"Courage is the most important of all the virtues because without courage, you can’t practice any other virtue consistently.”
— Maya Angelou —
Ons het die maand gesels oor die lesse van dié seisoen en hoe ʼn mens die lig word in die donkerte van Winter.
Die eerste was die waarde van STILTE, en toe oor die betekenis van BEAUTY. Laas week het ons gepraat oor dat dit juis die Winter is wat ons wys hoe om VERTROUE te vind en te behou in mense, en die seisoene van ons lewe.
Vandag sluit ons die tema af met ʼn paar gedagtes oor die les van MOED (courage) veral in ons kwesbaarheid en weerloosheid (vulnerability).
“Owning our story can be hard but not nearly as difficult as spending our lives running from it. Embracing our vulnerabilities is risky but not nearly as dangerous as giving up on love and belonging and joy—the experiences that make us the most vulnerable. Only when we are brave enough to explore the darkness will we discover the infinite power of our light.”
– Brené Brown
In ʼn wêreld van roltrappe, hysbakke, remote controls, mikrogolfoonde, kitskos, en weggooi-doeke het alles makliker geword. Daarbenewens is alles gejaagd en word ons opgejaag van huis na werk, van een verpligting na die ander.
Min mense deel nog hul stories of weet nog hoe om hulself te wees. Ons hoor selde nog ons eie hartklop (wat nog te sê die van ander), en die Stem aan die binnekant het al hoe sagter geword in die kakofonie van ʼn wêreld wat ons verskree.
In ʼn kultuur van sosiale media maak ons vrees vir veroordeling en kritiek ons passief, en gewoon te bang om dit te waag ons eie spore te trap. Die vrees vir ‘public shaming’ stroop jou van enige moed om braaf genoeg te wees om te doen wat jou hart vir jou sê om te doen.
Die moderne samelewing het ook ʼn kultuur geskep waar alles gemaklik moet wees en om hierdie lewenstyl vol te hou, gaan ons geen risiko neem om uit jou gemaksone te stap nie — selfs al is dit ten koste van jouself.
Ons is oorweldig deur ‘information overload’ en ʼn oorvloed van keuses dat ons oor niks meer kan besluite maak nie. Ons dobber maar saam die stroom en gryp na elke klip en stomp wat verby ons dryf.
In die gebrek van ‘support systems’ voel ons geïsoleerd en minder bereid om ʼn dapper tree te gee na iets beter of na dit wat goed en betekenisvol is. In die sekuriteitskompleks van ons huise het ons mure en heinings om ons menswees gebou waar ons nie eers meer weet hoe om ʼn hand uit te steek na iemand anders — wat nog te sê ʼn helpende hand te vat nie.
“When we honestly ask ourselves which person in our lives mean the most to us, we often find that it is those who, instead of giving advice, solutions, or cures, have chosen rather to share our pain and touch our wounds with a warm and tender hand.”
— Henri Nouwen
Nêrens is dit meer duidelik sigbaar as in ons intieme verhoudings nie — of dit vriende en familie, of in ons huwelik is — het ons meer vrese as moed, het ons bang geword vir alles en almal en so onsself verloor.
As ons nie eers die moed het onsself te wees nie, as ons nie die moed het om ons weerloosheid met ʼn ander te deel nie, hoe op aarde gaan ons die moed hê om enige iets te doen of te verander buite die dampkring van hulle met wie dit veronderstel is om veilig te wees.
Ons het vergeet —
“To share your weakness is to make yourself vulnerable; to make yourself vulnerable is to show your strength.”
— Criss Jami
Dit is ook waar in ons verhouding met God. Ook daar is ons te bang om ons maskers af te haal en die sluier te lig oor wie ons werklik is.
As ons glo God gaan ons veroordeel en verwerp dan doen ons dit ook met mekaar. As ons glo God se liefde en genade kom met voorwaardes en verpligtinge dan doen ons die ook teenoor mekaar.
Maar, as ons glo dat God stort sy liefde oor ons uit sonder om ʼn druppel te mors en dat ons niks kan doen om God se liefdevolle-goedheid (grace) meer of minder te maak nie dan bemagtig dit ons om dit ook te wees en te word vir ons medemens.
Hoe dikwels het ek al gesien hoe ons op ons klein eilande leef en te bang is vir die branders en golwe. Ons kerm en kla hoe baie haaie daar is, hoe ons nie goed genoeg kan swem nie, en dat ons eers ʼn waarborg wil hê dat die vasteland beter is as ons klein mentaliteit waar ons om die eiland in ons kop kan stap in ʼn dag.
Maar dan is daar diegene wat sê, “HIER GAAN ONS! Ons gaan water trap en sluk, ons gaan aan mekaar moet vashou as ons krampe kry, maar HIER GAAN ONS!” want dit is op die vasteland waar daar boorde vol vrugte en landerye vol kos is. Dit is op die vasteland waar ons konneksies bou en ʼn veel dieper lewenservaring het.
Kom ons gesels Sondag oor dapperheid en weerloosheid. Kom ons verken ʼn paar maniere om ons vrese in die oë te kyk en hoe om vir hulp te vra as ons oorweldig word deur die uitdagings van die lewe.
Kom ons kyk hoe ons meer empatie kan kultiveer vir hulle wat hulself verloor het en nie meer die moed het om op te staan nie, en hoe ʼn mens weer beddings maak in jou tuin vir as die Lente kom.
Soos altyd, met liefde
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.