Lig in Duisternis II

Potgooi:

 

“Summer is the time for squabbles. In winter, we must protect one another, keep each other warm, share our strengths.”
— George R.R. Martin —

Die Winter is hierdie week behoorlik op ons. Op Facebook is foto’s van sneeu oral in die Wes-Kaap, en heelwat plekke in die binneland laat weet dit is -5 / -10°C snags.

Winter is letterlik en figuurlik, 'n seisoen wat ryk is aan lewenslesse. Dis ʼn seisoen van so 'n klein bietjie stadiger oor die klippe, ʼn tyd vir nadenke en introspeksie, en om op ons innerlike krag staat te maak.

Die dae is korter en die nagte is langer, asof dit ons herinner aan tye wat gevoel het dit is meer donker as lig om ons. Die storms is metafories van hoe daar soms tye is wat die winde van onsekerheid en stortreën van hartseer ons pad verspoel. Ons kry soms koud en verlang na die warmte van lyf wat ons sal vashou en sê, “ek sal jou warmkombers en sambreel wees tot die Lente kom.”

Hierdie seisoen van ‘slow-down’ bring ʼn stilte aan die binnekant sodat ons weer onthou om sag met onsself te wees — more gracious and more kind with ourselves.

Daar is meer helderheid, meer duidelikheid in die simplisiteit van stilte en die eenvoud van net WEES sonder om die hele tyd te wil DOEN of êrens anders te moet wees.

Die emosionele en geestelike Winters leer ons om met geduld en uithouvermoë weer te fokus op dit wat vir ons belangrik en essensieel is, asook ons interpersoonlike verhoudings en diep konneksies wat ons deel met ons geliefdes.

In die ander seisoene is ons die meeste van die tyd ‘all over the place’ maar in die Winter is om gesien, gehoor en erken te word, die vonk vir die vuur aan die binnekant.

Die vlam wat ons terugbring na die hier en nou waar ons met albei voete op die grond staan. Om volkome teenwoordig te wees, is die kaggel waar die gloed van helderheid, nugterheid, en ontvanklikheid ons harte en gedagtes verwarm.

Soos laas week ook gesê, ek hou van die Winter, want ek kry meer werk gedoen. Ek is meer kreatief, het meer tyd vir stil word, want die hibernasie van Winter maak die skat van Lente soveel beter, en die waardering vir Somer soveel groter.

Winter is die enigste seisoen waar ons ons asem sien. Ons wasem bollinkies teen glas en skryf ons drome en wense op ruite. Ons lywe het ʼn dieper waardering vir die hitte van ons huis met ʼn warm bed en water om in te slaap en te stort — ʼn voorreg wat miljoene mense in ons land nie het nie.

Omdat die Kaap asemrowend mooi is in die Winter is daar by ons ook ʼn verwondering oor die natuurskoon wat dié seisoen bring — dit is ʼn les oor die betekenis en waarde van alles wat mooi en bekoorlik is. Soos al dikwels gesê, beauty is my religion!

When I see beauty, I see God — beauty is the awareness of the presence of God.

Elke seisoen het sy eie bekoring. Daar is mooi in elke seisoen, maar in die winter is daar ʼn dieper bewustheid waar ons besef dat BEAUTY is iets wat vanuit die siel kom. Dit is nie iets wat jy kry of maak of vir jouself kan hou nie… dit is ʼn lig vanuit die hart. Ons vind daardie lig net as ons na binne gaan, en Winter is die regte tyd.

Daarom is die vraag vandag: waar is jou vuur wat jou verwarm as die dae kort en die nagte lank en koud is; waarheen gaan jy as die storms jou uithouvermoë toets en as jy voel soos 'n blaar wat sy boom verloor het?

Op die vooraand van ʼn verjaarsdag, in ʼn week wat besonder koud en nat is in die Kaap, dink ek onwillekeurig terug oor die jaar wat verby is. Ek dink aan die mooi en goed en lief wat elke seisoen gebring het.

Vandag kyk ek na die wolke — nie vir die storms en reën wat dit bring nie, maar hoe dit juis die wolke is wat elke sonsopkoms en ondergang inkleur.

Ek dink aan die BEAUTY van die afgelope jaar wat op ʼn duisend en een maniere in my lewe gemanifesteer het. Ek pak dit in my knapsak in hierdie winterseisoen van rus en vernuwing sodat dit die brandhout sal wees as die Lente kom.

Daar is sóveel mooi herinneringe van die laaste jaar, soveel goed wat ek vir die eerste keer in my lewe gedoen het, soveel nuwe ervarings, soveel geleer en gegroei.

As die Winter dan die seisoen is van nader aan mekaar staan om ons hitte met mekaar te deel dan is dit my opregte intensie om hierdie Winter die lig te wees vir elkeen wat hom- of haarself in die koue nat donkerte bevind.

Hierdie is juis die seisoen om meer liefdevol teenoor mekaar te wees, wat ʼn groot verskil maak in die een wat gee én die een wat dit ontvang se lewe. Om dit te doen met ʼn oor wat luister en ʼn tong wat fluister, deur gebare wat die warmte van lig versprei.

Meer ondersteuning van mekaar en om mekaar te dra en te verdra met aksies en reaksies wat ʼn ander persoon optel en bemoedig.

Bowenal om meer dankbaar te wees vir wat ek het.

Met liefde

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Winter is a time to strip back to the essentials, the raw elements of existence, to find what truly sustains us.” 
― Katherine May ―

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights