Liefde bó vrees V

“I believe in the God whose breathI share, in whose love and lightI can awaken to becomewho I have always been.”― Riaan Neethling —

Dit was ʼn voorreg om laas naweek deur te bring by Misty Cliffs. Vir my is dit ʼn plek wat my baie na aan die hart lê — so dan so dat dit my wens is dat my ‘as’ eendag daar in ʼn rots langs die see gemessel sal word. Daar wil ek my ewigheid spandeer. Daar wil ek dans in die branders tot dié planeet in die niet verdwyn.

By Misty Cliffs maak God verbasend sin. Daar verdamp al ons dogma en mensgemaakte reëls oor wat en hoe ons moet glo. Daar asem ek die Asem van God, en voel ek ʼn deurleefde liefde vir alles en almal.

My siel voel verkwik en my hart is gans oop vir God se OOP. Daar word die woorde van Paulus ook mý refrein:

“Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.” — Romeine 8:38-39

Vir ʼn maand lank het ons gesels oor die VRESE wat ons het. Ons het gepraat oor vrees vir verwerping en veroordeling; vrees vir teleurstelling en mislukking; en vrees vir verandering en weerloosheid.

Ons sluit die maand se tema af en gaan Sondag gesels oor vrees vir die dood en vrees vir God.

Wat duidelik geword het uit die maand se gedagtes is die volgende:

  • By verre die meeste van ons vrese materialiseer nooit nie. Ons maak goed op in ons koppe wat geen verband hou met die werklikheid nie.
  • Alle vrese kan net werk met iets wat ons dink gaan gebeur in die toekoms. Dit het niks te doen met die NOU en HIER nie.
  • Die oorsake van ons vrese is meer belangrik as die vrees self. Vra jouself, “Waarvoor is jy SÓ bang?”
  • Vat verantwoordelikheid vir jou vrese, soos met al jou ander emosies (reaksies). Hou op om so onseker (insecure) te voel oor alles. Wees moedig en meer dapper.
  • Emosionele vrese word aangehits deur jou ego wat jou aanhoudend dompel in skuldgevoelens en vrees  die twee rowers tussen wie ons onsself elke dag kruisig.

Die Griekse woord vir vrees is φόβος (phobos) waar die woord fobie vandaan kom, en in sy grondvorm beteken dit: ‘to separate from’ (om skeiding / verwydering te skep). Vrees lei tot ʼn diskonneksie tussen jou en jouself, tussen jou en God, en tussen jou en mense om jou.

  1. Vrees vir die Dood

Ons ken die dag waarop ons gebore is, niemand weet wanneer jy sterf nie, en die meeste van ons vergeet om vandag te leef.

Vir baie Christene is ‘dood’ die gevolg van ‘sonde’ asof niks in die kosmos of op aarde ooit gesterf het voor die spreekwoordelike vrug van Eva na Adam aangegee is nie. Dit hou tog geen water meer nie en is beslis nie deel van die Joodse denke nie. As daar enige iets soos ʼn “oersonde” is dan is dit die illusie van verwydering tussen ons en God wat nooit was of ooit sal wees nie.

Ons vrees vir die dood is ʼn vrees vir die onbekende. Die onsekerheid van wat NÁ die dood gebeur, is vir die meeste mense genoeg rede om met angs deur die lewe te gaan. Sit daarby die gedagtes van beloning (hemel) en straf (hel) en sien hoe dit ʼn gordyn trek voor jou uitsig oor wat jou waarde, doel, en taak in die lewe is.

Woody Allen het êrens gesê, “Ek is nie bang vir die dood nie, ek wil net nie daar wees as dit gebeur nie.”

Natuurlik is dit bloot menslik om bang te wees vir die pyn en lyding wat gewoonlik gepaardgaan met die dood — hetsy deur siekte of ʼn ongeluk. Ons is ook bang vir die skeiding tussen ons en geliefdes en wat die gevolg daarvan op my of hulle gaan wees.

Verder spruit ons vrees vir die dood dikwels ook uit die bekommernis om nie ons doelwitte te bereik het nie wat lei tot ʼn gevoel van onvervulde drome en potensiaal.

Vandag weet ons dat geboorte en wedergeboorte (birth and rebirth) is die ritme van die ganse heelal. Dood is ʼn deur wat oopgaan, van een vorm na ʼn ander. Wat laat jy na, wat se bydra het jy gemaak om die wêreld 'n klein bietjie beter agter te los as wat jy dit gekry het?

Leef meer bewustelik en aandagtig. Leef met groter dankbaarheid. Gee meer as wat jy neem. Laat los die skuldgevoelens oor gisters en vrese oor môre. Leef voluit en maak die beste van elke dag.

  1. Vrees vir God

Hieroor het ons al dikwels gepraat. In Hebreeus is daar drie woorde wat met ‘VREES’ vertaal word —

  1. פַחַד (pachad) — verskrik, bang, benoud, vrees
  2. אֵימָה (ayma) — geskok, paniek, angstig, vrees

Wanneer die Bybel praat van ‘vrees vir God’ dan is die woord wat gebruik word:

  1. יִרְאָה (yirah) — ontsag, eerbied, agting, en respek.

Ek het geen vrees vir God nie, maar enkel en alleen net liefde vir God. Ek het geen vrees om God teleur te stel of deur God verwerp te word nie. Hierdie vrese is bloot projeksies uit die ego omdat ek nie sinvol met my eie teleurstellings en mislukkings kan omgaan nie.

Ek IS nie sondig nie… ek DOEN sonde. Ek raak soms die pad byster en mis my doel. Dan is dit weer tyd om mooi te dink waarmee ek besig is, wat die regte ding is om te doen, en hoe ek die beste weergawe van myself kan wees. Die Jode noem dit Teshuvah.

Kom ons gesels eerskomende Sondag oor die HOE ons hierdie vrese kan tem.

Hoop om jou in ons Sirkel te sien.

Soos altydMet liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“The human brain wraps around fear and problems like Velcro. We dwell on bad experiences long after the fact, and spend vast amounts of energy anticipating what might go wrong in the future. Conversely, positivity and gratitude and simple happiness slide away like cheese on hot Teflon.”― Richard Rohr 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights