Mededelinge

Sondagdiens

31 Maart 2019

herfs

Vandag se boodskap is net ʼn kort ‘DANKIE’ en een of twee mededelinge want ek vat eerskomende naweek ʼn welverdiende af-naweek. Ds. Louis van der Riet sal vir ons Sondag se diens lei en ALMAL is welkom om vir ʼn uur by ons aan te sluit om saam met hom die spore van Liefde te stap wat Lig en Lewe gee.

Ons staan aan die begin van ʼn nuwe seisoen en Herfs is só 'n mooi seisoen in die Kaap. Die lig verander en word sagter, die dae word korter, en oral staan die bome en landerye in roesbruin-koper en ou-goud. Dit is ook die seisoen van purper pers in ons Kerklike jaar waar ons stilstaan by die herdenking van Jesus se lyding en sterwe. Dit is inderdaad ʼn tyd van introspeksie, inkeer, restourasie en werklik ook ʼn tyd van transformasie. Dit is in jóú en my hande wat ons met hierdie jaar se Paasfees gaan doen — net nóg ʼn langnaweek, of ʼn tyd van geestelike verdieping en ʼn hernude toewyding?

Dankie uit my hart vir elkeen van julle se saamreis. Dankie vir elkeen wat hulself deel voel van ons Wysheidsirkel. Dankie vir ons Leierspan en hul betrokkenheid by ons gemeente en die verskil wat hul maak in Neo-Spektrum. Dit is voorwaar tien manne en vroue wat vasvat en raakvat. Dankie vir julle wat Sondae die moeite doen om te ry na ons kapel. Sommige so ver as die Strand en Stellenbosch, heelwat uit die stad en selfs Blouberg. Dankie vir elkeen wat weekliks saamlees aan ons e-pos en vir elkeen wat my na hul huis nooi vir ʼn gesels en soms net ʼn gebed. Julle gee betekenis aan my ‘roeping’ en is die inspirasie om te doen wat ek doen. Uit my hart, ʼn dankie.

Ons is in die proses om te registreer as ʼn Artikel 18a maatskappy wat belasting voordele het vir ons donateurs en beskermhere. Ons het een of twee veranderings nodig in ons konstitusie en vra dat almal wat lede is van Neo-Spektrum NGO asseblief Sondag 14 April by ons sal aansluit net na die diens om dit goed te keur. GROOT ASSEBLIEF. Dit sal nie meer as 10 of 15 minute duur nie.

Almal is seker teen die tyd bewus van die groot verskil van Neo-Spektrum maak in ons onmiddellike omgewing. Ons betrokkenheid by Attie van Wyk landelike skool; die drie kinders wat daar op Laerskool was wat ons nou help deur Hoërskool; ons betrokkenheid by MES-aksie in Bellville wat daagliks aan mense wat op straat leef ʼn stukkie menswaardigheid teruggee, by Huis Jabes wat ʼn veilige tuiste is vir vroue en kinders wat uit gesinsgeweld beskerming soek; asook ons betrokkenheid by bejaardesorg waar ons uitreik na hulle in die Winter van hul lewe en vir hulle vir hulle die geleentheid gee om uit te kom en goed te doen wat vir hulle lekker is en vreugde gee. Op vele ander terreine maak ons ʼn verskil.

Daarom neem ek die vrymoedigheid om vir jou te vra: wil jy nie vir ons ʼn bydrae maak vir ons projekte nie? Jy kan dit eenmalig of maandeliks doen. Daar word goed toesig gehou oor ons finansies met verantwoordelike kontrole waar en hoe ons die geld aanwend. Al wat ons vra is dat jy jou hart sal oopmaak en ons finansieel ondersteun. Groot asseblief en dankie dat ek kan vra. Hier is ons besonderhede:

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Of maak 'n maklike betaling met SnapScan:

Ten slotte is daar twee datums in Mei wat ek wil vra jy onderstreep en dit is die twee Saterdae wat ons die Geskiedenis van die Bybel aanbied. Saterdag 11Mei doen ons die Ou Testament van 9am tot 1pm en die volgende Saterdag 18 Mei doen ons die Nuwe Testament. Vir eens en vir altyd sal jy verstaan waar kom die boeke van die Bybel vandaan; wie het dit geskryf; wat het dit beïnvloed; wat is die verskillende genres; aan wie is dit geskryf en waarom is dit vandag nog relevant en belangrik? Ons begin by Abraham ± 2000BC en eindig by Konstantyn in 325CE. Dit word elke jaar goed bygewoon en daarom wil ons nou reeds vra dat jy die Saterdae sal onderstreep vir ʼn heerlike reis vol stories, metafore, geskiedenis, poësie, wysheid, en op die ou einde waarhede wat ʼn verskil maak in ons lewe.

Wens vir julle ʼn geseënde week verder.
Soos altyd

.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Don't live the same year 75 times
and call it a life”

― Robin Sharma

.

A COURSE IN MIRACLES

STAD: 8 April 2019 @ 19h30
KOLPING: 4 April 2019 @ 19h30

Ons lees hierdie jaar Rob Bell se boek:
"What We Talk About When We Talk About God"
[bring steeds jou ACIM boek saam]

SONDAGBYEENKOMSTE

Om ons weeklikse "Broodjie vir die Week" per e-pos te ontvang, voltooi asseblief:

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights