Liefde bó vrees IV

Potgooi:

“Sometimes we fear of exposing our true self to someone to prevent rejection, and the only thing that we think in order for us to fit in is to pretend to be the person they want us to be. Sad but true.”― Brené Brown —

Van al die leuenaars wat daar is, is ons emosionele vrese die grootste. Ons is slawe van vrees wat elke aspek van ons menswees beïnvloed — soms subtiel, en soms brutaal.

Vrees verkoop ʼn drogbeeld aan jou wat geen verband hou met die werklikheid nie; daarom is dit my eerste vraag as een of ander vrees weer sy leuen in my gedagtes kom lê: IS THIS REAL?

Wat is die kanse dat hierdie vrees gaan materialiseer, en as ek nugter en eerlik dink, sal ek besef dat in my verlede was dit net spoke in my kop… of kan jy onthou wat was jou vrese ʼn jaar of drie gelede?

Soms wonder ek of vrees vir veroordeling en verwerping nie al in ons DNA gaan sit het nie. Vir eeue lank is ‘vrees vir veroordeling’ gebruik om jou onderdanig te maak aan die reëls van die stamhoofde. Die vrees om uitgewerp te word was so groot dat jy blindelings in lyn geval het. Ons was gehoorsaam maar angsbevange.

Hoe hartseer is dit as ons selfbeeld, selfvertroue, en selfwaarde moet afhang van ander se opinies, vooroordele, en suspisies? Besef ons dat ons vooropgestelde idees is maar ʼn projeksie van my eie wonde wat ʼn vinger wys na iemand anders se menswees — of gaan dit daaroor dat ons in beheer wil wees van hul emosies en gevoelens?

Hoe verdrietig is dit as alles net gaan oor veiligheid en sekuriteit in jou lewe en nie oor geleenthede van eindelose potensiaal om te groei, te ervaar, by te dra, te skep, en om werklik jouself te wees sonder vrees vir veroordeling en verwerping. Geen wonder dat so baie mense meer bang is vir die lewe as vir die dood nie.

Aan die anderkant van ons vrees lê vryheid, vrede, gemoedsrus, en liefde. As ʼn mens jou vrese tem, kom daar ʼn rustigheid wat vir jou die vermoë gee om te kan onderskei tussen wat is sinvol en wat is onsin.

Hoe meer jy jou vrese sien vir wat dit is, hoe meer selfvertroue kweek dit. Dit bring ʼn selfversekerdheid om jou vrese in die oë te kyk.

Vrees is ʼn emosie, vrees is ʼn reaksie, op iets wat ons DINK (vermoed) gaan gebeur. Dit het niks te doen met hoe jy voel nie — trouens, wanneer jy jou deur jou emosies (reaksies) laat lei dan gaan die gedeelte in jou brein wat goeie besluite moet neem se krag af. Al wat dan oorbly is veg-vlug, vlug-veg, ad infinitum ad nauseam.

Vrese kom altyd in ʼn kettingreaksie: vrees vir veroordeling bring vrees vir verwerping; vrees vir verwerping bring vrees vir mislukking; vrees vir mislukking bring vrees vir weerloosheid; vrees vir weerloosheid bring vrees vir verandering.

Voor jy jouself kan kry is jy bang vir alles, maak die geringste dingetjie jou angstig en is jy SÓ vêr van wie jy werklik is. Selfbewus en onseker dopper ons maar saam die stroom in plaas van om positief en opbouend met myself te wees. Onseker en weerloos is ons soos ʼn blaar wat sy boom verloor het in plaas van om te fokus op die bydrae wat jou unieke menswees na al jou verhoudings bring.

Vrees vertrap jou beddings en kort voor lank het jy geen boundaries meer nie. Vrees dryf jou weg van God en veroorsaak ʼn gat aan die binnekant waar jy nie jou WAARHEID (authenticity) leef nie. Ons verloor ons Self.

In die wêreld van die spirituele psigoterapie is dit duidelik dat al ons emosionele vrese hul spore vind in ons ego. Die ego wil nie verander nie. Die ego stel nie belang in transformasie nie. Die ego is baie gelukkig met die status quo.

Die ego floreer in persepsies en projeksies, en hou eenvoudig nie op om jou wys te maak dat daar niks anders is as ʼn verwydering (separation) tussen jou en alles en almal om jou nie.

Die ego is die oorsaak van ons vrese en voor ons nie ʼn wilsbesluit neem om gelei en geïnspireer te word deur ons siel-denke nie, gaan NIKS verander nie. Punt.

Siel-denke hou homself besig met liefde in plaas van vrees. Siel-denke kies vreugde bo vrees. Siel-denke maak ʼn besluit vir versoening bo verwydering, vir vrede bo konflik, vir vergiffenis bo skuldgevoelens.

Vra jouself: wil jy regtig deur die lewe gaan en die hele tyd bang, angstig, onseker, bekommerd, benoud, en in vertwyfeling wees?

Neem ʼn besluit. Doen iets daaromtrent. Raak betrokke waar jy ander dien met jou liefde, sorg, en vriendelikheid.

Praat terug teen jou vrese. Wees moedig en meer dapper in jou keuses. Tel jou ken op en trek jou skouers terug — jy is nie ʼn slagoffer van jou vrees nie. Punt.

WANT...“Waar liefde is,is daar geen vrees nie,maar volmaakte liefde verdryf vrees,want vrees verwag straf,en wie nog vrees,het nie volmaakte liefde nie.”— 1 Johannes 4:18 —

As ons liefde kies bo vrees sal dit regtig, soos in REGTIG ʼn goeie en mooi week wees.

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Vulnerability sounds like truth and feels like courage. Truth and courage aren’t always comfortable, but they’re never weakness.”― Brené Brown 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights