“Kindness is a language
which the deaf can hear and the blind can see.” ― Mark Twain —In Afrikaans vertaal ons die woord ‘KINDNESS’ met ‘vriendelikheid’ — maar kindness is meer as ‘friendliness’ alhoewel dit daarby ingesluit word. Woorde wat by my opkom as ek aan kindness dink, is: hartlikheid, goedhartigheid, welwillendheid, en sagmoedigheid.
Die woord vir genade in Hebreeus is hesed wat die beste vertaal kan word met ‘loving-kindness’ — in Judaïsme word dit gesien as een van die primêre eienskappe van God en word ons aangemoedig om hierdie goddelike eienskap na te volg in ons interaksie met ander.
Om te praat oor Genade (not Mercy but GRACE) is liefdevolle-goedheid seker die belangrikste komponent. Geen ander deug gaan werk as dit nie met loving-kindness gedoen word nie. Ons sou kon sê dat kindness is die vergestalting van onvoorwaardelike liefde.
Hierdie fundamentele waarde is ʼn oproep om aktief goed aan ander te doen. Dit is ʼn gesindheid om ander met liefde te dien in ons gee en omgee. Dit is ʼn bereidwilligheid om meer te gee as wat ons ontvang. Dit is om OOP te wees sodat die Goddelike Liefde deur ons kan vloei.
Natuurlik is kindness nie net ʼn Christen waarde nie en word ALLE mense daartoe verbind om dit die grondreël te maak hoe ons ander behandel.
Liefdevolle-goedheid word beskou as ʼn manier om by te dra tot die heling en verbetering van die ganse wêreld. Die Jode noem dit: tikkum olam — repairing the world.
In die Christendom is Paulus die stem wat ons aanspoor om in alle omstandighede kindness te kies —
Dit geld nie net vir buitengewone omstandighede nie maar in ALLE situasies teenoor ALMAL. Dit sluit in ons hulpvaardigheid en gasvryheid, die regverdigheid en waardigheid waarmee ons ander behandel.
Miskien kan ʼn mens dit saamvat in één woord — RESPEK!
Kom ons kyk na ʼn paar maniere hoe kindness bydra tot ons onvoorwaardelike liefde:
Dit is 'n aktiewe EMBRACE sonder veroordeling of verwagting waar ons ander met deernis en liefde behandel. Om met 'kindness' geklee te wees, maak jou hart oop om met compassion te reageer.
Om te verstaan waarom iemand voel soos hul voel. Mooi te luister wat hul gebring het tot waar hulle is, en dit doen met 'n helpende hand, 'n ontvanklike hart, en gerusstellende teenwoordigheid.
Dit is maklik om jou te wip as jy nie jou sin kry nie. Dit vra durf om jou ego uit die situasie te haal en iemand anders se well-being voor jou eie te stel. Om met konsiderasie op te tree en 'n ander mens 'n prioriteit te maak dat wie hul is en wat hul voel, maak saak.
Kindness skep vertroue en demonstreer die egtheid (sincerity) van 'n opregte gevoel dat jy betroubaar is en dat daar 'n veilige spasie is tussen twee mense om die beste in mekaar uit te bring.
Elke daad van liefde sê — ek wil hê dit moet met jou goedgaan; ek loop die pad saam jou met geduld en ondersteuning; ek wil vir jou alles wat goed, alles wat mooi, alles wat lief is, hê.
Met kindness in jou rugsak kan jy nie anders as om konsekwent in diens van Liefde te staan nie. Waar ons met kindness omgaan, is daar ʼn gevoel van konneksie. ʼn Gevoel van behoort (belong) wat lei tot hegter en sterker verhoudings wat ʼn leeftyd hou.
Ons gaan Sondag gesels oor — THE WHISPERS OF KINDNESS en hoe dit ons lei na die oase van onvoorwaardelike liefde; ons herinner aan die diep konneksie wat ons met mekaar deel; en wat die rimpeleffek van kindness is.
Daarom pleit ek: BE KIND!
In heaven’s name — be kind to one another!
Doen dit met liefde
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.