“The two most important days in life are the day you are born and the day you discover the reason why.”
— Mark Twain —
Ons gesels hierdie maand oor die tema — ‘KNOW THYSELF’ en het reeds die volgende onderstreep: om jouself te ken [1] is om die waarheid van jouself vir jouself te kan sê, [2] om vir jouself te dink, [3] en meer te gee as wat jy neem.
Vandag gaan oor — to KNOW THYSELF is to know your PURPOSE.
What are we talking about when we talk about PURPOSE …? We talk about to know your calling, your vocation, your passion, the reason and intent of your discipline, devotion, and dedication. We are talking about the fire that fuels your perseverance, courage, and determination.
Purpose turns knowing into understanding, understanding into doing, doing into wisdom, wisdom into thriving!
The pursuit of purpose (i.e. calling, vocation, passion, reason, intent) is a sign of spiritual maturity and emotional integrity ...
... in the words of Robert Byrne: “The purpose of life is a life of purpose.”
Vandag, meer as drie dekades later, weet ek met hart, siel, en verstand wat daardie ‘roeping’ is. Vandag verstaan ek die roeping van my beroep en wat die woorde — “wherever your heart is, there you will find your treasure” (paraphrased Matthew 6:21) beteken.
Daardie pad na die hart (skat) is nie altyd ʼn reguit pad nie. Ons vat afdraaipaadjies en raak verdwaal. Ons draai terug. Probeer weer. Loop ʼn landkaart raak en verloor dit weer. Die belangrikste gedeelte van ‘PURPOSE’ is dat die reis belangriker is as die bestemming. Dit is ʼn pad wat ons elke dag stap, elke dag nader aan jouself staan, eerlik is met die waarheid van myself vír myself. Leer om vir myself te dink en met dissipline en toewyding uit te vind wat gee sin en betekenis in my lewe sodat ons dit nie net manifesteer in my eie lewe nie, maar ook reflekteer na ander.
Die 'rede vir / doel met my lewe' sou ek vind in my gee en omgee vir ander. Soos die jare, en die grys, meer geword het, sou ek keer op keer besef dat my roeping / taak is om ʼn stem te wees vir hulle wat nie vir hulself kan praat nie; vir ander ʼn stem te gee om die taal van hul hart te verwoord; om te help waar iemand in nood is; ʼn helpende hand te wees waar iemand in die dryfsand van vrees en onsekerheid beland het; en ʼn lig te wees vir hulle wat soek.
Maar — ek moes leer om my littekens te kan wys. Ek kan nie wegskram van my eie seer en vertwyfeling nie. Net omdat ek my ‘roeping’ duidelik vir myself kan verwoord, beteken nie dat ek elke dag weet HOE nie. Hierin het ek ander nodig. Sonder die konneksie, die wisselwerking, en interafhanklikheid van mense sou ek nooit hierdie ‘roeping’ kon volhou met volharding, deursettingsvermoë, vasberadenheid en moed nie.
Nou sal jy kan vra: maar waar is God in dit alles ...? Ek gaan laat Thomas Merton dit antwoord —
“Discovering vocation does not mean scrambling toward some prize just beyond my reach but accepting the treasure of true self I already possess. Vocation does not come from a voice ‘out there’ calling me to be something I am not. It comes from a voice ‘in here’ calling me to be the person I was born to be, to fulfil the original selfhood given me at birth by God.”
Die konklusie waartoe ek jare terug gekom het is die feit dat ek niemand ken met ambisie wat gelukkig is nie. As jy die een het, wil jy die ander hê. As jy hier is, wil jy daar wees. As jy dít bereik het, wil jy dat hê. Te veel het ek gesien hoe mense hul siel verkoop in die jaag van ‘ambisie’ en hoe daar neergekyk word op hulle wat nie altyd alles moet nóg en meeste, beter en beste nie.
Gelukkig is die mens wat dapper genoeg om sy doel en roeping te vind, vry van die verwagtinge en opinies van ander.
Find your purpose and passion not only in the things that make you happy but in the things that give you joy. Find the magic and miracles of loving-kindness in what is meaningful, compassionate, and what will make a difference in living a life well lived.
Vir myself is die woorde van Paulus die kompas wat wys waar lê my True North —
“Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig.” — Handelinge 20:24
Kom ons praat Sondag oor die HOE ...
Tot dan, bly veilig, warm, en gesond Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Met liefde
Gaan loer gerus op YouTube na ons weeklikse video's! Daar is reeds 28 episodes, gee dit 'n THUMBS UP en deel met vriende en familie.
https://www.youtube.com/
Sondae eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Kontak Ronel (083.631.14.68) vir meer inligting en om te bespreek
ter wille van die nasionale reëls en regulasies.
ASB, as jy bespreek het en nie kan kom nie
laat weet ons vroegtydig want daar is baie wat graag daar wil wees.