Kompas na Ware Noord III

Potgooi:

“The important thing isn't can you read music, it's can you hear it.Can you hear the music?”― From Movie: Oppenheimer —

Ons sit ons gesprek voort oor ‘Die Kompas na jou Ware Noord’ — wat gaan oor die rigtingwysers in ons lewe na dit wat betekenisvol en waardevol is. Dit verwys na ʼn lewenspad wat belyn is met ons diepste oortuigings en beginsels.

Vra jouself: wat is regtig belangrik in jou lewe; wat is jou kernwaardes; en wat is jou doel (goal and purpose) in die lewe?

Ons ‘waardes’ is die fundamentele beginsels en oortuigings wat ons besluitneming en optrede in elke aksie en reaksie bepaal.

Kom ons kyk na nog ʼn paar van hierdie positiewe eienskappe en kwaliteite wat ons morele en etiese Kompas vasstel:

  1. VERTROUE

Dit is die hoeksteen van elke verhouding — ongeag of dit persoonlik of professioneel is. Dit is die onsigbare draad wat die konneksie weef en ons aan mekaar verbind. Vertroue is meestal broos en weerloos, maar die impak daarvan is profound en lê die grondslag vir elke florerende verhouding.

“When people honour each other, there is a trust established that leads to synergy, interdependence, and deep respect. Both parties make decisions and choices based on what is right, what is best, what is valued most highly.”— Blaine Lee

Vertroue begin deur getrou te wees aan jouself en daarom vertrou kan word.

Vertroue word gekweek om aandag te gee, en belang te stel, deur te luister, opregte omgee en konneksie met die ander party, en om dankbaarheid en waardering te wys vir selfs die geringste wat vir ons gedoen en gewys word.

Vertroue gaan hand aan hand met ons geloof in mekaar wat alles te make het met ons integriteit.

  1. VERANTWOORDELIKHEID

Om verantwoordelikheid en aanspreeklikheid te aanvaar is verweefde deugde (virtues) wat ons karakter definieer. Dit is die gewilligheid om ons aksies, besluite, en die gevolge daarvan vir ons eie rekening te vat sonder om ander te wil blameer.

“Being held accountable is an act of generosity and compassion. It is a gift that someone gives us to correct our wrongs, unlearn, and do better for the sake of our own growth. It might be uncomfortable, but it is worth the discomfort.”— Minaa B

Dit gaan oor betroubaarheid wat die kompas is wat ons lei na etiese keuses van deurleefde besluite. Toerekenbaarheid komplimenteer ons verantwoordelikheid. Ons erken waar ons ʼn fout gemaak het, en dan DÓÉN ons iets daaromtrent. Ons verander ons optrede en reaksies.

Ons neem verantwoordelikheid vir ons keuses en leef sensitief met die besluite wat ons neem.

  1. VERGIFNIS

Vergifnis en deernis (compassion) is ook aan mekaar verbind. Ons kan nie praat van vergewe sonder om nie iemand anders se menswaardigheid in ag te neem nie. Trouens, daar is geen vergiffenis sonder liefde nie en daar is geen liefde sonder vergiffenis nie.

“As I walked out the door toward the gate that would lead to my freedom, I knew if I didn't leave my bitterness and hatred behind, I'd still be in prison.”— Nelson Mandela

Sonder vergifnis is ons vasgevang in ʼn eindelose kringloop van verwyt en vergelding, DAAROM is dit só belangrik om te besef dat vergifnis niks te doen het met dit wat iemand aan my gedoen het nie maar alles te doen met die manier waarop ek dink oor die goed wat met my gebeur het.

Dit is wat self-vergifnis beteken — om daardie gedagtes wat ons het oor wat aan ons gedoen is te vergewe en te laat gaan.

  1. VERDRAAGSAAMHEID

Dit het te doen met ons geduld met mekaar, met ons konsiderasie van mekaar, en die liefde teenoor mekaar as daar misverstand en konflik is.

Dit het ook te doen met ons spirituele waardes en emosionele gesindheid in tye van onsekerheid en uitdagings. Daar is enorme krag in die vermoë om verdraagsaam te wees met ʼn bereidwilligheid om te luister en te verstaan waarom die ander party dink en voel soos hulle doen.

Dit lei tot aanpasbaarheid en veerkragtigheid (resilience) — twee waardes wat skaars geword het deesdae.

“Think for yourself and let others enjoy the privilege of doing so too.” ― Voltaire

Hierdie deug het alles te doen met die waardes van liefde, medelye, en respek.

  1. VERSORGING

Wanneer bogenoemde bymekaar kom dan loop dit oor in ons gee en omgee, sorg en besorgdheid teenoor mekaar.

“The really important kind of freedom involves attention, and awareness, and discipline, and effort, and being able truly to care about other people and to sacrifice for them, over and over, in myriad petty little unsexy ways, every day.”― David Foster Wallace

Hoe dikwels hoor ek iemand in ʼn beradingsessie sê, “He/She simply doesn’t care!” — dit maak elke keer my hart so seer om dit te hoor.

Hoe egosentries en klaaglik arm moet jou lewe nie wees sonder die waardes van vertroue, verantwoordelikheid, vergifnis, verdraagsaamheid, en versorging nie.

Kom ons gesels Sondag in diepte oor hierdie rigtingwysers op die Kompas na ons Ware Noorde.

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Nobody cares how much you know, until they know how much you care.”― Theodore Roosevelt 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights