'n Nuwe Begin vir 'n Beter Jy

Potgooi:

“Every day is an opportunity to begin again. Every day is your birthday.”
— Dalai Lama —

Mag ek begin om vir jou en al jou geliefdes ʼn geseënde jaar toe te wens.

Ek het elke jaar een woord wat in ʼn strikkie om my hart geknoop word om elke dag te onthou. My woord vir 2024 was ‘mindfulness’ (i.e. om bewustelik, oplettend, en aandagtig te leef).

Die woord waarop ek besluit het vir 2025 is ‘abundance’ (i.e. om in die rykdom van gees te gedy in die vervulling van lewensvolheid).

Die laaste paar dae was daar baie introspeksie en self-refleksie om vir myself te vra WAT ek vir myself en Neo-Spektrum toewens vir die nuwe jaar, en HOE gaan ek dit verwesenlik?

In my dagboek het ek ʼn hele bladsy geskryf en afgesluit met die sin: “Laat ons U seëninge in ons hoop en drome, wense en aspirasies sien, O Heer. Mag ons die oorvloed van U liefde ervaar in alles wat ons is en doen hierdie jaar.”

Ek gaan soek toe na my dagboek van vyf jaar terug om te sien wat ek vir myself gewens het vir 2020 min wetende hoe daardie jaar die wêreld tot stilstand sou ruk met Covid, en daar lees ek toe weer hierdie aanhaling en besluit — THAT’S IT, dit is wat ek in my hart se spens gaan sit vir 2025!

‘Live fully, love wastefully and being all that we can be’ is my definition of seeing the presence of God in human life. To live for another is to escape the natural human drive to survive and to enable us to live for others, to give ourselves away in love for another. It means placing someone beside ourselves at the centre of our affections. It is to recognize that God is part of who we are and that we are part of who or what God is. God is the quality of life that I see in the face and memory of Jesus that transcends the ages. It also transcends the limits of the literal words in the biblical text. That quality is why I assert with St. Paul, that somehow and in the same way God was in this Jesus. That is finally why I am a committed Christian.”
— John Shelby Spong

1. “Live fully” — om die volheid van lewe te omhels

Om met dankbaarheid en waardering in die hier en nou te leef. Nie langer slawe van ons vrese vir veroordeling en verwerping nie, ook nie meer agter die tralies van ons obsessies nie (i.e. our over-thinking and intrusive thoughts).

Om weer die belangrikheid van intellektuele, emosionele, en spirituele groei te besef as essensieel vir “living a full life”.

2. “Love wastefully” — deur ons onvoorwaardelike omgee en liefde

Hoe lyk daardie ‘onvoorwaardelike’ liefde sonder verwagting of verpligtinge?

Hoe breek ons met liefde deur die grense vir hulle wat anders as ons glo, van ons verskil, en vir hulle wat steeds vasgevang is in vooroordele, agterdog, en onkunde?

Miskien net eers ons eie skadukant (h)erken, en daaraan werk om self meer verdraagsaam te wees. Om weer die Goue Reël (i.e. doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê) te onthou, en om meer te gee as wat jy vat — en wat jy vat nie vanselfsprekend te aanvaar nie.

Kersfees het ons herinner: Wees jý die rede waarom iemand weer in liefde glo!

3. “Being all that we can be” — want so vervul ons ons Goddelike potensiaal

Om weer ons eie Godgegewe gawes en talente te ontdek en te kultiveer. Om op die drie pilare van geloof, hoop, en liefde te bou, om sodoende die beste weergawe van onsself te ontsluit.

Ons aanvaar die dinge waarin ons minder goed is, en omring ons met mense wat ons daarmee kan help. Ons maak ons gedagtes, hande, en harte oop om waarde toe te voeg tot ander se lewe, om meer authentic te leef, en te doen wat ons sê ons gaan doen.

4. “Seeing the presence of God” — in alles wat ons is, doen, en deel

Om die ‘teenwoordigheid van God’ te sien in die Skepping, in die Natuur, in die gesig van elkeen wat ons pad kruis, en in elke verhouding waarin ons staan.

Dit begin met ons eie verhouding met God, en om dit met meer dissipline en toewyding te koester want dit gee die lewe betekenis, dit maak sin van al ons onsin, en gee ons lewe purpose — wat lei tot ʼn lewe met meer vervulling.

Dit vra ʼn radikale nuwe Godsbegrip. Om God te ervaar buite dogmatiese begrensing en om te weet dat jý maak saak — op die naam, met jou ervaring, in jou milieu — en jý is geroep om ʼn verskil te maak.

Die kwaliteit van ons interpersoonlike verhoudings asook die diepte van ons geestelike lewe hang hiervan af.

“How we see God, is a direct reflection of how we see ourselves. If God brings to mind mostly fear and blame, it means there is too much fear and blame welled up inside us. If we see God as full of love and compassion, so are we.”
— Shams Tabrizi

Ons gesels hierdie maand oor: ʼn Nuwe Begin vir ʼn Beter Jy — en dan kyk ons Sondag na ʼn handvol maniere om realistiese Nuwejaarsvoornemens te maak en dit deur te sien. Asook hoe om te herken wat regtig saak maak en hoe om ons tyd en energie daarin te belê.

Dan sal dit regtig, soos in regtig, ʼn mooi en geseënde jaar wees.

Maar vandag sê ons — a New Year and a New Me!

Met liefde, soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Don’t go with the flow.
Be the flow.”  

― Shams Tabrizi ―

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights