Lewenslesse uit die Gelykenisse

“Jesus did not come to change the mind of God about humanity; Jesus came to change the mind of humanity about God.”
— Richard Rohr —

Met ʼn nuwe maand kom ʼn nuwe tema en ons gaan in Maart gesels oor ʼn paar bekende ‘Gelykenisse’ van Jesus. Dit is my beskeie mening dat die spirituele lewenslesse is nog nét so relevant vandag.

Richard Rohr maak ʼn interessante observasie dat Jesus se leringe gaan deurgaans oor ʼn radikale inklusiwiteit, gelykheid, en onvoorwaardelike liefde wat die sosiale norme uitgedaag het. Dit het nooit vir Jesus gegaan oor wie is “waardig” en wie is die “onwaardiges” nie.

As ʼn mens kyk hoe Jesus die Torah gelees en geïnterpreteer het, is dit insiggewend hoe hy doelbewus die tekste wat ‘uitsluit’ en ‘straf’ ignoreer en eerder gekies het om boodskappe van insluiting, barmhartigheid (compassion), en verantwoordelikheid te beklemtoon.

Vir ons eerste week gaan ons stilstaan by die tema: Groei en Transformasie:

Gelykenis van die Saaier

Dit gaan oor saad wat op die pad val en toe pik die voëls dit op. Ander saad het op rotse geval waar daar min grond was en omdat dit nie wortel kon skiet nie het die son dit verskroei. Ander saad het tussen dorings geval wat die saad verstik het toe dit opkom, en ander het op goeie grond geval en 'n groot opbrengs gelewer. (Markus 4:1-9)

Hierdie Gelykenis illustreer hoe ʼn mens se ingesteldheid en emosies jou geestelike groei kan beïnvloed.

Die Pad — as ons gedagtes en harte geslote is, kan waarheid en wysheid nie wortel skiet nie. 

Ons lewensingesteldheid raak afgestomp en ons harte gesluit as vrees en ‘wonde’ uit ons verlede ons gesindheid bepaal. 'n Mens moet bereid wees om self-refleksie toe te pas sodat uithouvermoë en aanpasbaarheid kan groei.

Klipperige Grond — ons raak soms opgewonde oor iets maar raak gou ontmoedig as daar uitdagings kom.

Ons entoesiasme is dikwels van korte duur. Ons samelewing ly aan ‘instant gratification’ met min geduld en deursettingsvermoë. Alles moet maklik en nóú gebeur.

Dorings en Dissels — wanneer bekommernisse en spanning ons groei belemmer, is ons aandag verdeel en fokus ons gewoonlik op die negatiewe.

Vrugbare Grond — 'n oop en ontvanklike hart kweek wysheid en transformasie (i.e. vernuwing en verandering).

As ons bereid is om te leer, uit ons suksesse én ons foute, kom daar ʼn nederigheid wat geboorte gee aan ʼn innerlike vrede en vreugde wat niks en niemand van jou kan vat nie.

Vanuit ʼn ‘teologiese perspektief’ sou ʼn mens kon sê, dit gaan oor die groeiproses van die Siel.

Net te herinnering, die Joodse perspektief van die ‘Siel’ is drieërlei:

  • ruag: ‘LIFE GIVING’ naelstring van God se Teenwoordigheid
  • nefesh: ‘LIFE FORCE’ wat die Goddelike aan die fisiese verbind
  • nesháma: ‘DIVINE SPARK’ wat spirituele waarheid en wysheid ontsluit

In other words — the SOUL is the life-giving life-force of a Divine Spark!

Spirituele groei vind nie in een dag plaas nie. Dit is soos ʼn boom — eers die wortels, dan die stam, dan die takke, dán die vrugte.

Hierdie gelykenis gaan oor ʼn ‘PROSES’ en nie ʼn eenmalige gebeurtenis nie. Ons is altyd onder weg. Niks is staties en permanent nie. Die lewe is soepel en buigsaam.

Die Saaier saai die saad oral, vir almal. Dit beteken dat Goddelike Wysheid is altyd beskikbaar. Wat in die kop en in die hart aangaan, sal bepaal of ons oop is om dit te ontvang — of sal ek eerder sê, die blomme HERKEN as dit opkom.

Om te GROEI het ons ‘water’ en ‘lig’ nodig. Nie water in jou Coke, of water in jou koffie nie — ons het Lewende Water nodig wat ons voed en versorg. Nie kunsmatige lig wat uit lampskerms skyn, of die lig van jou selfoon nie, maar die LIG wat vir ons verligting (illumination) en verligting (relief) bring.

Natuurlik het ons iets van alles in ons lewe. Soms is die pad hard, en soms is daar klippe. Meer as dikwels is daar dorings en dissels wat maak dat ons ons doel mis. Maar dan is daar weer vrugbare grond — waar verhoudings gekoester ʼn kultiveer word, en ons waarde toevoeg.

Soms reën dit te min en soms te veel. Soms is die son te warm en soms is daar te veel wind. Ons deins nie terug nie. Ons sit skouer aan die wiel. Ons laat nie toe dat ons vrese en ontnugtering, ons terugslae en onsekerheid bepaal wie ons is as die “Onverganklike Saad van God” (1 Petrus 1:23) nie.

By die werk identifiseer ons die ‘dorings’ (afleidings, kantoor-politiek, negatiwiteit) wat ons aandag verdeel. Ons is seker van ons lewensdoel en wat vervulling bring.

By die huis sorg ons dat ons beddings goed versorg is. Ons maak leivore en ons spit kompos in, en maak seker dat niks ons verhoudings vertroebel nie.

Maar, op die ou einde van die dag gaan dit oor wie en wat en hoe ons as Christene ons geloof in- en uitleef. Ons kán tog nie meer tyd en energie spandeer aan ons lywe as aan ons siel-konneksie met God nie. Daar kan mos nie meer dissipline en toewyding wees met ons verwagtinge en verpligtinge, as met tyd vir ‘stilte’ om net weer perspektief en insig te hengel wat ons lewe diepte en betekenis gee nie.

Met die Gelykenis van die Saaier in die een hand, en die Gelykenis van die Muntstukke wat drie slawe gekry het om mee te woeker, gaan ons Sondag gesels oor HOE ons weer Vrugbare Grond kan word — om te woeker by die werk, in ons gesin, by my man/vrou, maar bowenal vir en met myself.

Elke woord, elke aksie, elke liefdevolle gebaar van omgee, is ʼn saad — wat se tipe tuin plant jy?

Soos altyd, met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Every moment and every event of every man’s life on earth plants something in his soul.”  
― Thomas Merton ―

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights