“Know it well, love is its meaning.
Who reveals this to you? Love.
What does he reveal? Love.
Why? For Love.”
― Lady Julian of Norwich —
Van kleinsaf is ons geleer om ‘nie met vuur te speel nie…’ letterlik omdat dit die huis kan afbrand, maar figuurlik omdat dit ly tot teenspoed en verdriet.
Die metafoor van die VUUR-ELEMENT kom ook met sy eie paradoks — dieselfde vuur wat ons verwarm en veilig hou, die donkerte verlig en ons kos voorberei, kan alles wat vir ons kosbaar is in ʼn oogwink vernietig.
Vanuit ʼn spirituele perspektief verteenwoordig vuur ons passies, geesdrif, ywer, kreatiwiteit, en motivering (soos om ‘vuur onder iemand se alie te maak’).
Vuur word spiritueel ook gesien as ons innerlike lig en is ʼn lewende simbool van die Goddelike Vuur wat in elke siel brand.
Die Hebreeuse woord vir vuur is: אֵשׂ (esh) —
Die Griekse woord vir vuur is: πῦρ (poer) —
Dit is duidelik dat in die Bybel staan VUUR in verband met God se teenwoordigheid, en as Jesus ons enige iets kom leer het dan is dit die feit dat hierdie ‘teenwoordigheid’ net ervaar kan word deur die LIEFDE wat in ons brand.
Daar is nie ʼn Hindu, Buddhist, Joods, Moslem, of Christen manier van liefde nie. Daar is nie ʼn Metodis, Lutheraan, Katolieke, Ortodokse, of Protestantse manier van liefde bewys teenoor jou medemens nie. Daar is nie ʼn straight of gay, wit of swart manier van liefde deel en gee nie. Daar is nét LIEFDE.
God is liefde. Hierdie liefde is God. Nét liefde. Ons God is LIEFDE.
Hierdie maand se gesprek gaan oor VUUR IS LEWE en wat sê die GLOED VAN LIEFDE van God se Teenwoordigheid in ons lewe? Hoe antwoord jy die vraag as iemand jou vra, “Glo jy in God?” ... en wat sê jy as iemand vra, “Wat se verskil maak dit in jou lewe?”
In die Westerse Wêreld wat hoofsaaklik Christene is, is daar (steeds) ʼn verknogtheid aan ‘vorm’ asof God enige vorm het — hetsy ‘man’ (derde persoon, manlik, enkelvoud), of ‘wese’ (being), of ‘persoon’ … sonder om te weet dat die Griekse woord personō letterlik beteken: per (through) + sono (sound) = through sound ... en nie ʼn objek nie.
Die meeste Christene sal sê, ‘God is a being’ waarin ons kan glo of nie, of mee kan saamstem of nie. ‘God is a being’ wat in die hemel is, word geglo, en God sien en hoor en voel soos ons.
In die Judaïsme is daar geen konsep van God as ‘a being’ nie want die Torah leer dat “God is BEING itself.”
Wat wel waar is, is waarna Handelinge 17:28 verwys as dit sê: “For in him WE live and move and have our being.”
God het geen vorm, definisie, of dimensie nie, en die Torah leer dat om vir God enige vorme, definisie, of dimensie te gee, is ʼn dwaalleer.
Sonder om die vuur ʼn vorm te gee, sien ons alles om ons as gevolg van die lig. Sonder om aan die vlamme ʼn definisie te gee, proe ons die kos wat daarop voorberei is. Sonder om van die gloed ʼn objek te maak, hou dit ons warm en beskerm ons van ongediertes.
Die vuur staan nie eenkant van alles wat ons sien en ervaar nie. Net so is God nie êrens anders en kyk van daar na hier, weeg en meet ons, en besluit wie is waardig om die gloed, vlamme, en vuur te gebruik en te geniet nie … NEE, God is die vuur wat in ons harte brand. God is die gloed wat ons liefde verwarm. Die vuur sê: God is hier.
God is ʼn werkwoord. God is ʼn verhouding. God is ʼn interaksie. God is inherent LEWE self.
Wat is liefde (God) anders as ʼn aangetrokkenheid (attraction and affection)? Ons sê ook van die persoon vir wie jy lief is dat jy aangetrokke voel tot haar/hom.
Wat beteken dit? Jou liefde kom sonder voorwaardes; jy sien net die mooiste en beste in daardie persoon; jy wil die hele tyd in haar/sy teenwoordigheid wees; jy gee en doen goed sonder om enige iets terug te verwag.
Daardie liefde dra en verdra. Dit luister en fluister. Dit kweek, koester, en kultiveer die mooiste en beste weergawe van jouself, en ontsluit die potensiaal van hoe God jou sien, hoe God na jou kyk.
Ons gaan Sondag oor die volgende VYF punte gesels:
Mag die Vuur van God se Teenwoordigheid jou dag verlig en verwarm.
Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
“There are only four questions of value in life.
What is sacred? Of what is the spirit made?
What is worth living for, and what is worth dying for?
The answer to each is the same: only love.”
― Johnny Depp ―