Keuses en Besluite - Week 3

Sondagdiens

19 Januarie 2020

Hierdie week se liturgie: 19 Januarie 2020

A lesson learned, is a lesson shared …
... met al ons lewenservaring — alles wat beleef, geleer en ondervind is, staan ons aan die begin van ʼn nuwe jaar en vir Januarie gesels ons oor die tema: KEUSES EN BESLUITEDie vraag is — hoe skuif ons ons EGO-denke (vrees, onsekerheid, skuldgevoelens, projeksies, en obsessies) na die wêreld van SIEL-denke (liefde, aanvaarding, versoening, vergiffenis, medemenslikheid) ...?

Kom ons begin met Robin Williams se woorde in die film, Dead Poets Society as hy vra: “Medicine, law, business, engineering, these are noble pursuits and necessary to sustain life. But poetry, beauty, romance, love, these are what we stay alive for. That you are here – that life exists, and identity; that the powerful play goes on and you may contribute a verse. What will your verse be?”

In my beskeie opinie is daar by my geen twyfel dat ons spiritualiteit (i.e an authentic life from within our relationship with God, ourselves, and our fellowmen) die grondslag vorm van hierdie ontdekkingsreis na die melodie waartoe ons geroep is om ʼn bydrae te maak tot die Groot Simfonie.

Dis nie ʼn vraag oor jou godsdienstigheid of aan watter religie jy behoort nie; dit vra nie jou sosiale status of seksuele oriëntasie nie; die vraag is nie gemoeid met ons vooroordele, moraliteit en reëls nie — al wat dit vra is die volgende: is daar by jou ʼn erkentlikheid en ontvanklikheid dat die Lig, Lewe, en Liefde wat in en deur jou vloei nie VAN jou is nie ... and are you mindful of the meaningfulness of your life!?

Our lives are shaped by the actions that we take ...
... hierdie week se vyf broodjies oor KEUSES EN BESLUITE is die volgende —

  1. Be bold, brave, and courageous — dit vra moed en dapperheid om groot te word en te wees wat jy geroep is om te wees. Beide die Griekse en Hebreeuse woord vir ‘geregtigheid’ (righteousness) beteken: to be what you ought to be! Ons gee gou moed op. Ons word oorweldig deur vrees. Dis makliker om net stil in jou hoekie te sit of in die kas weg te kruip, maar dit is nie hoe ons ons potensiaal ontsluit nie. Dit is nie hoe ons groei en skep en ons vers vind nie. Wanneer jy oorrompel word deur gedagtes van teleurstelling en mislukking onthou dan weer — “Be strong and courageous. Do not be afraid; do not be discouraged, for the LORD your God will be with you wherever you go.” (Josua 1:9)
  2. Believe in the power of LIFE — moenie so hard probeer om die Lewe in die algemeen en jou lewe in besonder te wil beheer, manipuleer, of te reguleer nie ... by name as dit kom oor goed waaroor jy géén beheer het nie. As jy dapper genoeg is om dit buite die grense van jou comfort-zone te waag, en die Lewe toelaat om jou lewenstroom te lei en te begelei, te dra en te verdra, te snoei en te skoei na die Groot Oseaan dan sal daar by ons ʼn sensitiwiteit kom — ʼn stille verdraagsaamheid en kalm berusting dat ek is presies waar ek is en moet wees. Hou op jaag na perfeksionisme en om van alles en almal in beheer te wees — “Being strengthened with all power according to his glorious might so that you may have great endurance and patience.” (Kolossense 1:11)
  3. Enjoy what you do — iemand vra nou onlangs vir my, “As geld nie die objek was nie wat sal jy doen vir ʼn lewe?” Sonder om te blik of bloos kon ek sê — “Presies wat ek nou doen!” Ek besef dat dit ʼn enorme seëning is om dit te kan sê: I do what I love and I love what I do. Die meeste mense staan in ʼn werk wat hulle môre sal los as dit nie was vir ʼn salaris om ons verpligtinge na te kom nie. Dit beteken egter nie dat jy nie kan doen wat vir jou vreugde en plesier verskaf nie. Wanneer laas het jy iets vir die eerste keer in jou lewe gedoen? Verstaan ons wat beteken dié twee woorde: HAVE FUN! of het ons lankal daarmee opgegee want dis laf en verspot? Dis hoe ek die wysheid van Spreuke verstaan as dit sê — “Also that everyone should eat and drink and take pleasure in all his toil—this is God's gift to man.” (Spreuke 3:13) en “A glad heart makes a cheerful face ...” (Spreuke 15:13)
  4. Show up — ons is almal skuldig daaraan ... ons leef met die oortuiging dat iemand anders sal doen wat ons gedoen wil hê; iemand anders moet sorg; iemand anders moet die leiding neem; en iemand anders moet doen waarvoor ek nie lus is nie. Die bereidwilligheid om op te staan, op te daag, aan te meld, vul ons met meer moed en dapperheid elke keer wat ons dit doen. Dit bring ʼn inspirasie wat ons nêrens anders sal/kan vind nie. Gee hoop aan ander en ontdek die spens van hoop wat jy in jou dra ... maak vrede en vergiffenis met ʼn ander en onthou die skat van vrede en versoening wat jy in jou dra ... deel liefde met iemand anders en word die liefde wat jy toelaat om deur jou te vloei. Dan sal ons die vrugte pluk van “liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid, en selfbeheersing.” (Galasiërs 5:22)
  5. Fall in love with LOVE — when all is said and done, what is and will forever be is our love, loving, loveliness. Êrens het ek hierdie aanhaling van Johnny Depp gelees — “There are four questions of value in life: What is sacred? Of what is the spirit made? What is worth living for, and what is worth dying for? The answer to each is same. Only love.” ʼn Lewe wat oorvol, oorloop, oorgenoeg LIEFDE het, sal nooit verdamp nie. Nooit vergeet word nie. Altyd ʼn bron van inspirasie wees vir elkeen wat saam met jou reis of wat jou pad kruis ... selfs lank nadat jy nie meer hier is nie.

Die laaste woord behoort ook aan Robin Williams uit die film, Jack as hy sê —  “You know, as we come to the end of this phase of our life, we find ourselves trying to remember the good times and trying to forget the bad times, and we find ourselves thinking about the future. We start to worry , thinking, “What am I gonna do? Where am I gonna be in ten years?” But I say to you, “Hey, look at me!” Please, don't worry so much. Because in the end, none of us have very long on this Earth. Life is fleeting. And if you're ever distressed, cast your eyes to the summer sky when the stars are strung across the velvety night. And when a shooting star streaks through the blackness, turning night into day... make a wish and think of me. Make your life spectacular. I know I did.”

Hoop om jou Sondag in ons Sirkel te sien vir nog ʼn sinvolle gesprek oor KEUSES EN BESLUITE.
Soos altyd

.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

"Ek wil weet of jy bly kan wees,
mý en jóú blydskap,
en of jy kan dans met wilde ekstase
wat jou vul van jou vingerpunte tot jou tone
sonder om heeltyd daaraan te dink
om tog versigtig en realisties te wees,
of die beperkings van menswees
heeltyd te wil voorhou."

― Oriah the Mountain Dreamer 

.

A COURSE IN MIRACLES

Ons lees hierdie jaar die wonderlike boek
'Rising Strong' van Brené Brown
Stad: Maandag 27 Januarie @ 19h30
Kolping: Donderdag 16 Januarie @ 19h30

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights