ met die titel: “There’s a S.M.A.R.T. Way to Write Management’s Goals and Objectives.”

1. Specific: fokus op duidelike intensies

Doelwitte moet duidelik gedefinieer word en ondubbelsinnig wees. In plaas van om te sê, “Ek wil gesonder leef,” sê eerder, “Ek gaan elke dag 30 minute stap.”

2. Measurable: verbetering deur aanspreeklikheid

Vra jouself, “Wat wil ek bereik; Hoe gaan ek dit doen; Hoekom is dit belangrik?” In plaas van om te sê, “Ek wil my verhouding met God verbeter,” besluit, “Ek gaan begin met 7 minute ʼn dag se stiltetyd en sien hoe dit al my verhoudings verbeter.”

3. Achievable: vestig jou aspirasies op realiteit

Ons het September laas jaar hieroor gepraat: Set goals, not expectations. Goals should serve your purpose. Find your purpose, and it will lead you to fulfilment.

Die een ding wat authenticity bring, is ‘to be real’ — dit weet wat jy kan en wat jy nie kan nie, dit wys wat jy kan leer, en hoe jy kan verbeter. Begin waar jy is, gebruik wat jy het, doen die beste wat jy kan.

4. Relevant: bly getrou aan jou kernwaardes

Jou doelwitte moet jou persoonlike waardes reflekteer. Dit moet die kompas na jou Ware Self wees. In plaas van om te sê, “Dis nie maklik nie en die uitdagings is net te groot,” sê eerder, “My aanpasbaarheid maak dit moontlik.”

5. Time-Bound: merkers wat vordering wys

Sit jou intensies om in aksie. In plaas van om te sê, “Ek wil meer dankbaar leef,” besluit vir jouself, “Ek gaan elke oggend voor ek met my werk begin in my joernaal 3 goed skryf waarvoor ek dankbaar is. Teen die einde van die maand gaan ek dit saans ook doen.”

Hier is die vraag: Hoe op dees aarde gaan jy dit ooit in jou besigheid doen as jy dit nie eers in jou persoonlike lewe regkry nie?

Vra jouself: Gaan ek net hierna luister, hieroor dink, of gaan ek iets daadwerkliks DOEN om hierdie jaar anders, ANDERS te maak vir 'n beter weergawe van myself?

En mag ek vra: Waar is God in dit alles as ek sê dat geloof my hoeksteen, hoop my vensters, en liefde my tuin is — maak dit enige verskil in my Nuwejaarsvoornemens?

Dit is ʼn vraag wat ʼn antwoord verdien.

Met liefde, soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Life is too short to hide your true self—show up, be authentic, and let the world see the real you.”  
― Esther Perel ―

 

 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights