“Once the soul awakens, the search begins and you can never go back. From then on, you are inflamed with a special longing that will never again let you linger in the lowlands of complacency and partial fulfillment.”
— John O'Donohue
Vir die eerste keer in my lewe moes ek ʼn Woensdag-e-pos op ʼn selfoon sit en tik. Dit is moeisaam en toets jou geduld tot die uiterste. My rekenaar is in vir herstelwerk, en getrou aan ons Moederstad vat dit 9 maande voor daar geboorte gegee word aan diens.
Ons gesels hierdie maand oor Ken Wilber se vier fases van Spirituele Groei — Clean Up, Grow Up, Wake Up, and Show Up.
Ons het reeds gesels oor CLEAN UP — ons opinies, agterdog, en selfgeregtigheid ... by name ons projeksies en persepsies oor GOD. Vir eeue lank is die mens besig om namens God te wil besluit wie is in en wie is uit, wie gaan hemel toe en wie se voorland is hel asof beide geografiese plekke is waarheen ons op pad is ná ons dood. CLEAN UP our broken relationships, the silly games we play, our spiritual laziness and intellectual ignorance.
Laas week het ons gesels oor GROW UP — dit vra dat ons verantwoordelikheid sal vat vir ons aksies en reaksies, en ʼn bewuswording van konneksie (belonging) en ʼn gewaarwording van interafhanklikheid (communion) sal kweek.
Hierdie week gaan dan oor WAKE UP — om wakker te word uit ons emosionele, intellektuele, en spirituele slaap. Dit is ʼn geestelike ontwaking wat elke kompartement van ons lewe, elke aspek van ons menswees sal verlig (illuminate) en verlig (relief).
Die Griekse woord vir 'bekering' is: μετάνοια (metanoia) — wat letterlik beteken: change your MIND. (Matt 3:8 en 11, Markus 1:4 en 2:17, en vele ander verse).
Romeine 12:2 gaan oor beide metamorphesis en metanoia, “Do not be conformed to this world, but be transformed by the renewal of your mind, that by testing you may discern what is the will of God, what is good and acceptable and perfect.”
Om te kan onderskei (discernment) is 'n deug wat min mense ontgin. Dit vra dat ʼn mens jou hart, siel, en verstand sal oopmaak vir ʼn nuwe manier van dink ... oor ALLES. Dit vra om uit jou geut te stap en leivore te maak na die beddings van ʼn nuwe verstaan van God, ʼn nuwe manier van omgaan met jou medemens, anders reageer, en wakker word uit die same-old-same, year-in-and-year-out.
Is dit nie waaroor Kersfees gaan nie? Is Kersfees nie die seisoen waar ons (soos reeds gesê) in die geboorte van Jesus ons wedergeboorte in Christus vier nie? Is Kersfees nie die geleentheid om ons spanning te verlig, vrese, skuldgevoelens, en illusies oor nie-goed-genoeg-nie te laat los vir die geskenke van liefde, vreugde en vrede nie?
Elke nuwe jaar begin ons met nuwejaarsvoornemens en maak ons 'n wens of twee hoe ons die nuwe jaar anders gaan doen ... vir ʼn oomblik maak ons die besluit om sekere goed wat ʼn hindernis of strik geword het, agter te los en nuut te begin. Hierdie jaar se Kersfees is gans anders as ander jare. ʼn Wêreldwye pandemie het daarvoor gesorg. Des te meer is dit ʼn geleentheid om vir onsself te vra: wat beteken Kersfees vir jou ... het dit enigsins ʼn invloed op jou lewe, is daar enige verandering wat dit bring in die manier hoe ons dink, besluite neem, reageer, glo en liefhet?
WAKE UP — begins with discipline, devotion, and dedication ... and ends with gratitude, thankfulness, and appreciation. Elke dag is ʼn bekering, elke dag is ʼn wedergeboorte. Elke dag is ʼn nuwe begin. VANDAG is die belangrikste dag, en nie gister of môre nie. Vanoggend het jy wakker geword (ek hoop so) en vir 'n oomblik het jy geweet: ek is hier, hier is ek, ek gaan hierdie dag gebruik om sinvol te leef. Ek gaan vandag iets doen wat ek nog nie vantevore gedoen of ervaar het nie al is dit hoe klein.
Ek gaan WAKKER wees vir God sodat die liefde (kindness, grace, compassion) van God deur my kan vloei. Ek gaan WAKKER wees vir hulle in my gesin en familie- en vriendekring wat 'n skouer van troos en 'n hand van bemoediging nodig het. Ek gaan nie die ster in die Ooste mis nie, en ek gaan hom agterna stap al vat dit my deur 'n woestyn. Ek gaan nie ophou soek na die herberg nie en al kan ek nie eers vir 'n perd fluit wat weghardloop nie gaan ek uit volle bors my Hallelujah sing.
WAKE UP — is om die lig aan te sit, veral as dit donker raak. Dit is om jou BS-alarm te vertrou, veral in 'n tyd van soveel fake news, conspiracies, propaganda, en gewoon leuens. HOE doen ons dit? Stel jou wekker (maak tyd vir stilte, nadenke, gebed, meditasie), word wakker (awake and aware), en kry ten minste een voet uit die bed (maak 'n besluit, maak 'n keuse en — in hemelsnaam — staan op).
WAKE UP — sien die onsigbare, voel die ontasbare, en meer as dikwels: bereik die onbereikbare. Dit is die jou geskenk van jouself vir jou Self hierdie jaar ...
... en hierdie Versoeningsdag is ʼn ideale geleentheid om hierdie at|one|ment (atonement) in aksie om te sit.
Christus vreugde en vrede Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
'n Paar belangrike skakels om te besoek: Ons Somerfees en -foto's, ons Sirkelflitse en Jaarprogram vir 2021, asook ons YouTube-video's met nuwe Episode 39:
“Be kind to yourself
as you proceed along this journey.
This kindness, in itself,
is a means of awakening the spark
of love within you
and helping others
to discover that spark
within themselves.”
― Tsoknyi Rinpoche ―
Sondae-eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Ons doen nie meer besprekings nie.
en dit is first-come-first-served ... ALMAL is welkom.
Ons vra wel dat jy steeds met 'n masker sal kom,
steeds afstand hou, en steeds hande was.