“When you go through tragedy, you can either let that destroy you and you become bitter and never let it go, or you can let it make you stronger and let it make you grow.”
― Amy Lee (Evanescence) —In my huis hang ʼn teëltjie wat jare terug in Nederland gekoop is waarop geskryf staan: “Van’t concert des levens krijgt niemand een program.” [Van die konsert van die lewe kry niemand ʼn program nie]
Die laaste paar weke het ons die vraag geantwoord oor WAT beteken ‘Let it GO’ en HOE om dit te doen.
Ons het 15 tree gegee om ons te help om vir eens en vir altyd ons emosionele televisie af te skakel sodat ons kan ophou om na dieselfde program oor en oor te kyk — die een wat wys hoe seer ons gekry het, hoe groot die verlies was, en hoe ons nie goed genoeg is nie.
Ons het so eerlik as moontlik die goed wat geen intellektuele, emosionele, en spirituele waarde toevoeg nie op die naam te noem sodat ons dit in die see kan gaan gooi en dan ʼn bordjie plant wat sê: NO FISHING!
Vandag staan ons stil by die verskil tussen ‘LET IT GO’ en ‘LET IT BE’ — en waarom laasgenoemde ʼn natuurlike vloei uit die eerste is.
Ons almal het ʼn ‘verlede’ maar as dit al is wat jy het, gaan dit moeilik wees om dit te laat gaan. Ons almal dra ons littekens wat ons herinner aan tye wat ons seergekry het, verneder en verwerp is, en toe ons gedink het dat die hartseer wat ons voel, gaan nooit beter word nie.
Daar is baie boeke geskryf en artikels op die internet oor die proses van ‘LET IT GO’ maar min oor ‘LET IT BE’ wat vreemd is omdat 'LET IT BE' sagter is, daar is meer teerheid, meer vergewensgesind. Dit kom met respek en deernis vir die verlede, en devalueer nie die verhaal wat jou gebring het tot waar jy vandag is nie.
Dit is ʼn manier van dink en voel wat vry is van woede en bitterheid. Jy kan hartseer wees en treur oor wat laat gaan is en steeds vasbeslote dat wat verby is, is verby. Maar ‘LET IT BE’ vra om nie dit wat mooi was in iets lelik te verander nie. Om dit wat goed was en wat jy geleer het, steeds te (h)erken.
As die ‘LET IT GO’ alles wil verbrand in ʼn refrein om “nooit te vergeet en vergewe nie” sal jy in alle ewigheid nooit by ‘LET IT BE’ uitkom nie.
Die feit is, dit HÉT gebeur — en sommige daarvan was goed, en sommige daarvan verdien om onthou en gekoester te word, al het dit nie uitgewerk soos wat gehoop is nie.
Absoluut, laat gaan dit wat disfunksioneel en destruktief in jou lewe is. In hemelsnaam neem ʼn besluit en staan daarby — maar kleur 2022 in met die Beatles se 1970 wysheid:
“When I find myself in times of trouble,
Mother Mary comes to me. Speaking words of wisdom, let it be. And in my hour of darkness, she is standing right in front of me, speaking words of wisdom, let it be, let it be.”
Waarlik, jy hoef nie alles te veras nie. Ja, beskerm jouself. Beweeg aan, maar moenie die kampvuur doodslaan en die stompe in ʼn rivier gaan versuip nie.
Nee, laat die kole smeul en flikker soos hulle wil ... en terwyl jy wegstap, met grasie, en kop omhoog, draai eenkeer terug en glimlag — onthou die stories wat om die vuur vertel is en lag vir oulaas oor die herinnering van elke marshmallow wat oor die vlamme gebraai is en knipoog vir oulaas (selfs met ʼn traan of twee) vir dié vuur wat sy doel gedien het, maar nou is dit afgeloop.
En dan stap jy weg, laat dit smeul soos dit wil, solank dit wil.
Dalk brand dit vanself uit, of miskien ook nie. Miskien sal dit weer vlam vat, of miskien ook nie — die punt is, jy hoef niks daaraan te doen nie. Jy het jou kant gebring. Jy het gegee wat jy kan. Dit was vrek seer, en ʼn paar merke sal jou herinner hoe die vuur jou geskroei het maar nou laat jy dit agter.
Eendag sal ons dalk verstaan, of miskien ook nie. Dit maak nie saak nie, want om daardie vuur gaan jy nie weer sit nie.
Miskien moet ons ‘LET IT GO’ vervang met ‘LET IT LEAVE’ — laat dit wees presies soos dit is, sonder om dit te wil verander in iets wat dit nie is nie. Daardie seisoen is verby. Dit is klaar. Vir altyd.
Kry ʼn positiewe mantra wat jy oor en oor vir jouself kan sê. Vir my was hierdie sin nog altyd die visualisering wat my gedra het, en die bevestiging van iets beter, groter, mooier wat voorlê —
To Thee I surrender my love,
may the angels do the rest!LET IT BE — haal diep asem en voel hoe dit jou longe vul en hoe die suurstof deur jou are bruis ... hou jou asem in vir 5 tellings en 5 tellings uit en voel hoe LEWE in en deur jou vloei.
LET IT BE — sluit jou oë en sien in jou gedagtes hoe jy omring word deur LIG ... waag dit om ʼn gebed te begin en te eindig met ʼn DANKIE.
Nothing is more profound than a prayer to align our deepest desires and intentions and focus our thoughts to be reflections of LOVE. Nothing is more powerful than a prayer to know what to LET GO and how to LET IT BE.
LET IT BE — gee die wond lig en lug en laat jouself toe om elke emosie te voel — healing is a process and not a destination — oor en oor, weer en weer, kies LIEFDE bo vrees!
Kom ons gee Sondag die laaste VYF treë om nader te kom aan waar ons moet wees, om die beste te wees wat ons kan wees, om te wees wat ons geroep is om te wees.
JOU lewe, JOU konsert, hoe lyk JOU program?
Mag die week in sy mooiste vir jou ontvou
Met liefde
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.