Know Thyself III

12 Augustus 2020

“The most beautiful people we have known are those who have known defeat, known suffering, known struggle, known loss, and have found their way out of the depths. These persons have an appreciation, a sensitivity, and an understanding of life that fills them with compassion, gentleness, and a deep loving concern. Beautiful people do not just happen.”
— Elisabeth Kubler-Ross —

In ons maand se gesprek oor ‘KNOW THYSELF’ het ons reeds gesels oor [1] herken, erken, ken jouself, [2] en om jouself te ken, moet jy leer om vir jouself te dink.

Om jouself te ken, is om te leer hoe om die kaf van die koring en die sin van die onsin te kan onderskei. Om jouself te ken, is om ʼn sirkel om jou te trek waarin ons onsself met liefde, aanvaarding, respek, menswaardigheid (dignity), en seëninge behandel ... en wie ook al in ons sirkel stap met liefde, aanvaarding, respek, menswaardigheid, en seëninge te behandel ... en van hulle vra om jou met liefde, aanvaarding, respek, menswaardigheid, en seëninge te behandel ... en wie dit nie doen nie te vra om die sirkel te verlaat.

To know thyself — is to align yourself with your highest truth, your deepest wisdom, your greatest splendour, and your grandest love. Simplify! Simplify! Simplify! Get rid of the clutter and tame the voice in your head. Surround yourself with people who contribute, and who add emotional, intellectual, spiritual value.

Iemand het êrens gesê: “The next evolutionary step for humankind is to move from man to kind.” — en dit is die hoek waaroor vandag se ‘KNOW THYSELF’ gaan.

Ek lê die naweek en kyk na ʼn video van Neil deGrasse Tyson waarin hy ʼn paar van sy lewensbeginsels onderstreep. Op ʼn plek sê hy, I want to teach you how to think about the world. And then you say, ‘I have a new way to understand the world.’ And you can just run off, you don’t even look back because a new level of hunger has descended upon you and methods and tools to feed that hunger are now accessible to you.”

Hierin vind ek ook my eie roeping — om jou te bemoedig en te bemagtig om vir jouself te dink sodat die potensiaal en eindelose moontlikhede wat God aan elkeen van ons gegee het, kan vrug dra. Vir jou die woordeskat te gee om jou gedagtes, gevoelens, emosies, wense, drome, ervaring te kan verwoord sodat ons uit die diepte van ons “defeat, suffering, struggle, loss ...” ʼn manier sal vind om met dankbaarheid en waardering, sensitiwiteit en ʼn nuwe verstaan gevul te wees met “... compassion, gentleness, and a deep loving concern.”

So, wanneer ons sê — “for humankind to move from man to kind” — dan praat ons van GEE sonder enige verwagting om iets terug te wil ontvang. Dit is nie ʼn GEE ten koste van jouself en allermins ʼn GEE net vir jouself nie. Dit is nie ʼn GEE om ʼn standbeeld te wil hê of om geprys te word of herkenning te kry nie, maar om HUMANITY iets te gee wat die wêreld om jou ʼn klein bietjie beter sal agterlos as jy die dag nie meer hier is nie.

Neil deGrasse Tyson gaan verder deur te sê, “Many people look for the meaning in life as though it’s going to be under a rock or behind a tree. And I’m thinking to myself, you have more power than that. You have the power to create meaning in your life rather than passively look for it.”

Hierin lê die sleutel van self-kennis, self-vertroue, en self-waarde dat ons MEANINGFULNESS skep en nie gaan soek óf vind in monetêre waarde of materiële genoegens nie. KNOW THYSELF’ lê in die liefde vir JOU soos vir myself. Waar my hande en hart oopgaan vir jou, vind ek myself, ken ek myself. Waar my omgee (CARE) die leed, smart, hartseer van ander verlig, vind ek betekenis.

Oor die jare het die akroniem van C.A.R.E. al ʼn paar keer verander, maar vir vandag kan ons sê dat C.A.R.E. staan vir Compassion, Awareness, Responsibility, Enthusiasm.

Hoe kan ek vir jou omgee as ek nie vir myself omgee nie? Hoe kan ek van jou verwag om by my te wil wees as ek nie eers alleen met myself kan wees nie? Hoe kan ek compassion teenoor jou bewys as ek geen compassion met myself het nie? Hoe kan ek bewus wees van jou waarheid, jou talente, jou wysheid as ek onbewus is van my eie waarheid, talente, en wysheid? Hoe neem ek verantwoordelikheid vir jou as ek geen verantwoordelikheid neem vir myself nie? Hoe raak ek entoesiasties teenoor jou as ek geen entoesiasme het teenoor myself nie?

Overgesetsynde — hoe staan ek op vir jou as ek nie vir myself opstaan nie? In hierdie vrae lê ʼn diep betekenis van hoe om ‘KNOW THYSELF’ te ontsluit.

“The purpose of life, after all, is to live it, to taste experience to the utmost, to reach out eagerly and without fear for newer and richer experience,” het Eleanor Roosevelt gesê.

... en dit is genoeg vir vandag.

Soos altyd
Met liefde

Gaan loer gerus op YouTube na ons weeklikse video's! Daar is reeds 27 episodes, gee dit 'n THUMBS UP en deel met vriende en familie: https://www.youtube.com/channel/UCBbZGoIlY3NhpEvxNDexGtw/videos

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Humanity should be our race.
Love should be our religion.”

― Unknown 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Sondae eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Kontak Ronel (083.631.14.68) vir meer inligting en om te bespreek
ter wille van die nasionale reëls en regulasies

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights