Lesse van 'n Lewensreis IV

Potgooi:

“True North is the voice of God calling you toward the life you were born to live.”
 Parker Palmer —

Wanneer ons sê “die lewe is ’n reis,” praat ons nie van ’n reguit pad of ’n spoorlyn met voorafbepaalde stasies wat op ʼn sekere tyd bereik moet word  nie. ’n Reis, in sy diepste en mees betekenisvolle sin, is onvoorspelbaar, transformerend, heilig, en diep persoonlik.

ʼn Reis impliseer beweging, en nie bestemming nie. Dit is nooit staties nie al voel dit of jy stilstaan — “It’s about becoming, not arriving,” soos Scott Peck sê.

Die reis vat ons deur emosionele en spirituele valleie, oor berge, deur woestyne. Daar is seisoene van afsondering, hartseer, vreugde, en oorvloed.

Hierdie reis het nie ʼn one-size-fits-all padkaart nie. Dit kom nie met instruksies om elke hoek en draai nie, en alhoewel goed gebeur waaroor ons geen beheer het nie, gaan die reis bepaal word hoe jy daarop gaan reageer.

Hoe is dit dat ons vergeet die lewe is ʼn reis en nie ʼn pad vol móét-doene nie?

“You are not a human DOING; you are a human BEING.” — Wayne Dyer

Die roetine van elke dag se eindelose, herhalende siklus van opstaan, gaan werk, kom verantwoordelikhede na, gaan slaap, en doen dit môre weer, verdoof ons self-awareness.

“We get so busy making a living that we forget to make a life.” — Dolly Parton

Ons samelewing het ʼn kultuur geskep waar mense gemeet word aan hulle ‘sukses’ (wat eindelik net beteken hoeveel geld jy het), en nie innerlike groei of die emosionele en spirituele waarde wat toegevoeg word tot ander se lewe nie. So het ons ʼn duisend doelwitte, maar geen lewensdoel nie.

Elkeen van ons ly aan een of ander vorm van digitale verslawing — we’re constantly scrolling, watching, consuming — maar om die lewe te sien as ʼn reis, vereis tyd vir stilte om te vra wat werklik jou siel voed.

Daarbenewens het die meeste van ons een of ander vorm van ADHD waar ons ʼn duisend goed WIL doen, maar nie kan fokus op dit wat ons MOET doen nie.

Boonop wil ons van als in beheer wees. Ons weet nie hoe om onsekerheid te hanteer nie en bly eerder waar dit ‘veilig’ is selfs al is dit ten koste van onsself.

Die siel sê, “take the road less travelled by,” maar vrees sê, “bly net waar jy is!” Die siel sê, “wees oop vir groei en vernuwing,” maar vrees sug, “maak die deure en vensters toe want ek wil nie sien waarna die siel honger en dors nie.”

Ons vrees vir die onbekende maak dat ons oppervlakkig leef, en nie eers meer droom nie. Waarlik, die grootste tragedie in die lewe is nie dood nie, maar om ʼn lewe te leef sonder purpose.

Ons gee gou op as dinge nie uitwerk soos ons gehoop het nie want ons dink dat almal net EEN lewensdoel het. As daar teleurstellings en uitdagings kom, voel ons verlore en begin dan dink dat die lewe geen betekenis het nie.

As jy die lewe sien as ʼn reis van transformasie wat ons wys hoe om aanpasbaar en soepel te wees, dan leef ons met groter vervulling, en maak die reis sin.

Kom ons sluit ons maand se gesprek af om te kyk hoe die besef dat die lewe ʼn reis is, ons emosionele en spirituele lewe inhoud en betekenis gee:

Meer Geduld met Jouself

  • Emosionele impak: minder selfkritiek, meer self-deernis.
  • Geestelike impak: groter vertroue in God se teenwoordigheid en liefde.

Lesse van Emosionele Pyn

  • Emosionele impak: ons groei DEUR ons pyn en vlug nie weg van dit nie
  • Geestelike impak: ons hou op om ander (insluitende God) te blameer en leer om MET God te reis deur beproewing.

Leef Oplettend en Bewustelik

  • Emosionele impak: meer duidelikheid oor vrae soos, “Wat maak ek hier? Wat is my waardes? Hoe gaan ek my lewe lei… met helderheid of angstigheid?
  • Geestelike impak: belyn met jou Ware Self en Groter Roeping voel jy geanker in God en dopper nie meer rond nie.

‘Let Go’ waaraan ons so Swaar Dra

  • Emosionele impak: vry van skuldgevoelens en vrees, disfunksionele en destruktiewe verhoudings.
  • Geestelike impak: 'n ligter, meer oop sielservaring wat ruimte het vir die liefdevolle-goedheid van God.

Groter Deernis met Ander

  • Emosionele impak: begrip vir ander se ‘journey’, minder ‘judgemental’, meer empatie.
  • Geestelike impak: jy bemoedig en spoor aan, word 'n veilige hawe en getuie van God se liefde en genade.

Eer elke Tree van Vordering

  • Emosionele impak: meer vreugde, meer in-die-oomblik leef, met meer dankbaarheid en waardering.
  • Spirituele impak: sien die buitengewone in die gewonigheid van elke dag, en meer bewus van dit wat goed, en mooi, en lief is.

'n Deurleefde Spiritualiteit

  • Emosionele impak: 'n groter sin van wie jy is en die betekenis van jou lewe, innerlike vrede, and a sense of belonging.
  • Geestelike impak: 'n lewende, dinamiese verhouding met God in plaas van rigiede oortuigings en godsdienstigheid.

Ons gaan Sondag kyk na die SEWE goed wat ons saamvat op ons lewensreis:

  1. Kompas — vir ons Ware Noord (wysheid en waarheid)
  2. Kaart — vir rigting en perspektief op ons lewensdoel
  3. Paar Skoene — vir uithou- en deursettingsvermoë
  4. Flits — vir lig as dit donker raak om te sien waar ons is
  5. Kombers — vir die warmte van konneksie en toewyding
  6. Dagboek — vir self-refleksie, introspeksie en onthou
  7. Rugsak — vir die les van prioriteite en simplisiteit

Jy is nie ʼn toeris in jou lewensverhaal nie. Jy is die reis — een tree, een siel-skuif op ʼn slag.

Met liefde.

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Don’t ask yourself what the world needs. Ask yourself what makes you come alive and go do that… because what the world needs is people who have come alive.”
― Howard Thurman 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights