“The key to a good life is this: If you’re not going to talk about something during the last hour of your life, then don’t make it a top priority during your lifetime.”
― Richard Carlson —Ons sit ons gesprek voort oor die tema: Let It Go and Let It Be.
Wat beteken, “LET IT GO!” en hoe doen ʼn mens dit?
Vir party is dit ‘let go’ aan die goed wat ons gevange hou in verlammende denkpatrone en obsessiewe gedagtes. Vir ander is dit ‘let go’ aan een of ander vorm van verslawing — of dit werk, geld, status, sport, of godsdiens is. Vir sommige is dit ‘LET GO’ aan destruktiewe verhoudings.
Ek dink dit was Wayne Dyer wat êrens geskryf het, “Every problem is a relationship problem, and every problem has a spiritual solution.”
Ons staan in verskillende verhoudings: daar is ʼn verhouding met onsself, met my ewemens, die natuur en kultuur waarin ons leef, asook ʼn verhouding met God.
Spiritualiteit is HOE ons funksioneer binne hierdie verhoudings, en die kortste definisie van spiritualiteit is: ‘authenticity’ — to be true to yourself!
As ek nie die waarheid van myself VIR myself kan sê nie, hoe op dees aarde gaan ek dit ooit vir jou kan sê… en voor ek dit nie vir jou kan sê nie, gaan ek nooit JOU waarheid hoor nie?
Want ʼn gesprek oor liefde is ʼn spirituele gesprek. Om te praat oor vrede, vreugde, vriendelikheid (kindness) en vergiffenis is geweef in spirituele taal.
Vir ons wat leef vanuit die Christen tradisie vloei ons spiritualiteit uit die Fontein wat ons beskryf en beleef as God — daardie krag wat in en deur ons vloei maar nie van ons is nie. In Christus vind ek insig (waarheid) en uitsig (wysheid) hoe om te laat los aan dit wat my gevange hou.
Om krampagtig vas te klou aan die goed wat géén intellektuele, emosionele, of spirituele waarde toevoeg nie, is om ons doel te mis — want as dit nie tot seën in jou lewe is nie, waarom dit vir een dag langer saamsleep?
“I am not what happened to me. I am what I choose to become.” — Carl Jung
Letting go is different than denying or repressing! Die grootste struikelblok om aan te beweeg, is die monster van ontkenning (denial). Ons almal ken dit — and to be in denial that you are in denial is even worse.
Ons beland in ʼn geut van ontkenning en gee voor dat als okay is wetende dit is nie, soos in GLAD NIE. Ons raak tevrede met die minste, en beitel dieselfde mantra elke dag — fake it ‘till we make it.
Voor ons enige iets kan laat gaan om plek te maak vir die mooiste en beste wat ons verdien, moet ons die kaste van ontkenning uitpak en als wat onder die mat gevee is, UITVEE.
Hier is vandag se handvol broodjies oor: LET IT GO —
Elke vorm van emosionele pyn is as gevolg van ʼn skuldgevoel. Dink daaraan: iemand sterf, jy verloor jou werk, ʼn egskeiding, of iemand na aan jou word ernstig siek — in elkeen lê emosionele pyn, en wat hoor ons: hoekom gebeur dit met my; wat het ek verkeerd gedoen; ek moes beter geweet het; moes dit anders gedoen het; ek is nie goed genoeg nie; ek is ʼn mislukking en teleurstelling.
Erken hierdie emosies. Kyk dit in die oë. Gee die wond LIG en LUG.
Laat los dit wat jou vreugde steel en jou die objek van iemand anders (of eie) projeksies maak.
Wat mense nie verstaan nie sal hulle ontken en wat is BEHEER (control) anders as ʼn futiele poging om jou vrees te ontken.
In al my jare as geestelike leier vir baie mense het ek dit oor en oor gesien dat elke vorm van BEHEER is as gevolg van ontkenning (denial) — ons is gewoon nie bereid om na ons donkerkant te gaan, verantwoordelikheid te vat vir mý aksies en reaksies, of eerlik te wees met myself en ander nie.
Don’t cheat on your future with you past: gister gaan nie môre anders uitspeel nie! Wat verby is, is verby. Die enigste keuse wat ons het, is om te besluit hoe ons daarop gaan reageer. DÍT is jou krag en niemand kan dit van jou wegvat nie.
Hou jou oë op die LIG, asem die asem van LEWE, en maak jou hart oop vir die genoegsaamheid van LIEFDE.
Soms loop die lewe sy kronkels met ons en werk goed nie uit soos ons geglo en gehoop het dit sal nie. Dan kom die kwaad en bitterheid. Ons voel ingedoen en loop met ʼn wrok (resentment) teenoor die lewe in die algemeen en my lewe spesifiek. Gou daarna is ons in konflik met als en almal.
Wil jy jou lewe spandeer in ʼn loopgraaf of wil jy dit verander in ʼn leivoor wat die water sal laat vloei na jou boord en beddings?
Be gentle and kind to yourself — in ons Calvinistiese opvoeding is ons geleer dat om lief te wees vir jouself is egosentries. Ons weet nie hoe om sag en liefdevol teenoor onsself te wees nie. Alvorens jy dit nie vir en met jouself kan doen nie gaan jy struikel en stotter om dit teenoor enige iemand anders te wys.
Vra jouself: Wat is my Kompas wat my moet wys waar is my Ware Noord?
Vir my lê dit in my toegewyde stiltetyd; om my te omring met mense wat waarde toevoeg in my lewe; ʼn lewe van dankbaarheid; en om ALTYD in alle omstandighede liefde te kies bo vrees.
If it doesn’t serve your soul — let it GO!
Just do it.
Met liefde
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.